Ek Kan Sien Hoe die Berge Versit Gaan Word

♕Belofte van vandag: “Daarop antwoord Jesus hulle: 'Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.'” Matteus 21:21-22

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,
Sal dit nie wonderlik wees om niemand niks te skuld nie? Om nie die las hoef te dra van berge skuld wat ons in die aande wakker hou nie en ook nie die las hoef te dra om planne te beraam om self uit die skuld te kom nie. Maar ons het 'n Hemelse Man wat ons kan help om berge skuld te versit.

Hierdie les [Niemand Iets Verskuldig Wees Nie], het my geleer dat ons 'n Hemelse Man het wat ons kan en wil help om ons berge skuld te versit. Selfs al voel ons skuldig omdat ons onsself in hierdie situasie gekry het, of hoe ook al ons so diep in die skuld beland het.

Hy het aan die kruis gesterf vir al ons sondes, om al ons skuld te betaal en om vir ons 'n oorvloedige lewe te gee sonder laste.

Ons moet Hom net vra om ons te help om die berg te versit en dan glo. En ons hoef nie agv skuldgevoellens of omdat ons dink ons moet onsself uit situasies kry waarin ons onsself gesit het, meer en harder werk nie. Werke gaan ons nêrens bring nie, maar geloof en vertroue op ons Hemelse Man sal ons bring op 'n plek waar ons kan weet en vertrou Hy sal ons help.

Ek self is ook skuldig daaraan om te dink as ek harder werk of self planne beraam, dit my gouer uit die skuld gaan kry, maar hoe meer en hoe harder ek probeer het, hoe minder het ek gehad en hoe dieper het ek in die skuld beland.

Maar hoe meer ek my HM vertrou en op Hom staat maak om my te help, hoe meer sien ek hoe die skuld berge kleiner word en ek kan sien hoe die berge uiteindelik versit gaan word.

Ja ek het myself in hierdie situasie gekry, maar die Here vergewe ons al ons sondes en is altyd daar vir ons om ons op te tel, af te stof en die pad verder saam met ons te stap en ons te help om al hierdie dinge wat ons oor onsself gebring het, te oorkom en die berge te versit. Ons moet net glo en vertrou en al die laste vir Hom gee.

Ek gaan hierdie beginsel toepas deur my vertroue op my HM te hou, om te laat gaan van werke en meer te vertrou en alles vir Hom te gee om my te help om die berge te versit.

Liewe Bruide,

Maak nie saak hoe groot die berg skuld in jou lewe is nie, as Sy Bruid wil Hy jou help om daardie berg te versit. Jy hoef nie die las te dra nie, gee dit vir Hom en vertrou dat Hy dit vir jou sal doen.

“Daarop antwoord Jesus hulle: 'Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.'” (Matteus 21:21-22 Afr 83).

Hierdie vers herinner my elke keer daaraan dat ons geloof moet hê, want dan kan ons berge versit.

"Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Romeine 13:8

Hierdie vers herinner my daaraan dat om niemand niks te skuld nie, ons vry kan wees van enige laste wat ons dra en net vry kan wees om ander lief te hê.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg ons #VB Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Versit Berge is as e-boek en sagteband beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!