💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Kom loof die Here! Julle wat die Here dien, sê dankie vir Hom. Prys sy Naam! Julle moet sorg dat mense altyd die Here prys, nou en vir altyd. Van die môre tot die aand moet julle sy Naam loof. Daar is niemand wat soveel mag het soos die Here nie. Hy is groter as enigeen in die hemel. Geen mens of volk is so sterk soos Hy nie. In die hemel of op die aarde is daar niemand soos die Here ons God nie. Hy is baie belangrik. Tog sien Hy onbelangrike en nederige mensies dadelik raak.” P113:1-6(DB)

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

"Dit was ontmoedigend en hartseer om diegene te sien wat het geweier om die Here te loof. My hart was seer vir hulle in hul hopelose situasies van lyding en ellende. Ek het God gevra om vir my wysheid te gee om te verstaan ​​hoekom hulle nie die weg van van lof kon aanvaar nie, en het Hom ook gevra om my beter manier te leer hoe om ander te lei om Hom te loof."

Luister asseblief na die visoen wat ons kosbare Here die skrywer toe gegee het: https://studio.youtube.com/video/T7hK_TpX82M/edit

Kosbare liefste vrou kom ons loof ons kosbare Here in alle omstandighede, want dis presies wat Hy verdien.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar vir hou die Here in my gewerk het die week,Ek is dankbaar vir hou Hy deur my werk. Ek is dankbaar vir elke manier wat Hy voorsien. Ek is dankbaar vir die warm liefde wat Hy my vul, en my gesond gemaak het sonder dat ek dokter toe hoef te gaan, Sy naam kry al die glorie,Ek dankbaar dat die vrou van my meisie kind se vervoer, in die ogend soos sy kinders optel om skool toe te vat, Met die kinders gesels oor Jesus en Goddiens hou. Ek is dankbaar dat my Geliefde Hemelse Man my geduldig help wanneer ek moedeloos gesukkel voel,en dat Hy my help dat die goed weer reg werk.En deur die reis leer Hy my om dankbaar te wees wat ek het al sukkel ek en dat ek Hom moet vra.

    1. Dankie dat jy dit deel waaroor jy dankbaar is kosbare Kristy. Dis wonderlik hoe ons kosbare Here ons leer om op hierdie reis dankbaar te wees.

  2. Ek is dankbaar dat ek familie het wat my so lief het.
    Ek is dankbaar dat my seuns my so lief het en my so mooi behandel en sulke mooi manier het, alles te danke aan hulle Hemelse Vader.
    Ek is dankbaar vir die Here se voorsiening in my lewe.
    Ek is dankbaar vir RMI en die afrikaanse bediening: UiteindelikHoop.com en en ek dankbaar vir elke vrou wat ek ontmoet deur die bediening, vir elke vrou wat ons kosbare Here hiernatoe stuur en vir elke vrou wat die Here nog gaan stuur.
    Ek is dankbaar vir die Here ewigdurende liefde in my lewe en dankbaar dat ek meer oor Hom kan deel en dat alles op die ou end oor Hom gaan.
    Ek is dankbaar dat Hy my met vrede en vreugde vul.

  3. Ek is dankbaar dat my Geliefde Man my die afgelope week vrede gegee het. So baie dinge het verkeerd geloop, maar deur dit alles het Hy my in vrede gehou. Albei my motorsleutel se batterye was pap toe ek en die kinders iewers heen wou gaan, die geiser het gebars, die mense wat instandhouding in my huis moes doen het van die deure beskadig en een van my kar se splinternuwe bande was op so ‘n manier beskadig dat dit vervang moes word en ek weet nie wat die skade veroorsaak het nie, want daar was nie iets spesifiek wat gebeur het nie. Maar deur dit alles het Hy my in vrede gehou.

    Ek is dankbaar dat my kinders se eerste rapporte goed lyk sedert hulle begin het met Tuisonderrig! Hulle word steeds formeel geassesseer en vir my is dit ‘n groot lof!

    Ek is dankbaar om my Geliefde te hê, want Hy is al wat ek nodig het!

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Adina, ons kosbare Here is beslis ons vrede in alles.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui