💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou." J25:1

Kosbare liefste bruid ek deel 'n gedeelte wat oorvertaal is uit die boek "Prison To Praise" wat vir my so mooi by ons Dankbaarheid Saterdag inpas:

"Die einste daad van lof bevry die krag van God in 'n stel omstandighede en stel God in staat om hulle te verander as dit Sy ontwerp is. Baie gereeld is dit ons houdings wat die oplossing van 'n probleem verhinder. God is soewerein en kan beslis oor ons verkeerde denkpatrone en houdings sny. Maar Sy perfekte plan is om elkeen van ons te bring in gemeenskap en nabyheid met Hom, en so laat Hy omstandighede en insidente toe wat ons verkeerde houdings onder ons aandag sal bring."

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is so dankbaar vir als wat die Here vir my gedoen het. Self saam met beproewing en geestelike oorlog wat ek als vir hom gegee het,het my Geliefde Hemelse Man net nog meer aan my gedoen om my te verander na sy wil toe. Hy het aan my geopenbaar dat Hy my nou op n makeover reis het. So veel so dat die Here my klere style verander en dat Ek nie meer wil aan trek soos vooreen nie. Ek is dankbaar vir die verandering wat my Geliefde in my doen. Ek is dankbaar vir hou die Here my bederf het en gepamperlang het. Ek is dankbaar dat die Here my gelei het om vir my skoon nig en haar dogter klere te gee als wat te groot is en wat ek nie meer wil dra nie. Ek so dankbaar dat die Here my gelei het en hou dit die jong meisie blyskap in haar stem gesit het toe sy die klere gekry het toe haar ma hulle by die huis gekom het. Ons Geliefde Hemelse Man is wonderlik daar is nie woorde wat kan beskryf hou wonderlik Hy is en hou lieflike sy liefde is.

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Kristy, ons kosbare Here is die beste ooit en ek is dankbaar vir die verandering wat Hy in jou doen.

  2. Ek is dankbaar dat ons kosbare Here my pa elke dag meer en meer genees en dat ek nog gaan kom getuig hoe ons Genesende Here my pa heeltemal genees het.
    Ek is dankbaar dat my seuns sport eerder geniet en nie in nagklubs uithang nie.
    Ek is dankbaar dat die Here toegelaat het dat my man my jare gelede gelos het en dat ek deur so baie seer gegaan het, want die Here het daardie seer gebruik om my te vorm.
    Ek is dankbaar dat ek die Here se stem hoor, wat my so mooi lei.
    Ek is daarbaar vir die Here se voorsiening vir kos, klere, vervoor en ‘n dak oor my kop.

  3. Ek is dankbaar vir God se Woord en dat dit die riglyn van my lewe word
    “Want die woord van God is LEWEND en KRAGTIG en SKERPER AS ENIGE TWEESNYDENDE SWAARD en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordeelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart”
    Hebreers 4:12

    1. Ek is ook dankbaar vir die God se Woord kosbare Betty, daardie is een van my gunsteling verse wat beskryf hoe kragtig die Woord van God is.

  4. Ek is ook dankbaar dat God besig is om my te vorm soos Hy wil. Dat Hy my die geleentheid gegee het om vir ‘n onderhoud te gaan vir ‘n pos waarin ek baie belangstel en al vergeet het, ek aansoek voor gedoen het. Ek is dankbaar dat God my hart verander het met ‘n persoon waarmee ek gesukkel het om mee oor die weg te kom. Ek is dankbaar vir my kinders, my lewe, my werk, my gesondheid, vir blyplek, vir vriendinne en dat God alles ten goede laat meewerk, selfs ons beproewinge.

    1. Dankie dat jy deel kosbare Betty, ek is dankbaar vir wat die Here in jou lewe doen en ja selfs on beproewinge.

  5. Laas week was vir my ‘n week wat ek nooit weer wil oor hê nie! Die versoekings, en beproewinge wat oor my pad gekom het was net onbeskryflik moeilik. Die duiwel was besig in my huis, MAAR ek is dankbaar dat die Here my deur die versoekings en beproewings gedra het, soos regtig gedra het ek sou nooit twee jaar terug so kalm gebly het nie, ek is dankbaar dat die Here ‘n wag voor my mond gesit het en my die ander wang laat draai het (iets wat ek voorheen ook nie kon doen nie.) As ek nou terug kyk na verlede week, en sien hoe God my al verander het, my gevorm het is ek so DANKBAAR! Ek is dankbaar dat ek al so ver in my reis gekom het. Prys die Here.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui