Hy Waak Oor Ons

♕Belofte van vandag: "Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort." Psalms 37: 1-3

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

My lofverslag wat ek vandag wil deel gaan oor hoe my Hemelse Man weer vrede in my hart gebring het gedurende die onlangse onluste in ons pragtige land.

Ek was die naweek wat al die dinge begin het, nie heeltemal bewus van alles nie maar die Maandag het dit my getref en ek het konstant nuus opdaterings op my selfoon gekry, stadig het vrees oor my begin kom, veral toe ek Maandag hoor ons besigheidssentrum word gesluit. Die res van die dag was ek nogal angstig en die hele situasie was nogal skrikwekend.

My familie wat almal naby aan my woon het op ons familie WhatsApp groepie heeltyd nuus en opdaterings vanaf die GPF geplaas. Maandagaand het ek gedink ek sal dalk nie kan slaap nie maar nadat ek met my HM gepraat het, het Hy my rustig laat slaap. Dinsdag was dinge redelik rof en stadig deur die dag het onrustigheid weer begin inkruip. Dank die Here dat hulle nie in ons dorp moeilikheid gemaak het nie maar daar was bietjie probleme buite die dorp.

Dinsdagaand het my vriendin hierdie vers vir my gestuur:
Psalms 37: 1-3:
Moet jou nie ontstel oor skelms
en jou kwel oor skurke nie,
want soos gras vergaan hulle gou
en soos groenigheid verdwyn hulle sommer.
Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is,
woon en werk rustig voort.
Nadat ek dit gelees het en vir 'n oomblik daaroor gedink het, het vrede wat alle verstand te bowe gaan oor my gekom.

Ons moet ons nie ontstel oor skelms nie....woon en werk rustig voort...Is dit nie wonderlik nie?? As Sy bruide is Sy hand oor ons, Hy waak oor ons en ons kan net aangaan soos ons normaalweg aangaan, Hy is in beheer en groter as alles wat rondom ons gebeur.

Kort nadat ek die vers gekry het, het my voormalige man vir my 'n epos gestuur om hom te laat weet as hier probleme is sodat hy kan kom help. Maar ek was so rustig en kalm dat ek vir hom Psalm 37:1-3 aangestuur het en gesȇ het dat hy nie bekommerd hoef te wees nie, die Here is by my en die kinders. Hy het nie veel daarna gesȇ nie, hy het net "Amen" teruggestuur.....

Dankie Liefling dat U altyd by ons is, dat niks wat rondom ons aangaan ons hoef aan te raak of affekteer nie, want U is by ons en "al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my." Ps. 23:4AFR53.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!