MY GETUIENIS OOR VAS

Asseblief lees die uittreksels uit die boek 'n Wyse Vrou - Hoofstuk 5, aangaande vas en luister asseblief na my getuienis oor Vas.

'N WYSE VROU - HOOFSTUK 5 (GEDEELTE OOR VAS)

Gebed en vas. Jesus het vir die apostels gesĂȘ, “Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas
nie” Matt. 17:21 AFR53. As jy vurig gebid het en jou weĂ« gesuiwer het, dan kan vas nodig wees. Daar is
verkillende lengtes van vas.
Drie-dae vas. Ester het “vir guns” van haar man, die koning gevas. Sy het vir 3 dae gevas “vir guns”. “Gaan
maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet
en drink nie. Ek en my kameerpersoneel sal ook vas.” Ester. 4:16. Hierdie vas (of die 7 dae vas) het nog ‘n
voordeel. Die wat twisgierig is of nie kan ophou praat nie, sal te swak word om te praat. Daarom sal jy leer
om nie te argumenteer nie, en jy sal stiller word.
Een-dag vas. Die een dag vas begin in die aand na aandete. Jy drink net water totdat die 24-uur periode verby
is; dan eet jy die volgende dag se aandete. Jy vas en bid gedurende hierdie tyd vir jou petisie. Die vas kan ‘n
paar keer ‘n week gedoen word.

Sewe-dag vas. Daar is ‘n vas wat vir 7 dae aanhou. Dit wil voorkom asof sewe dae voltooiing voorstel. “By
die aanhoor van die woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van
die hemel gebid.” Neh. 1:4. Gewoonlik is dit gedurende groot smart dat jy “geroep” word om vir sewe dae
te vas. Wanneer jy honger of swak is, gebruik daardie tyd vir gebed en om Sy Woord te lees. “My knieĂ« knak
al soos ek gevas het, my liggaam is uitgeteer en maer.” Ps. 109:24.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui