Deurdrenk In Sy Liefde en Vrede

♕Belofte van vandag: “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Matteus 17:20

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Liewe Bruide , as gevolg van die aard van hierdie hoofstuk [ Finale Struikelblok? ] wou die skrywer dit nie by hierdie boek [ Versit Berge ] voeg nie, maar ek is so dankbaar dat sy dit gedoen het. Ek was so geseënd deur hierdie hoofstuk. Kom lees dit en sien hoekom.

Ek moet 'n bietjie teruggaan om jou te laat weet wat hierdie les vir my beteken het. 'n Rukkie gelede het die Here met my gepraat oor vas. Nou, jy sal sê hierdie les het niks te doen met vas nie, wel, hou 'n bietjie vas, ek sal daar kom. Ek het dit in my agterkop gehad, maar ek het dit nie ernstig oorweeg nie. Ek het lanklaas gevas.

Toe kom daar heeltyd 'n spesifieke vers by my op wat in Markus was waar Hy die duiwelbesete seun genees het en die dissipels het Hom gevra hoekom hulle nie die duiwel kon uitdryf nie en Jesus het vir hulle gesê dat hierdie soort net deur gebed en vas uitgedryf kan word. Dit is Markus 9.

Daardie vers bly nou al 'n paar weke by my. Terug na verlede week. Ek het my les [Finale Struikelblok?] die eerste keer gelees en toe ek dit die tweede keer lees, wou ek die sleutelvers: "Omdat julle geloof te klein is" - Matteus 17:20, in my Bybel sien soos ek dikwels doen . Net om uit te vind dat dit presies dieselfde genesing was, maar net in Matteus!

Nou terug na die les, ek is nie seker of ek dapper genoeg is om ooit te doen wat die Here vir Michelle geroep het om hier te doen nie, maar hopelik sal ek nooit daartoe geroep word nie.

Wat hierdie les my geleer het, was nie wat Michelle gedoen het nie, maar dat daar 'n laaste hekkie was om te oorkom. Ek glo wel in my geval die Here roep my tot gebed en vas.

Ek het die naweek gevas en sjoe, was dit moeilik om te doen, maar na my vas het ek weer wonderlik aan die Here verbind gevoel. Ek het gevoel asof ek deurdrenk was van Sy liefde en vrede en het besef dat dit iets is wat ek meer gereeld moet doen.

Ek sal aanhou om God te soek en weet dat Hy my mag roep tot dinge wat my vlees nie wil doen nie, maar gehoorsaamheid aan Hom is baie belangriker as om te doen wat reg VOEL. Doen natuurlik nooit iets in stryd met wat in Sy woord geskryf staan nie.

Liewe Bruide, elke hoofstuk het 'n les om te leer en as jy nie presies kan vereenselwig met wat die skrywer skryf nie, laat ek vir jou sê dat dit dalk net 'n spesifieke paragraaf of die algehele les is wat tot jou hartsal spreek en jou lewe vir altyd kan verander!!! Dit is beslis die moeite werd om te lees.

'“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Matteus 17:20

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Versit Berge is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!