Ek Kan Hom Enige Tyd Raad Vra

♕ Belofte van vandag: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. ‘Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?’” Matteus 7:7-9,11

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Ek wil hierdie lofverslag skryf want dames ons het 'n Hemelse Man wat ons help en ons lei. Net soos enige vrou wat haarself skielik alleen en as 'n enkelma bevind, was dit aan die begin vir my ongelooflik moeilik om al die verantwoordelikhede alleen aan te pak. En soos baie van julle was ek skielik in 'n situasie waar ek ook nie meer 'n huishulp kon bekostig nie en moes self begin om die huis skoon te maak.

Maar ons het 'n Hemelse Man en Hy wil ons help en ons lei om dinge so maklik en doeltreffend moontlik te doen. Met die skole wat die maand begin het, het baie buitemuurse sport ook begin en my dogter het met gimnastiek begin en my seun met swemlesse. Altwee se sport val op dieselfde dae en dieselfde tyd, maar dit is aan teenoorgestelde kante van die dorp. Die gimnastiek is 2 ure en die swem net 40min, as die swem klaar is, is dit nie die moeite werd om huis toe te gaan vir die uur tot my dogter klaar is nie. So dit was vir my 'n probleem, ons mag agv die pandemie nie na die gimnastiek oefening gaan kyk nie en om vir 'n uur buite in die kar te sit is vir my mors van tyd;)

Ek gaan ook nog in die oggende gym toe so dan is daar op die dae 3 ure wat verlore gaan. En as 'n werker by die huis, wat elke tweede dag moet "tuisonderrig" gee agv die pandemie, raak alles bietjie moeilik om by uit te kom.

Maar ek het dit na Hom toe gevat en Hom gevra hoe kan ek dit doen wat die beste gaan uitwerk en my met nog genoeg tyd gaan los om te werk.

Hy het toe vir my gesê ek moet dalk op die dae wat die kinders hul sport het eers my dogter gaan aflaai, dan my seun swem toe vat en dan gaan oefen tot my dogter klaar is.

Eers was dit nie vir my 'n baie goeie idee nie want ek hou nie daarvan om in die middae te oefen nie, gewoonlik voel ek daai tyd van die dag nie vreeslik energiek nie en dit was net nooit vir my lekker nie. Maar ek besluit toe om dit tog maar te probeer, En wonder bo wonder het ek in daardie uur na my seun se swemlesse en tot die einde van my dogter se gimnastiek baie lekker geoefen! En nou amper 5 weke later doen ek dit nog steeds so. Dit los my oggende oop om te werk (en te kyk dat die kinders hul skoolwerk doen) en dan doen ons al drie ons sport in die middae!

Maar ook met huis skoonmaak het Hy my gelei na 'n beter manier as hoe ek dit gedoen het. Ek het gewoonlik Maandae amper die hele dag spandeer aan huis skoonmaak, maar Hy het my gelei om my huis op te deel in 3 dele. So elke oggend maak ek net een deel skoon en begin dan weer van voor af. Dit gaan baie vinnig en die huis voel net vir my meer aan die kant die hele tyd.

En om 'n enkelma te wees is nie meer vir my so vreesaanjaend nie want ek het 'n MAN, die beste Man ooit en ek kan Hom enige tyd raad vra met enigiets, Hy het my tot aan die begin gehelp om een aand die kragopwekker aan te skakel toe ek nie geweet het presies hoe nie en eintlik skrikkerig was:).

En Hy is ook die beste PA vir ons kinders en is altyd daar om raad en hulp te gee as ons nie weet hoe om situasies met die kinders te hanteer nie. Ons moet net vra, of jy nou tyd het om in jou gebedshoekie te gaan sit en oor 'n situasie te bid of 'n skietgebedjie moet opsê, Hy is altyd daar en gewillig om te help!! Jou Skepper is jou Man! (Jes 54:5)

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. ‘Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?’” Matteus 7:7-9,11

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!