Al Sien Ek Nog Niks

♕ Vandag se belofte: "'Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Hebreërs 11:1

~Kristine in Nederland

☊ Lofverslag Oudio

Liewe bruid, alles wat jy hier op aarde sien behoort aan ons God. Van Hom het jy alles ontvang wat jy het. En Hy smag daarna om vir jou baie meer te gee. Alles wat jy nodig het en alles wat jy begeer. Ons moet net vra. Ons hoef nie terug te hou of te dink dit kan nie gedoen word nie want...... Nee as ons vra kan ons verwag dat Hy dit vir ons sal gee. Hy sal ons gee volgens sy rykdom. As Sy Bruid wil Hy ons met soveel seëninge oorlaai. Want dit maak Hom net seer en bedroef as ons nie vra nie.

As sy bruid wil Hy hê vir my gee wat ek nodig het en waarna ek smag. Ek hoef nie te huiwer of te wag totdat ek 'n groot hoeveelheid finansiële hulpbronne het om te kry wat ek nodig het nie. My God, Sy rykdom is onuitputlik en Hy sal dit vir my gee. Al wat ek moet doen is om te vra en te verwag. Ek hoef nie meer maniere of mense te soek wat vir my kan gee wat ek nodig het nie. Hy is alles wat ek nodig het om aan my behoeftes en begeertes te voldoen. Met vrymoedigheid mag ek na Hom toe gaan. Dit gee my baie gemoedsrus om nie te hoef te dink oor hoe om te gee nie.

Deur te glo dat Hy daarna verlang om vir jou alles te gee wat jy nodig het, sal in wat jy spreek ook wees. Dankbaarheid is hier baie belangrik. Want dit is al wat Hy in ruil daarvoor vra. Omdat Hy dit vir jou gedoen het. Nie ons self nie.

Hierdie les [“Die Armoede Mentaliteit Gedefinieer”] het my geleer dat ek nie meer bang hoef te wees om finansiële hulpbronne te verskaf wanneer ek dit nodig het nie. Natuurlik moet ek wys wees met alles wat ek het of kry. Maar hoe meer ek kry hoe beter is dit om meer te gee. Om te glo dat Hy my meer en meer sal gee soos ek gee, hoef ek nooit wees te vrees dat iets weer sal op raak nie.

Voorbeeld.....soos om nie bekommerd te wees oor geld wanneer jy groot finansiële uitgawes maak onder leiding van die Heilige Gees nie, so ook is ek oortuig daarvan dat dat jy dubbel van Hom sal terugkry as jy oorvloedige tyd, bemoediging en ander dinge te gee wat ander mense nodig het. Alles wat ons in oorvloed het, kan ons vir iemand anders gee. Ek het onlangs ervaar dat die soete komplimente waarna ek nog altyd gesoek het, volop gegee word en net omdat ek self begin saai het. Gee, gee, gee.

Aan Hom kom alle eer toe oor alles wat ek het. Ek sal mooi sorg vir alles wat Hy aan my toevertrou het. En as iemand my vra hoekom ek so gelukkig, vrolik en sorgeloos is. Ek gee God die eer daarvoor. Niemand anders nie.

Liewe bruide, ons Vader is die rykste man. Sy bronne van rykdom is onuitputlik . Hy gee graag vir ons wat ons nodig het en begeer. Ons hoef nie te wonder of ons kan of sal vra nie. Jy hoef nie te wonder hoe jy die rekeninge of die groot skuld waarmee jy gelaat is, gaan betaal nie. Ons God sal alles voorsien volgens Sy rykdom. Al wat Hy van jou vra, is dat jy vra en dat jy jou dankbaarheid toon vir alles wat jy het en sal ontvang. Want dit is nie deur jou eie krag dat jy oorvloedig is nie, maar deur Hom. Omdat Hy jou liefhet en Sy liefdevolle goedheid vir jou wil wys. As jy net vir Hom wag. Ag hoe geseënd sal jy dan wees.

"Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou." Jesaja 30:18

-My Here se begeerte is om vir my te sorg. Hoe geliefd voel ek

"'Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Hebreërs 11:1

-al sien ek nog niks kan ek dit glo nadat ek gevra het dat ek dit sal kry.

Follow #Kristine, Volg #Kristine
Ek is 'n tiende vennoot. Leer meer

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!