1983 Vertaling
Psalm 15
Wie het die reg om in die tempel te kom?
1'n Psalm van Dawid.
Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here?
Wie mag op u heilige berg vertoef?
2Hy wat onberispelik wandel
en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat,
3nie kwaadpraat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie
en niemand beledig nie;
4hy wat dié verag wat deur God verwerp is,
maar almal eer wat die Here dien;
wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,
5sy geld nie op rente uitleen nie
en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie.
Wie hom hieraan hou,
sal nooit wankel nie.
Psalm 45
Gedig vir 'n koning
1Vir die koorleier: op die wysie van âLeliesâ. Van die Koragiete. 'n Gedig. 'n Lied van die liefde.
2Mooi woorde roer in my hart;
ek dra my gedig voor aan die koning;
my tong is soos die pen van 'n vaardige skrywer.
3U is mooier as alle mense;
oor u lippe vloei net vriendelike woorde,
want u hele lewe lank seën God u.
4Kom, held, maak u reg vir die stryd,
kom in u koninklike luister.
5Mag u oorwin!
Knoop die stryd aan vir die waarheid
en vir die reg van die hulpelose!
U is geroepe tot magtige dade.
6U skerp pyle laat volke voor u voete val;
hulle deurboor die hart van die koning se vyande.
7U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas,
met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied.
8U het die reg lief en u haat die onreg,
want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf.
9Die geur van mirre, aalwyn en kaneel deurtrek al u klere;
musiek uit u ivoorversierde paleis maak u bly.
10Voor u staan prinsesse, getooi met u juwele,
en aan u regterhand die koningin, versier met goud van Ofir.
11Luister, dogter, luister goed:
neem afskeid van u volk en u familie,
12want u skoonheid bekoor die koning.
U behoort aan hom, u moet hom eer.
13Dogter van Tirus, die rykes van die volk sal u guns soek met geskenke.
14In louter prag staan die koningin daar
in haar kleed van goudbrokaat;
15in haar veelkleurige rok word sy na die koning toe gelei;
sy en haar gevolg van jong meisies, haar vriendinne, word na u toe gebring.
16Onder uitbundige vreugde word hulle ingelei,
betree hulle die paleis van die koning!
17Mag u seuns hĂȘ om u geslag voort te sit
dat u hulle kan aanstel as regeerders in die hele land!
18Mag deur my lied die roem van u naam oor geslagte strek,
sodat volke u vir altyd sal prys.
Psalm 75
Dit is God wat verneder of verhef
Â
1Vir die koorleier: op die wysie van âMoet dit nie verwoes nie!â 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2Ons loof U, o God, ons loof U;
U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.
3âAs die tyd vir my optrede aanbreek,â sĂȘ God,
âoordeel Ek regverdig.
4As die aarde met al sy bewoners sou wankel,
dan grondves Ek hom weer stewig.Sela
5Vir die hooghartiges sĂȘ Ek: Moenie hooghartig wees nie,
en vir die goddelose: Moet jouself nie verhef nie!
6Moet jou nie teen die hemel verhef
en aanmatigende dinge sĂȘ nie.â
7Verheffing kom nie uit die ooste of uit die weste
of uit die woestyn nie!
8Nee, dit is God wat verneder of verhef,
Hy is die regter!
9Daar is 'n beker in die hand van die Here.
Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng.
Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink;
hulle moet selfs die afsaksel opdrink,
die beker leegdrink.
10Maar Ă©k sal altyd getuig,
altyd sing tot eer van die God van Jakob.
11âEk sal die mag van die goddeloses verpletter,â sĂȘ God,
âmaar die regverdige sal Ek hoog verhef.â
Psalm 105
Die Here hou sy verbond altyd in stand
Â
1Loof die Here! Roep Hom aan!
Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.
2Sing liedere, sing tot sy eer,
vertel van al sy magtige dade.
3Roem sy heilige Naam,
laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.
4Soek hulp en beskerming by die Here,
soek gedurig sy teenwoordigheid.
5Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,
aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,
6julle, nageslag van Abraham sy dienaar,
nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.
7Hy, die Here, is ons God;
sy reddingsdade strek oor die hele aarde.
8Hy hou sy verbond altyd in stand,
die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesĂȘ het,
9die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,
sy eed aan Isak.
10Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,
vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.
11Hy het gesĂȘ:
âEk gee KanaĂ€n vir jou
as grondgebied en eiendom.â
12Toe hulle nog maar min was,
net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land,
13toe hulle van volk na volk geswerf het,
van die gebied van die een volk na dié van 'n ander,
14het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie,
en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku:
15âMoenie aan my gesalfdes raak nie,
moenie my profete kwaad aandoen nie!â
16Toe Hy hongersnood oor die land gebring het
en al hulle kos laat opraak het,
17het Hy iemand voor hulle uit gestuur:
Josef is as slaaf verkoop.
18Hulle het sy voete geboei
en hom in die gevangenis gehou
19totdat sy woorde bewaarheid is,
nadat hy die toets deurstaan het
met wat die Here aan hom bekend gemaak het.
20Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom;
die heerser oor baie volke het hom vrygelaat
21en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding,
met gesag oor al sy besittings.
22Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveel
en selfs aan hoë amptenare leiding gee.
23Israel het na Egipte toe gekom,
Jakob kon in die land van Gam gaan woon.
24Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak,
talryker as hulle onderdrukkers.
25Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander,
sodat hulle sy volk gehaat
en vyandig opgetree het teenoor sy dienaars.
26Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur,
en vir AĂ€ron, die man wat Hy verkies het.
27Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen,
sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam.
28Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak,
maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset.
29Hy het hulle waters in bloed verander
en hulle visse laat vrek.
30Hulle land het gekrioel van die paddas,
selfs tot in hulle koning se slaapkamer.
31Die Here het beveel en daar het insekte gekom,
muggies oor hulle hele gebied.
32Hy het hulle reëns in hael verander
en swaarweer oor hulle land gestuur.
33Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietig
en die bome in hulle gebied stukkend geslaan.
34Hy het beveel en daar het sprinkane gekom,
ontelbaar baie sprinkane.
35Hulle het al wat groen was in die Egiptenaars se land verslind
en al die gesaaides van hulle lande afgevreet.
36Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe,
al hulle eersgeborenes.
37Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud.
In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie.
38Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het,
want hulle was skrikbevange oor die Israeliete.
39Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle
en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag.
40Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom
en sy volk met brood uit die hemel versadig.
41Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom
wat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het.
42Ja, Hy het sy heilige belofte
aan sy dienaar Abraham gestand gedoen
43en sy volk juigend,
sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek.
44Vir hulle het Hy
die heidene se lande gegee;
wat deur ander volke met moeite verkry is,
het hulle in besit geneem.
45Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam
en sy wil doen.
Prys die Here!
Psalm 135
Alles wat die Here wil, doen Hy
Â
1Prys die Here,
prys die Naam van die Here,
prys Hom, dienaars van die Here,
2julle wat in die tempel van die Here staan,
in die voorhowe van die tempel van ons God!
3Prys die Here, want die Here is goed,
sing tot eer van sy lieflike Naam.
4Die Here het Jakob vir Hom gekies,
Israel as die volk wat Syne is.
5Ek weet, die Here is groot,
ons Here is verhewe bo al die gode.
6Alles wat die Here wil, doen Hy,
in die hemel en op aarde,
in die see, in al die oseane.
7Hy laat die wolke opkom oor die horison,
Hy maak die weerligstrale vir die reën
en bring die wind te voorskyn.
8Hy het die eerstelinge in Egipte getref,
mense sowel as diere;
9Hy het oor jou, Egipte, groot en skrikwekkende dinge gebring,
oor die farao en al sy amptenare;
10Hy het baie nasies verslaan
en magtige konings laat sneuwel:
11koning Sihon van die Amoriete,
koning Og van Basan,
en al die konings in KanaÀn.
12Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee,
as geskenk aan sy volk.
13Here, U is altyd daar,
U is daar van geslag tot geslag.
14Die Here behartig die regsaak van sy volk:
Hy ontferm Hom oor sy dienaars.
15Wat die nasies het, is afgode, van silwer en goud,
die werk van mensehande;
16'n mond het hulle, maar praat kan hulle nie,
oë het hulle, maar sien kan hulle nie;
17ore het hulle, maar hoor kan hulle nie,
hulle haal nie asem nie.
18Wie hulle maak en op hulle vertrou,
sal net soos hulle word.
19Huis van Israel, loof die Here,
huis van AĂ€ron, loof die Here,
20huis van Levi, loof die Here,
julle wat die Here dien, loof die Here!
21Aan die Here kom die lof uit Sion toe,
aan Hom wat in Jerusalem woon!
Prys die Here!
Spreuke 15
1'n Sagte antwoord laat woede bedaar;
'n krenkende woord laat woede ontvlam.
2Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks;
dwase mense sĂȘ net dwase dinge.
3Die Here sien oral;
Hy hou slegte en goeie mense dop.
4Kalmerende woorde bring lewe,
skynheilige woorde breek mense.
5'n Dwaas verag wat sy vader hom leer;
wie hom laat teregwys, is verstandig.
6In die huis van die regverdige is daar groot rykdom;
die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel.
7Wyse mense versprei kennis met wat hulle sĂȘ;
dwase het verdraaide opvattings.
8Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses,
maar Hy aanvaar die gebede van opregtes.
9Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses;
maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe.
10Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word;
wie teregwysing haat, sal sterf.
11Vir die Here is die doderyk
en die onderaardse diepte nie verborge nie,
hoeveel minder die gedagtes van mense.
12'n Ligsinnige mens hou nie daarvan
dat hy tereggewys word nie;
hy word nie 'n wyse mens nie.
13Blydskap laat 'n mens se gesig straal;
smart maak 'n mens terneergedruk.
14'n Verstandige mens is op soek na kennis;
'n dwaas voed homself met dwaasheid.
15Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens;
die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees.
16Liewer min hĂȘ en die Here dien
as groot rykdom en bekommernis daaroor.
17Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby
as 'n vetgemaakte os en haat daarby.
18'n Humeurige mens soek skoor;
'n verdraagsame mens maak rusies uit die wĂȘreld.
19'n Luiaard se pad is met dorings besaai;
'n opregte mens het 'n gelyk pad.
20'n Wyse seun maak sy ouers bly,
'n dwase mens minag hulle.
21Iemand wat verstand kortkom,
vind vreugde in sy dwaasheid;
'n mens met insig leef reg.
22Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie;
dit slaag wanneer daar baie raadgewers is.
23'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het;
wat is beter as die regte woord op die regte tyd?
24'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe;
hy ontkom die doderyk daar onder.
25Die Here breek die hoogmoedige se huis af
en beskerm die grond van die weduwee.
26Die Here het 'n afsku van bose planne;
aangename woorde is vir Hom aanneemlik.
27Wie hom verryk ten koste van 'n ander,
maak dat sy gesin verstoot word;
wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.
28'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;
goddelose mense sĂȘ net slegte dinge.
29Die Here is ver van die goddeloses af,
maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.
30Stralende oë bring blydskap,
goeie tyding verkwik 'n mens.
31Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe
en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.
32Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;
wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.
33Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid;
nederigheid kom voor eer.
â Nuwe Lewende Vertaling
Wie mag voor God
verskyn?
1ân Dawidspsalm.
Here, wie mag dit waag om
in u teenwoordigheid te kom?
Wie mag woon
op u heilige berg?
2Hy wat onberispelik lewe
en doen wat reg is,
met ân opregte hart
die waarheid praat;
3wat nie sy medemens belaster,
hom benadeel,
of van hom kwaadpraat nie;
4wat dié wat aanhou sondig,
verfoei,
hĂșlle eer wat die Here dien,
en beloftes gestand doen
selfs tot sy nadeel;
5wat nie geld op rente
uitleen nie,
en nie omkoopgeld
teen onskuldiges aanvaar nie.
ân Mens wat so optree,
sal vir altyd stewig staan.
Die koning en sy bruid
1Vir die koorleier: Op die wysie van
âLeliesâ. Van die Koragiete. ân Gedig.
ân Lied van die liefde.
2Mooi dinge roer my hart.
My gedig dra ek voor
aan die koning.
My tong is soos die pen
van ân vaardige skrywer.
3U is die aantreklikste
van alle mense.
Minsame woorde
vloei uit u mond.
Daarom het God
u vir altyd geseën.
4Magtige krygsman,
maak u swaard aan u sy vas!
Glansryk en koninklik is u!
5Geklee in majesteit,
trek tog uit na die oorwinning.
Ter wille van waarheid,
sagmoedigheid en reg,
laat u regterhand
skrikwekkende dade verrig!
6U skerp pyle
laat volke voor u val.
Dit deurboor die hart
van u vyand.
7God vestig u troon vir altyd.
Opregtheid is die septer
waarmee u regeer.
8U het geregtigheid lief,
en haat die kwaad.
Daarom het God, u God,
u bo u tydgenote
met vreugde-olie gesalf.
9U klere is gegeur met mirre,
aalwyn en kaneel.
Uit paleise verfraai met ivoor,
maak snaarinstrumente u bly.
10Voor u is prinsesse
met juwele versier;
regs staan die koningin,
met Ofirgoud versier.
11Luister, o dogter,
luister wat ek sĂȘ.
Vergeet van jou mense
en jou familie.
12Jou skoonheid
betower die koning;
hy is jou heer, hom moet jy eer.
13Die dogter van Tirus sal kom
met geskenke,
rykes sal kom
om jou guns te wen.
14Binne wag die bruid
in prag getooi,
geklee in ân rok
met goud versier.
15Sy gaan na die koning
in haar pragtige kleed.
Haar vriendinne,
almal jong meisies,
begelei haar na u toe.
16Met vreugde en gejuig
word hulle begelei
wanneer hulle ingaan
in die koning se paleis.
17U seuns sal regeer in die plek
van hulle voorvaders.
U sal hulle heersers maak
oor die hele wĂȘreld.
18Ek sal u naam bekendmaak
deur die geslagte heen.
Daarom sal volke
u vir altyd prys.
God is die regter
1Vir die koorleier: Op die wysie van
âMoenie dit vernietig nieâ.
ân Asafpsalm. ân Lied.
2Ons dank U, o God!
Ons dank U, want u Naam
is by ons.
U magtige dade
maak dit bekend.
3âOp die tyd wat Ek bepaal het,
sal Ek met regverdigheid oordeel.
4Die aarde en sy inwoners bewe,
tog vestig Ek hom stewig.
Sela
5âDie hoogmoediges
het Ek gewaarsku:
âHou op met julle grootpratery!â
en vir die goddeloses:
âMoenie julleself verhef nie!
6Moenie jou
teen die hemel verhef,
of aanmatigend praat nie.ââ
7Want uit die ooste of weste,
of selfs uit die woestyn,
kom daar geen verheffing nie.
8Maar God is die regter
wat verneder of verhef.
9In sy hand hou die Here
die beker,
gevul met bruisende wyn en kruie.
Hy skink daaruit.
Die goddeloses van die aarde
sal selfs die afsaksels
moet drink.
10Maar ek sal altyd getuig en sing
tot eer van die God van Jakob.
11âAl die krag
van die goddelose
sal Ek afbreek;
maar die krag van die regverdige
sal vermeerder.â
God is getrou aan sy
Â
beloftes
Â
1Dank die Here,
maak sy Naam bekend!
Maak sy dade bekend
aan die nasies.
2Sing vir Hom, sing tot sy eer!
Vertel van sy wonderdade
aan almal.
3Roem sy heilige Naam.
Wees bly,
dienaars van die Here!
4Vra na die Here en sy krag,
hou aan om Hom te soek.
5Dink aan sy wonderdade,
sy tekens en sy regspraak.
6Kinders van Abraham,
sy dienaar,
nakomelinge van Jakob,
God se uitverkorenes.
7Hy is die Here ons God.
Sy uitsprake
is oor die hele aarde.
8Hy sal sy verbond altyd onthou,
die bepalings wat Hy beveel het
vir duisend geslagte,
9die verbond
met Abraham gesluit
en sy eed aan Isak.
10Hy het dit aan Jakob bevestig
as ân vaste bepaling,
aan Israel
as ân voortdurende verbond:
11âEk gee die land KanaĂ€n
vir jou
as jou eie besitting.â
12Toe hulle maar min was,
ân klein groepie mense
en vreemdelinge in die land,
13het hulle rondgetrek
tussen die volke,
van een koninkryk
na die ander.
14Hy het nie toegelaat
dat hulle verdruk word nie.
Ter wille van hulle,
het Hy konings gewaarsku:
15âMoenie my gesalfdes
aanraak,
en my profete
kwaad aandoen nie.â
16Hy het ân hongersnood
oor die land gebring,
en hulle kosvoorrade
laat opraak.
17Hy het iemand vooruitgestuur:
Josef, wat verkoop is as slaaf.
18Sy voete het hulle
in boeie gedwing,
en sy nek
in ân ysterhalsband gesit
19tot sy woord
waar geword het,
en die Here se woord
hom reg bewys het.
20Toe het Farao hom vrygelaat;
die heerser oor volke
het hom bevry.
21Hy het hom aangestel
oor sy huis,
met gesag oor al sy eiendomme.
22Hy kon aan sy beamptes
bevele gee,
en sy hoofamptenare
wysheid leer.
23Toe het Israel
na Egipte toe gekom.
Jakob het as vreemdeling
in die land Egipte
gaan woon.
24Die Here het sy volk
laat vermeerder
en hulle was magtiger
as die vyande.
25Hy het hulle gesindheid
verander
sodat hulle sy volk gehaat het,
en listig saamgesweer het
teen die dienaars van die Here.
26Hy het Moses, sy dienaar,
gestuur,
en vir AĂ€ron, wat Hy verkies het.
27Hulle het wondertekens
tussen hulle verrig,
en wonderwerke
in die land Egipte.
28Hy het duisternis gestuur,
en dit het donker geword.
Nogtans het die Egiptenaars
hulle teen sy bevele verset.
29Hy het hulle water
in bloed verander,
en so al die visse laat vrek.
30Toe het paddas
die land oordek,
tot in die koning se slaapkamer.
31Op sy bevel
het swerms insekte gekom,
en muggies oor die hele land.
32Hy het hael gestuur
in plaas van reën,
en weerlig oor hulle hele land.
33Wingerde en vyebome
het Hy getref,
en al hulle bome
stukkend geslaan.
34Op sy bevel
het sprinkane gekom,
hordes sprinkane sonder tal.
35Al die groen plante in die land
het hulle verorber,
al die produkte van die landerye
het hulle vernietig.
36Die oudste seuns in hulle land
het Hy laat sterf,
die eerstelinge
van elke huisgesin.
37Toe het Hy Israel
uit Egipte uitgelei,
oorlaai met silwer en goud.
Niemand in die stamme
het gestrompel nie.
38Egipte was bly
toe hulle getrek het,
want hulle was almal
baie bang vir hulle.
39Die Here het as bedekking
ân wolk oor hulle uitgesprei,
en vuur om die nag te verlig.
40Hulle het kos gevra,
en Hy het kwartels gestuur;
met brood uit die hemel
het Hy hulle versadig.
41Hy het ân rots gekloof,
en water het uitgestroom,
ân rivier het
in dorre plekke gevloei.
42Hy het inderdaad sy heilige belofte
aan Abraham sy dienaar
onthou.
43Hy het sy volk
met vreugde gelei,
sy uitverkorenes uitgelei
met gejuig.
44Die lande van nasies
het Hy aan hulle gegee,
en wat ander geplant het,
het hulle geoes
45sodat hulle sy gebooie
sou onderhou
en sy voorskrifte
sou gehoorsaam.
Prys die Here!
Die Here is groot
1Prys die Here!
Prys die Naam van die Here!
Prys Hom,
dienaars van die Here,
2julle wat diens doen
in die Here se huis,
in die voorhowe
van die huis van ons God.
3Prys die Here,
want die Here is goed;
sing tot eer van sy heerlike Naam.
4Die Here het Jakob
vir Hom gekies,
vir Israel as sy besondere besitting.
5Ek weet die Here is groot,
ons Here is groter
as alle gode.
6Die Here doen wat Hy wil,
in die hemel en op die aarde,
op die see
en in die diepste oseane.
7Hy laat wolke
oor die aarde saampak.
Hy maak weerlig vir die reën
en bring die wind
uit sy stoorkamers.
8Egipte se eerstelinge
het Hy getref,
mense sowel as diere.
9Oor Egipte
het Hy wonders
en tekens gestuur,
oor die farao en al sy mense.
10Hy het groot nasies verslaan
en magtige konings
doodgemaak:
11Sihon, koning van die Amoriete,
Og, koning van Basan,
en al die koninkryke van KanaÀn.
12Hulle land
het Hy as erfdeel
aan Israel gegee,
as erfdeel vir sy volk Israel.
13U Naam, Here,
duur vir altyd;
U word onthou, Here,
van geslag tot geslag.
14Die Here sal reg verskaf
aan sy volk
en Hom ontferm oor sy dienaars.
15Die afgode van die nasies
is voorwerpe van silwer
en goud,
die werk van mensehande.
16Hulle het monde,
maar is stom.
Hulle het oë,
maar kan nie sien nie.
17Hulle het ore,
maar kan nie hoor nie,
in hulle monde
is geen asem nie.
18Hulle makers is net soos hulle,
so ook almal
wat op hulle vertrou.
19Israel, loof die Here!
Priesters, nageslag van AĂ€ron,
loof die Here!
20Leviete, loof die Here!
Julle wat Hom dien,
loof die Here!
21Loof die Here in Sion,
Hy wat woon in Jerusalem.
Prys die Here!
1ân Vriendelike antwoord
kalmeer die gemoedere,
ân dwars antwoord
laat woede opspring.
2Die woorde van wyse mense
maak kennis aanloklik.
Dwase mense borrel oor
van dwase dinge.
3Die Here sien oral wat gebeur.
Sowel slegte as goeie mense
hou Hy dop.
4Vriendelike woorde bring lewe,
bedrieglike woorde
vernietig mense.
5ân Dwaas praat smalend
oor wat sy pa hom leer,
iemand wat hom laat reghelp,
is verstandig.
6In die huis van regverdiges
is daar skatte.
Wat die goddelose inbring,
bring vir hom moeilikheid.
7Wyse mense versprei kennis
met wat hulle sĂȘ.
Dwase mense
kan dit nie doen nie.
8Die Here verafsku die offers
van goddelose mense.
Hy is bly oor die gebede
van opregtes.
9Die Here verafsku die manier
waarop goddelose mense leef.
Hy het die mense lief
wat volgens sy wil lewe.
10Wie die regte pad verlaat,
sal swaar gestraf word.
Hy wat berisping haat,
sal sterf.
11Die Here weet
wat gebeur in die doderyk
en in die onderaardse dieptes.
Hoeveel te meer weet Hy
wat aangaan
in mense se harte.
12ân Spotter hou nie van die persoon
wat hom teregwys nie.
Hy vra nie raad by ân wyse nie.
13Blydskap
laat ân mens se gesig straal.
Hartseer
maak ân mens terneergedruk.
14ân Verstandige mens
soek ernstig na kennis.
ân Dwase mens
teer op dwaasheid.
15Vir die bedrukte mens
bring elke dag net probleme.
Vir die blymoedige mens
is die hele lewe ân fees.
16Dit is baie beter om min te hĂȘ
en ook respek vir die Here,
as om groot rykdom te besit
met die onrus daarmee saam.
17Liewer net ân skeppie groente
saam met iemand
vir wie jy lief is,
as ân lekker stuk beesvleis
en haat daarmee saam.
18ân Humeurige mens
sit twis aan die gang.
ân Verdraagsame mens
sit ân stryery stop.
19ân Luiaard se pad
is met dorings besaai.
ân Opregte mens se pad is gelyk.
20ân Verstandige seun
maak sy pa bly.
ân Dwase seun
het geen respek vir sy ma nie.
21Iemand sonder verstand
put vreugde uit sy dwaasheid.
Iemand met insig
bly op die regte pad.
22Sonder beplanning
loop planne skeef.
Sukses is afhanklik
van baie raadgewers.
23Daar is vreugde daarin
om die regte antwoord te hĂȘ.
Wat is beter as die regte woord
op die regte tyd?
24Die lewenspad
van ân verstandige mens
loop boontoe.
Dit stuur weg van die doderyk
daar onder.
25Die Here vernietig
die hoogmoedige se huis.
Hy beskerm die grondgebied
van die weduwee.
26Die Here verafsku
slegte planne.
Hy hou van skoon gedagtes.
27ân Gierigaard
bring ongeluk oor sy huis.
Wie omkoopgeskenke weier,
sal lewe.
28ân Regverdige mens
dink eers voor hy antwoord.
By goddelose mense se monde
borrel daar slegte dinge uit.
29Die Here luister nie
na goddelose mense nie.
Hy verhoor die gebed
van die regverdige mens.
30OĂ« wat blink, bring vreugde.
Goeie nuus bring gesondheid.
31Wie na kritiek luister,
sal lewe.
Jy sal tuis wees
tussen mense met wysheid.
32Wie goedbedoelde raad
ignoreer,
doen skade aan homself.
Iemand wat hom laat reghelp,
ontwikkel sy insig.
33Om respek vir die Here te hĂȘ,
leer ân mens wysheid.
Nederigheid kom eerste,
daarna volg eer.
Die Boodskap
Psalm 15
Van Dawid
1Here, watter mens mag voor U kom staan?
Wie mag in u huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?
2Iemand wat so optree dat U heeltemal tevrede is met wat hy doen, mag daar kom; ja, hy wat reg doen, wat U wil hĂȘ. So iemand praat altyd die waarheid.
3Hy skinder nie en praat nie sleg oor ander nie, en steek ook nie sy vriend in die rug nie.
Dit is iemand wat nie dinge sĂȘ wat iemand anders seermaak nie.
4Hy hou ook nie van mense van wie God nie hou nie.
Maar God se vriende is ook sy vriende; van hulle hou hy.
Hy hou sy woord, al kos dit hom soms duur.
5Hy leen nie sy geld teen rente uit nie.
Hy laat hom ook nie omkoop om verkeerde dinge te doen
en onskuldiges te benadeel nie.
Wie hierdie dinge doen, sal altyd vas bly staan.
Psalm 45
1Dit is die Koragiete se liefdeslied vir die koor. Hulle sing dit op die wysie van âLeliesâ
2Die pragtigste woorde vloei oor my lippe.
Ek lees my gedigte vir die koning.
My tong is soos die pen van ân goeie skrywer.
3U, o koning, staan uit tussen alle mense.
Almal sien u mooi voorkoms raak.
As u praat, kan ân mens altyd luister.
God is altyd baie goed vir u.
4Maak u reg vir die oorlog, dapper vegter.
U is so sterk, magtig en belangrik.
5Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is.
Om armes te help en reg op te tree lĂȘ u na aan die hart.
Ja, u doen magtige dinge.
6U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ân kans nie.
7U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees.
U regeer regverdig. 8U hou van wat reg is en haat wat verkeerd is.
Daarom het God, u God, u bo almal gekies en as koning aangestel,
en almal was baie bly daaroor.
9U klere ruik wonderlik lekker.
In u paleis van ivoor luister u na mooi musiek. Dit maak u bly.
10Prinsesse omring u en langs u staan die koningin met pragtige goue juwele.
11Luister, o dogter, as die koning van jou hou; los jou familie en kom na hom toe.
12Die koning vra na jou omdat jy vir hom mooi is. Eer hom. Hy is mos ook jou koning. Jy behoort aan hom.
13Dogter van Tirus, die rykstes sal vir jou goed wil wees. Hulle sal vir jou geskenke gee.
14Die prinses lyk asemrowend. Sy wag daarbinne in die mooiste klere.
15Sy word na die koning toe gevat. Haar vriendinne loop saam met haar.
16Hulle is uitbundig van vreugde. So stap hulle die paleis binne.
17Mag u seuns hĂȘ om oor die hele land te heers soos hulle voorvaders gedoen het. Mag hulle ook as regeerders aangestel word.
18Ek wil vir mense vertel hoe groot en belangrik u is.
Mense moet altyd mooi dinge oor u sĂȘ.
Psalm 75
1Asaf se lied vir die koor. Die wysie van âMoet dit nie vernietig nieâ moet gebruik word
2Ons sĂȘ vir U uit ons hart uit dankie, o God.
Ons loof U, want U is by ons.
Oral vertel mense van die wonderlike dinge wat U gedoen het.
3âOp die regte tyd sal Ek mense regverdig oordeel,â sĂȘ God.
4âAs alles op aarde en tussen die mense deurmekaarloop,
is Ek die Een wat sal sorg dat alles nie uitmekaarval nie.
5âVir die mense wat te veel van hulleself dink, sĂȘ Ek: Hou op daarmee.
Vir slegte mense sĂȘ Ek: Moenie dink julle kan julle teenoor My belangrik hou of kanse waag nie.â
6Hou op om so vol van julleself te wees en maak of julle groter is as die Een wat in die hemel bly. Hou op om julle teen Hom te verset.
7Niemand in die hele wĂȘreld kan sĂȘ wie regtig belangrik is en wie nie.
8God alleen kan dit doen, want Hy is die regter. Hy tel mense op, en Hy gooi hulle teen die grond. Net Hy besluit daaroor.
9Die Here het ân beker vol wyn en giftige speserye in sy hand;
dit is soos sy woede en straf is.
Mense wat hulle nie aan die Here steur nie, sal die beker heeltemal leeg moet drink,
elke druppel.
10Ek sal altyd vir almal van God vertel. Ek sal liedere sing om die God van Jakob mee te prys.
11God sĂȘ: âDie slegte mense se mag gaan Ek breek.
Die goeie mense gaan Ek nog sterker maak.â
Psalm 105
1Prys die Here! Bid tot Hom!
Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het.
2Sing liedere, maak die Here se Naam groot.
Jubel oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen.
3Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam.
Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees.
4Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Kruip by Hom weg.
Moenie dat daar ân dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.
5Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het.
Onthou sy magtige dade, hoe Hy mense in nood uitgered het.
6Julle is deel van die nageslag van Abraham, die kneg van die Here.
Julle behoort aan Jakob wat deur die Here uitgekies is.
7Die Here is ons God!
Die hele aarde is vol van al sy magtige dade.
8Hy onthou die ooreenkoms wat Hy met sy volk gemaak het,
sy beloftes wat Hy aan duisende geslagte gegee het!
9Dit is dieselfde ooreenkoms wat Hy met Abraham gemaak het,
en sy belofte aan Isak.
10Dit is aan Jakob dat Hy sy woord gegee het
en met Israel dat Hy ân ewige ooreenkoms gemaak het 11toe Hy gesĂȘ het:
âAl die grond in KanaĂ€n behoort van nou af aan jou, dit is jou erfporsie, jou besitting!â
12Toe Israel nog maar ân klein groepie was,
vreemdelinge in ân nuwe land,
13het hulle van landgebied tot landgebied rondgetrek,
van een klomp mense na ân ander.
14Maar Hy het nie toegelaat dat iemand hulle ooit sleg behandel nie.
Selfs magtige konings is nie toegelaat om hulle aan te val nie.
15God het vir hulle gesĂȘ: âMoet dit nie waag om julle hand teen my kinders op te lig nie. Hulle is Myne.
Moet dit ook nie waag om een van my boodskappers seer te maak nie.â
16Die Here het ân hongersnood oor die hele land laat kom.
Daar was nie ân krieseltjie kos oor om te eet nie.
17Maar Hy het ân man voor hulle uit gestuur.
Dit is Josef, wat as ân slaaf verkoop is.
18Hulle het Josef se voete met swaar boeie vasgemaak
en hom agter ysterdeure toegesluit.
19Sy swaarkry het aangehou totdat God se plan waar geword het,
totdat die Here besluit het hy is net die regte man vir die werk!
Josef het die toets geslaag.
20Toe het die koning vir Josef uit die tronk laat haal.
Die magtige heerser oor baie nasies het hom vrygelaat
21en hom aangestel as die hoof oor sy hele paleis.
Josef het beheer gehad oor al sy besittings.
22Die koning se huishouding was onder Josef se bestuur.
Hy was die hoof oor die belangrike amptenare.
Al die slim mense moes hy onderrig.
23Israel het toe na Egipte toe gekom,
Jakob het as ân vreemdeling in Gam se land gaan bly.
24Die Here het gesorg dat hulle baie kinders het,
baie meer as die mense wat hulle verdruk het.
25Hy het die Egiptenaars teen sy mense laat draai.
Later was hulle so vol haat dat hulle sy dienaars sleg behandel het.
26Die Here het toe vir Moses, sy dienskneg, gestuur,
ook vir AĂ€ron wat Hy self uitgekies het.
Hulle het groot wonderwerke gedoen.
27Daar in Gam se land het hulle vir die Egiptenaars gewys hoe sterk die Here is.
28Die Here het alles laat donker word,
maar hulle het geweier om na Hom te luister.
29Hy het hulle water in bloed verander.
Al hulle visse het doodgegaan.
30Skielik het hulle land gewemel van paddas, tot in die koning se slaapkamer.
31Toe die Here die bevel gee, het steekvlieë op hulle toegesak.
Muskiete was die hele wĂȘreld vol.
32Die Here het hael en donderweer oor hulle gestuur in plaas van sagte reën.
33Swaar donderweer het hulle land uitmekaargeslaan.
Hy het al hulle vrugtebome en wingerdstokke van die aarde af weggevee.
Daar het nĂȘrens ân boom staande gebly nie.
34Hy het net ân woord gesĂȘ, toe sak sprinkane op hulle toe. Hulle was so baie, jy kon hulle nie tel nie.
35Hulle het elke stukkie groenigheid in die Egiptenaars se land opgeëet.
Daar het nie ân plant of ân vrug iewers oorgebly nie.
36Al die oudste seuns in hulle land het Hy laat sterf.
In ân oogwink was hulle sonder krag of hoop.
37Toe het Hy Israel laat wegtrek met arms vol silwer en goud.
Niemand van hulle het in Egipte agtergebly nie.
38Die mense van Egipte was bly dat hulle padgegee het,
want hulle was teen hierdie tyd baie bang.
39Die Here het elke dag ân wolk oor sy volk uitgesprei om hulle koel te hou,
en ân groot bol vuur in die nag om vir hulle lig te gee.
40Hulle het gebid vir kos, toe stuur Hy vir hulle kwartels om te eet,
brood uit die hemel het al hulle hongerpyne weggevat.
41Hy het ân rots laat oopgaan, toe loop daar water uit, soos ân magtige rivier het dit deur die droĂ« woestyn gevloei.
42Dit alles het Hy gedoen omdat Hy sy belofte onthou,
sy belofte wat Hy aan Abraham, sy kneg, gemaak het.
43Hy het sy volk al singende laat uittrek.
Almal wat Hy uitgekies het, het gejuig van vreugde.
44Hy het vir hulle ongelowiges se grond gegee. Die land wat hulle met moeite verkry het, het God se volk in besit geneem.
45Wat ander met groot moeite in die hande gekry het, het hulle vir hulle gevat
sodat hulle daar kan doen wat Hy sĂȘ
en op die regte pad kan stap wat Hy vir hulle wys.
Prys die Here!
Psalm 135
1Kom prys die Here. Julle moet vir Hom baie dankie sĂȘ, julle wat Hom dien.
2Julle wat die Here oral dien, kom prys Hom. Hy is ons God.
3Kom loof die Here, want Hy is vir ons goed.
Kom sing liedere om Hom groot te maak.
Dit is lekker om hardop oor Hom te praat.
4Die Here het lank terug vir Hom mense gekies. Hulle is Syne.
5Dit staan soos ân paal bo water: die Here is ân groot God, groter as alle ander gode.
6Hy doen wat Hy wil.
Bo in die ruimtes, hier op die aarde, selfs in die see of op enige ander plek doen die Here wat Hy wil.
7Daar ver op die horison laat Hy die wolke opkom.
Wanneer dit reën, laat Hy die weerligstrale rondblits. Hy laat die winde waai.
8Dit is die Here wat mag het oor lewe en dood.
Voor Israel uit Egipte getrek het,
het Hy die Egiptenaars se oudste seuns en vee laat doodgaan.
9Hy het daar wonderwerke laat gebeur voor die farao en sy werkers.
10Daarna het Hy ân klomp volke voor Israel verslaan en baie sterk leiers
11soos Sihon en Og laat doodmaak. So ook al die konings in KanaÀn.
12Toe het Hy aan sy volk ân land gegee wat hulle sân sou wees.
So het sy kinders, die Israeliete, hulle eie eiendom gekry.
13Here, U sal nooit ophou bestaan nie. Vir altyd sal mense U grootmaak.
14Ja, die Here sal sorg dat sy mense reg behandel word.
Hy sal vir elkeen wat Hom dien, ân sagte plekkie in sy hart hĂȘ.
15Mense wat die Here nie dien nie, het hulle eie dooie gode.
Dit kan geld of ander dinge wees wat waardevol lyk,
alles dinge wat mense maak.
Hulle lyk soos die ware Jakob, maar beteken net mooi niks.
Dit is goed nagemaak.
16Dit lyk wel of hulle gode kan praat, maar hulle maak geen geluid nie.
Verder lyk dit of hulle kan sien, maar hulle is stokblind.
17Dit lyk of hulle kan hoor, maar hulle reageer op geen geluid nie.
Hulle is morsdood, want hulle haal nie eens asem nie.
18Mense wat sulke dooie gode maak om te aanbid is net so dood soos hulle handewerk.
Daardie mense beteken niks, want hulle vertrou op dooie goed.
19Kinders van die Here, kom prys Hom.
Mense in leiersposisies wat die Here dien, sĂȘ vir Hom dankie.
20Ook julle wat sorg dat alles in die kerk reg loop, kom prys Hom.
Almal wat die Here getrou dien en aanbid, kom sĂȘ vir Hom dankie.
21Ons wens dat die Here oral geprys word waar mense Hom aanbid, want Hy is oral.
Prys die Here!
Spreuke 15
Sagte woorde!
1ân Sagte antwoord laat die woede bedaar. Skerp woorde maak mense woedend.
2Gelowiges se woorde getuig van kennis. Dommes weet niks van die lewe nie. Hulle praat net onsin. 3Die Here weet wat mense doen. Hy sien al die goeie dinge en al die ongeregtighede raak.
4Iemand wat kalm oor probleme praat se woorde maak heel. Vlymskerp woorde kan mense breek.
5ân Dwase mens verwerp sy ouers se opvoeding. ân Slimme maak erns met dit wat hulle hom geleer het.
6ân Gelowige se rykdom is sy gesin. ân Slegte mens se skatte bring hom geen geluk nie.
7Na ân wyse man kan jy altyd luister. Sy woorde is vol lewenskennis. Dommes dink net aan slegte dinge.
8ân Slegte mens se godsdiens is oppervlakkig. Die Here haat sy skynheiligheid. ân Gelowige se gebed is vir die Here wonderlik.
9Die Here haat die ongelowiges se slegte dade. Hulle wat opreg leef, het Hy sommer baie lief.
10Wie die Here verlaat, voel sy straf. Wie teregwysing haat, is al klaar dood.
11Die Here ken die lewe na die dood baie goed. Hy weet wat in die doderyk gebeur. So ken Hy ook alles wat ons beplan. Niks is vir Hom weggesteek nie.
12ân Ongelowige hou niks daarvan dat ander hom op sy foute wys nie. Hy sal ook nooit die geselskap van gelowiges opsoek nie.
13Blydskap maak ons vrolik. Hartseer kan ons moed knak.
14ân Gelowige smag heeltyd na nog meer kennis en insig. ân Ongelowige is heeltemal tevrede met sy dwase woorde en gedagtes.
15As iemand altyd swartgallig is, is die lewe hel. Vir ân blymoedige gelowige is die lewe een groot fees.
Eenvoud!
16Dit is baie beter om die Here lief te hĂȘ en eenvoudig te lewe as om baie geld te besit, maar tog bekommerd oor jou geld en diep ongelukkig te wees.
17Liewer ân eenvoudige ete saam met mense wat mekaar liefhet as baie lekker kos waar mense mekaar haat.
18ân Slegte humeur maak ander gou kwaad. Geduld en sagmoedigheid maak mense rustig en kalm.
19ân Luiaard se lewe is sleg. Dit is soos ân pad vol spykers en gate. Maar ân gelowige se lewe is soos ân gelyk pad.
20ân Gelowige kind maak sy ouers baie bly. ân Kind wat die Here verwerp, maak hulle hartseer.
21ân Ongelowige se dwaasheid maak hom gelukkig. Hy weet in elk geval nie van beter nie. ân Gelowige weet hoe om gelukkig te leef.
22Sonder goeie beplanning loop alle planne skeef. Goeie raad verseker sukses.
23ân Goeie antwoord is waardevol. Dit kan iemand help om die regte besluite te neem. Wat is wonderliker as die regte woord op die regte tyd.
24ân Gelowige leefstyl bring baie geluk. Dit kan ons teen baie ellendes beskerm.
25Hoogmoediges wat op ander trap, word vernietig. Die Here sorg vir die armes en die swakkes.
26Die Here hou niks van die ongelowiges se slegte gedagtes nie. Maar Hy hou baie van gelowiges wat mooi praat met ander.
27Gulsigheid en geldgierigheid maak jou oneerlik. Dit vernietig jou gesin se lewe. Wie gelukkig is met wat hy het, probeer nie ander omkoop nie.
28ân Gelowige dink mooi voordat hy antwoord. ân Ongelowige sĂȘ sommer die eerste ding wat by hom opkom.
29Ongelowiges is ver van die Here af. Maar die Here luister na die gelowige se gebed.
30Vriendelikheid maak ân mens gelukkig. Goeie nuus is goed vir jou gesondheid.
31Wie na lewenswysheid luister, is deel van die gelowiges. Tussen die gelowiges sal hy altyd tuis voel.
32Wie wysheid verwerp, gooi sy geluk weg. Wie na goeie raad luister, verstaan die lewe soveel beter.
33Liefde vir die Here lei tot groter kennis van die lewe. ân Nederige manier van leef is belangriker as eer.