Die Begin Van Groot Dinge

♕Belofte van vandag: "Na die sewende keer het hy kom sê: ''n Wolkie so groot soos 'n man se hand kom uit die see uit op.' Elia sê toe: 'Gaan sê gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reën jou vaskeer.'" 1 Konings 18:44

~ Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Hierdie maand het ons Gemeenskap gehou saam met Suid-Afrikaanse vrouens en dit was fantasties. Ek is so dankbaar dat die Here so baie vrouens gestuur het. Ons land het 11 nasionale tale en die tale sluit nie eens al die tale in wat in ons land gepraat word nie.

Toe het die Here ons gelei om 'n Afrikaanse en Engelse groep te stig. Dit is so 'n vreugde vir my om elke Sondag dit by te woon en alhoewel ek al voorheen deur die lewenslesse gegaan het, leer ek elke week iets nuuts.

Ons is nog besig om te groei, maar ek sien dit as die begin van groot dinge in ons land. Ek is so dankbaar vir die bruide van Suid-Afrika wat die hart het om ander te bemoedig. Meer as al die dinge, is ek dankbaar dat my Hemelse Man ons gebruik en vir ons in die voorste ry sit sodat ons Sy wonderwerke in ons land eerstehands kan sien!

"Na die sewende keer het hy kom sê: ''n Wolkie so groot soos 'n man se hand kom uit die see uit op.' Elia sê toe: 'Gaan sê gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reën jou vaskeer.'" 1 Konings 18:44

Elke keer as ek aan die bediening dink hier in Suid-Afrika, dan kom die vers by my op. Ons moet gereed maak vir wat oppad is, want

"Hy sê toe vir sy dissipels: 'Die lande staan ryp met ’n groot oes, maar daar is so min mense om die oes in te samel. Vra God, die Boer wie se oes dit is, om nog ekstra arbeiders te stuur. Daarvoor moet julle ernstig bid!'” Mattheus 37-38

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow#Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.


Nota: Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons ook ‘n Herstel Gemeenskap in Zoom begin het vir Sy bruide wat Afrikaans sprekend is. As jy wil deelneem en jy het reeds een van ons kursusse begin, kan jy eenvoudig die vorm voltooi en laat weet dat jy wil deel wees van ons Herstel Gemeenskap en ons sal jou ‘n uitnodiging stuur.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!