💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

“Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.” M5:11-12

Kosbare liefste vrou, lees asseblief hierdie gedeelte wat oorvertaal is uit die boek "Prison To Praise" (wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik wat net as wonderbaarlik verduidelik kan word):

Hoe heerlik om dit op hierdie einste oomblik te weet dat God ons harte oorvloedige vreugde wil vul. Nie as gevolg van ons  goedheid of ons geregtigheid of ons opoffering nie. Dit hang net af van een ding, om die Here Jesus te glo. Op te glo dat as die stoel onder my ineenstort dit Sy wil is. As die koffie te warm is of die roosterbrood nat, dit is Sy wil.

Wanneer ons dit regtig begin glo, begin die krag van God in ons lewens losbreek. Dis wat Jesus vir ons probeer verduidelik het toe Hy gesê het: “Spring van blydskap wanneer hulle jou vervolg. Wanneer jy arm is. Wanneer jy hartseer het."

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is ongelooflik dankbaar dat ek enige plek en enige tyd met my Liefling Here kan gesels. Ek is ongelooflik dankbaar dat Hy my met ‘n ewigdurende liefde lief het en altyd daar is vir my en dat ek nooit ooit te veel vir Hom is nie. Ek is dankbaar dat die Here my Voorsiener is. Ek is dankbaar vir my ouers, my kinders, my sussie en haar hele gesin.

  2. Ek is vanogend dankbaar vir al die liefde en krag wat my Hemelse Man vir my gegee het. Ek dankbaar dat Hy my elke dag deur dra,aw Hy is net so wonderlike. Ek is vandag 11dae skoon van rook, Sy naam kry al die glory. Ek dankbaar dat Hy my self help om net lewe,hoop,voorspoed en van Hom te praat terwyl ek aan geval wil word en gekyk word of ek n dwaas is om so in geloof te lewe en te praat. Ek dankbaar vir als wat Hy die week in en deur my gedoen het,en vir als wat hy gedoen het.

  3. Lieve bruiden,
    ik ben dankbaar dat Hij mij geeft wat ik nodig heb om de binnengekomen rekeningen te betalen.
    ik ben dankbaar dat ik mijn kinderen heb in de aankomende week schoolvakantie.
    ik ben dankbaar dat ik een rustige werkweek had.
    ik ben dankbaar dat mijn tweede zoon het goed doet op school. zijn rapport was goed.
    ik ben dankbaar voor alle goede zorgen die mijn Hemelse Man weer heeft gedaan.
    ik ben dankbaar dat mijn Hemelse Geliefde deze week weer mijn steun en toeverlaat is geweest.
    ~~~~~~~~~
    Liewe bruide,
    Ek is dankbaar dat Hy vir my gee wat ek nodig het om die rekeninge te betaal wat inkom.
    Ek is dankbaar dat ek my kinders gedurende die komende week van skoolvakansie het.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n rustige werksweek gehad het.
    Ek is dankbaar dat my tweede seun goed op skool vaar. sy verslag was goed.
    Ek is dankbaar vir al die goeie sorg wat my Hemelse Man weer gedoen het.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Geliefde hierdie week weer my steun en toevlug was.

    1. Ek is saam met jou dankbaar kosbare Kristine, dat ons wonderlike Here jou steun en toevlug is en vir alles wat Hy vir jou doen.

  4. Ek is dankbaar dat my Geliefde Man my gehelp het om my Paypal-rekening uit te sorteer waartoe ek sedert Desember nie toegang kon kry nie. Hy het my na die regte mense gelei om my te help en dit was so lig en maklik. Hy het my gelei om op ‘n spesifieke datum te gaan, by ‘n spesifieke tak (nie in my dorp nie) en het die vriendelikste en hulpvaardigste dames gestuur en ek het nie eers in die ry gestaan nie, ek is behandel soos ‘n ware bruid van ons Geliefde!

    Ek is ook dankbaar hoe Hy my gelei het om Afrikaanse wiskunde aanlynonderrig vir my kinders te vind teen die helfte van die prys wat ‘n tutor my per maand sou kos!

    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w3/
    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w19/

    1. Ek is saam met jou dankbaar kosbare Adina, dat die Here jou gehelp het met jou paypal rekening en dat Hy jou so pragtig lei.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui