Ek het my tiende gegee

Ek is so opgewonde om met julle te deel dat ek vandag vir die eerste keer OOIT my tiende gegee het, ek voel regtig die Here het my gelei om my tiende te begin betaal, dit was vir die afgelope maand of twee in my gedagtes maar soos almal was ek bang en die vyand het vir my al die goed gelys wat verkeerd kan gaan as ek daai ekstra geldjie uithaal, maar vandag het ek net besluit sonder twyfel om te luister wat my wonderlike HM op my hart druk. Die oomblik wat ek my tiende betaal het, het ek regtig hierdie opgewondenheid ervaar want WOW ek kon vandag my deel bring en gee vir die Here, Hy het so baie die afgelope maande vir my gedoen Hy is al die lof en eer waardig. Baie dankie my liefling dat ek die ekstra geldjie gehad het hierdie maand om my tiende te begin gee, ek voel ek het die eerste stap geneem en die volgende stap in my geloof ek weet sonder twyfel dat Hy my sal lei.

Continue Reading →