Die Here is al wat ek nodig het

Lees asseblief hierdie uittreksel uit Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 6 ”Hulle Het dit Nie”

Die eerste keer wat God my hierdie baie belangrike beginsel gewys het, “hulle het dit nie,” was teen die einde van ‘n baie lang reeks frustrerende en tydrowende botsings met ons pakhuis lidmaatskap klub. Dit is waar ek baie van ons kruideniersware en ministerie kantoor voorraad gekoop het. Daar was so baie foute elke keer wat ek probeer het om ‘n aankoop te doen dat dit uitputtend geword het. As ‘n voorbeeld, gedurende een voorval, het dit hulle meer as ‘n uur geneem om iets reg te maak, terwyl my bevrore kos (wat altyd in grootmaat is) gesmelt het.

En, ja, dit is waar dat God mense en omstandighede gebruik om ons dubbel ons vergoeding te gee. Natuurlik was ek dankbaar en baie waarderend teenoor die dame wat vir my dubbel persentasie kontant-terug en die promosie geskenke gegee het, maar in my hart het ek geweet wie dit georkestreer het! Ek het, ook, geweet wie my eks-man verfyn het en sy hart omgedraai het om te sê hy is jammer.

~~~~~~

Toe ek die beginsel van "hulle het dit nie" uit die les geleer het, het ek besef wanneer ek eerste na iemand toe gaan vir hulp of vir antwoorde of self vir omgee, liefde en vreugde, het ek besef dat ek dit nie by hulle kry soos wat ek voor gehoop het nie. Wanneer ek na die Here toe draai en met Hom praat oor alles en ek gee alles vir Hom om oor te vat is die Here eintlik die EEN wat alles kan doen. En die Here is die EEN  wat alles het wat ek na soek. Hy is my ALlES IN EEN. Die Here is die EEN wat dit vir mense gee om vir iemand te kan gee, so wanneer ek wel iets van iemand af kry is dit nogsteets van die Here af.

Hier is n paar beloftes:

In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. J61:7

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. F4:19

Hy is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. Amen. R11:36 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Die Here is al wat ek nodig het”

  1. Ja kosbare Kristy, net ons Liefling Here het wat ons werklik nodig het, net Hy kan ons die vrede en vreugde gee wat alle verstand te bowe gaan.

    Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. K3:23-24 https://www.bible.com/af/bible/6/COL.3.23-24.AFR83

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui