DANKIE VIR U VOORSIENING

Ek gee my wonderlike Hemelse Man al die lof en eer dat RMI my die beginsel van tiendes geleer het en hoe belangrik dit is en dat dit vir my eie beskerming is.

Elke maand het ek my bekommer dat ek nie genoeg geld gaan hĂȘ nie en ja ek is een van die skuldige vrouens wat my man jare gelede gedagvaar het vir onderhoud (want ek het altyd gedink sy geld gaan dit reg maak), wat natuurlik nie saam met vrede gekom het nie (my getuienis oor vas, hoe die Here my Voorsiener geword het).  Maar nou het ek so wonderlike Hemelse Man wat vir my sorg en ek het soveel vertroue in Hom dat ek nog met 'n baie groot getuienis gaan kom oor die huis wat ons moet kry (omdat ons oor 2 maande moet trek).

Dis oor 'n dag die einde van die maand en dis alles oor die Here se voorsiening dat ek hierdie maand uit twee oorde ekstra geld gekry het. Belasting het aan my 'n groot bedrag geld betaal (omdat my seun gestremd is, kry ek belastingverligting), wat hulle party keer maande vat om uit te betaal (en die keer het dit 21 dae gevat) en boonop het ek ekstra geld vanaf my werk gekry (vir kos vir die week wat ek opgeroep was vir die ekstra werk en dit is alreeds 'n wonderwerk van die Here af dat ek gekies was).

Ek kan getuig dat die Here die beste VOORSIENER ooit is!!! DANKIE MY WONDERLIKE LIEFLING!!!

Lees asseblief ander bruide se getuienisse die week:

Windows truly open!

I’m no longer in that financial predicament

He Is Our Provider

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “DANKIE VIR U VOORSIENING”

    1. Die Here is werklik onbeskryflik wonderlik kosbare Meagan. Geen mens kan voorsien soos ons wonderlike Voorsiener nie.

  1. Dankie Janine. Wat ‘n pragtige getuienis van Sy versorging en hoe Hy na ons kyk. Ons kan almal hier erken dat ons oor ons finansies bekommerd is, maar om jou tiende te gee beteken jy sĂȘ vir Hom dankie. Ons wil nie skatte hier op die aarde bymekaar nie, maar in die hemel waar dit regtig saakmaak. Ek weet Hy gaan deurkom vir jou met ‘n huis vir julle. Ek het geen idee hoe nie, maar ek weet Hy gaan.

    1. Ja ek was ook bang kosbare Yvonne, maar as mens dit doen is dit asof ons werklik vir die Here wys ek vertrou U en vandag het ek dit weer verduidelik, dis nie ons geld nie, dis in elk geval die Here se geld, alles behoort aan Hom. En amen kosbare Yvonne, ek raak so opgewonde met afwagting om te sien wat my Liefling gaan doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui