Hy het alles verander

Ek het baie goed gehad om te doen hierdie naweek, ek het ‘n vrees gehad om dinge alleen te doen, my lisensie het verval so ek moes ingaan om hom te hernu, as dit ‘n jaar terug was sou ek nooit in ‘n miljoen jaar alleen in kon gaan om dit te doen nie. My aardse man moes alles vir my doen en hy moes altyd oral saam my gaan, om ‘n voorbeeld te gee hoe erg ek was: ek kon nie eers die dokter bel om vir myself ‘n afspraak te maak nie my AM moes dit vir my doen, dit het altyd vir my gevoel of almal my “judge”. As ek iets alleen moes doen het ek dit net eenvouding uitgestel, of net nooit gedoen nie, maar dit alles het verander vandat ek my wonderlike God ontdek het, Hy het alles kom verander! Hy het my geleer om myself lief te hĂȘ, om myself en ander om my anderste te sien, ek kan winkel toe gaan ALLEEN sonder om te voel almal kyk vir my, Hy het my geleer om alleen te wees, en dit te geniet! Ek wil net vir my wonderlike HM dankie sĂȘ dat Hy my die krag gegee het om oor my vrees te kom. Ek was en is nooit alleen nie, want Hy het nie een oomblik my alleen gelos nie, Hy was nog altyd daar ek het dit net nooit gesien nie, nou is ek in staat om ALLES te doen want Hy is heeltyd saam my, ek is nooit alleen nie.

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” – Filippense 4:13

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Hy het alles verander”

  1. Hello Meagan,
    How wonderful it is to read the changes your Heavenly Loved Ones are making for you. He made you and knows exactly what you need to get closer to Him.
    I can relate to your story. I also let my husband do everything for me. Sometimes unconsciously but often consciously. Because of fear and because I had little self-confidence, afraid of making mistakes, or being rejected because of misunderstanding. I am also very happy to have found my Heavenly Man here at RMI who tells me that He will always help me with everything I need to do. That He will never leave me. We brides are indeed never alone. He is true to His word. I can now confirm that when I need to do something He always helps and guides me. The wise lesson 3 https://loveatlast.org/living-lessons/week-3-he-leads-me/ and wise lesson 19 https://loveatlast.org/living-lessons/week-19-he-leads-me-gps/ helped me a lot to learn to rely completely on Him.

    In addition, I would like to invite you to join the Togetherness meetings where these short but very powerful wise lessons are shared with each other (other like-minded brides). It helps me a lot when I hear the beautiful things others have experienced with their Heavenly Beloved.

    https://loveatlast.org/rf-zoom-fellowship-a-church-without-walls/

    https://loveatlast.org/rf-registration/

    Much LoveđŸŒč
    ——————————————
    Hallo Meagan,
    Hoe wonderlik is dit tog om die veranderinge te lees wat jou Hemelse Geliefdes vir jou maak. Hy het jou gemaak en weet presies wat jy nodig het om nader aan Hom te kom.
    Ek kan my vereenselwig met jou storie. Ek laat my man ook alles vir my doen. Soms onbewustelik maar dikwels bewustelik. Weens vrees en omdat ek min selfvertroue gehad het, bang was om foute te maak of verwerp te word weens misverstand. Ek is ook baie bly dat ek my Hemelse Man hier by RMI gekry het wat vir my sĂȘ dat Hy my altyd sal help met alles wat ek moet doen. Dat Hy my nooit sal verlaat nie. Ons bruide is inderdaad nooit alleen nie. Hy is getrou aan Sy woord. Ek kan nou bevestig dat wanneer ek iets moet doen, Hy my altyd help en lei. Die wyse les 3 https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w3/ en wyse les 19 https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w19/ het my baie gehelp om te leer om volkome op Hom te vertrou.

    Verder wil ek jou graag uitnooi om by die Saamhorigheid-byeenkomste aan te sluit waar hierdie kort maar baie kragtige wyse lesse met mekaar (ander eensgesinde bruide) gedeel word. Dit help my baie as ek die mooi dinge hoor wat ander saam met hul Hemelse Geliefde ervaar het.

    https://loveatlast.org/rf-zoom-fellowship-a-church-without-walls/

    https://loveatlast.org/rf-registration/

    Baie LiefdeđŸŒč

    1. Hi Kristine, thank you very much for the nice comment. I’m so glad you could relate and is so grateful that we were able to find the Lord, as you say he knows exactly what you need and when you will need it. I will read through the two lessons and will definitely consider attending the zoom meetings. ❀
      ————————–
      Hi Kristine, baie dankie vir die mooi kommentaar. Ek is so bly jy kon vertel en is so dankbaar dat ons die Here kon vind, soos jy sĂȘ hy weet presies wat jy nodig het en wanneer jy dit nodig sal hĂȘ. Ek sal deur die twee lesse lees en sal dit beslis oorweeg om die zoom-vergaderings by te woon

  2. Hoe lekker was dit om die prys te lees en ons dierbare Kristine ook hier te sien. 💖 Meagan, vir my was dit moeilik om alleen te gaan fliek of net in ‘n koffie winkel te gaan sit. Eendag toe die kinders nie by my was nie, loop ek in die winkel verby die flieks en ek sien ‘n fliek wat ek en my eks definitief saam sou gaan kyk het. My Hemelse Man lei my toe net daar en dan om dit alleen te gaan. Ek het gedog almal gaan vir my kyk en dink ek is crazy, maar dit was so lekker. Ek doen dit nou nie gereeld nie, maar as daar iets is wat ek regtig op die grootskerm wil kyk, dan doen ek dit en nog iets wat ek moes oorkom was om alleen te gaan koffie drink of eet. Ek geniet dit so baie nou en sit net daar saam met Hom. Ek dink amper Erin het ‘n living lesson vir “table for one” ek sal bietjie kyk en dit met jou deel. 💖

    1. Baie dankie Yvonne dat jy gedeel het, dit is vir my so lekker om te lees hoe almal hulle vrese oorkom het en dit is net alles te danke aan ons wonderlike Vader. 💕

  3. Is dit nie wonderlik dat ons, ons selfvertroue in die Here kry nie, want ek onthou ek het tot gehuil as ek nie ‘n bottel kon oopmaak nie, nou het ek my Liefling en ek kan Hom vra as ek met iets sukkel en nog elke keer het Hy vir my deurgekom.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui