Moenie Twyfel Nie – Doen Dit Net

My ouers het gesê dat hulle die water- en ligterekening van hulle meenthuis waarin ek voorheen gewoon het, sal betaal, maar vandag het my Liefling Here gesê ek moet my ouers bel en sê dat ek dit sal betaal.

Liewe bruid my raad is wanneer ons Liewe Here vir ons sê om iets te doen, dat ons NIE MOET TWYFEL NIE EN DIT NET DOEN! Eers het ek gedink maar ek het die geld nodig, maar besluit om ons wonderlike Here te vertrou, so ek het dadelik my ma gebel en gesê ek betaal die rekening waarby my ma so ongelooflik dankbaar was.

Maar my getuienis gaan nie oor dit wat ek gedoen het nie, want dit is al Sy genade en voorsiening wat my dit laat doen het, so ek het niks gedoen nie, want my Liefling Here is my Voorsiener. My getuienis gaan oor hoe my Liefling Here voorsien het, want nie eens 5 minute nadat ek my ma gebel het, het ek 'n oproep van 'n dame ontvang wat gevra het of ek koeldrank by hierdie sekere winkel gekoop het (wat ek gedoen het, maar dit is 'n ander storie: my seun het my gevra om genoeg koeldrank vir hom te koop om skool toe te neem, want hy wou hê ek moet genoeg koop vir kinders wat nie het nie en ek het eers gesê maar dit kos my nou te veel geld, maar ek het onthou dat ek hom mos juis leer om te gee, so ek het ingegee en dit gekoop). So die dame het gesê dat ek 'n R1000,00 gewen het, omdat daardie koeldrank deel van 'n kompetisie was.

Is ons wonderlike Here nie net die beste nie!!!

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. F4:19

Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God. P20:8 https://www.bible.com/af/bible/6/psa.20.8

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Moenie Twyfel Nie – Doen Dit Net”

  1. Dankie vir die lof liefste Janine. Ja die Here voorsien altyd en meer wanneer ons dit nie verwag nie. Die Here is wonderlik

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui