Die Here Is Altyd Gereed Met Sy Woord

Belofte van vandag: “Die skelms sal uitgeroei word, maar die wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land. Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; 'n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie.” Psalms 37:9,10

☊ Mercy Audio

Gister het ek by 'n heftige argument met iemand betrokke geraak oor iets wat iemand van my gesê het. Die ding is dit was hartverskeurend spesiaal die persoon van wie dit gekom het. En dat hierdie ander persoon dit geglo het. Ek was so desperaat om my onskuld te bewys dat ek letterlik van die bank af gespring het in die kamer ingehardloop het en my Bybel gegryp het en dit voor die persoon neergesit het en my hand daarop neergeklap en geskree het ek sweer op my Bybel ek het nooit so iets gedoen nie!

Na die uitbarsting het ek op die bank gaan sit met die Bybel nog steeds in my hand. Ek het gedink wel ek kan dit net sowel oopmaak om myself te kalmeer. My Bybel het by die Psalms oopgemaak en ek het die verse begin lees waar ek hoogsels aangebring het met merkers (in plaas van gekleurde potlode wat Erin voorgestel het en wat ek later begin gebruik het). Met hierdie verse wat regtig uitgestaan het, my HL (Hemelse Liefde) het geweet hierdie dag sou kom en dat ek hulle onmiddellik nodig sou hê, en nie hoef te soek nie, seën my HL.

Ek het aangehou om die verse te lees totdat ek almal waar ek hoogsels met 'n merker aangebring het gelees het. Ek het gevoel hoe ek begin kalmeer, want tot op hierdie punt het my hart amper uit my borskas geklop. Daar het ek met my teëstander in dieselfde kamer gesit en hierdie verse gelees en 'n vrede het oor my gekom. Ons gaan almal deur hierdie insidente in ons lewens, wat deur enigiemand veroorsaak kan word, man, eks-man, moeder, vader, broer, suster wieookal. Maar die Here is altyd gereed met Sy Woord en Sy mening oor die situasie.

Dit was nie eens 5 minute later nie en my teëstander het opreg om verskoning gevra en gesê dat hy nie daardie dinge wat oor my gesê is geglo het nie. Later daardie aand toe ek bed toe gaan toe lees ek een van my 3x5 kaarte wat bo gelê he net om te bevestig wat ek vroeër in my Bybel gelees het en dit was Psalm 37:9-11.

Daar was 'n tyd in my lewe waar ek die negatiewe dinge wat mense van my gesê het oor en oor in my kop sou speel. Maar dansy Sy Woord verkies ek om te mediteer oor wat Hy sê.

Dankie vir Jou genade. Dankie dat Jy vir my lief is. Dankie vir jou leiding.

Ek wil net graag sê dat ek nie noem wie die mense is wat betrokke is nie omdat ek nie skande oor hulle wil bring nie.

~ Mercy in Suid Afrika
Volg #Mercy Follow #Mercy
Mercy is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!