Elkeen Se Reis Is Uniek

"God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie." E3:20(DB)

Ek gaan eerlik wees in die begin was ek skrikkerig om te sê dat my huwelik weer uitmekaar geval het, na 'n herstelde huwelik. My grootste vrees was dat dit vrouens hier by die bediening sou ontmoedig.

Na die lees van Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 15 was ek net weereens herinner dat ons nie ons reis met enige ander een s'n moet vergelyk nie. 

Toe my huwelik herstel was het ek gesê dat ek my huwelik weer kan verloor, maar dat ek nooit ooit weer sonder die Here wil wees nie en ek het bedoel wat ek gesê het. So hier is ek met 'n huwelik wat weer uitmekaar geval het, maar ek is nog steeds saam met ons Liefling Here. So moenie dat my huwelik wat uitmekaar geval het jou ontmoedig of laat vrees dat jy deur dieselfde sal gaan nie. Laat die feit dat ek nog steeds saam met my Liefling Here is, jou eerder bemoedig, want dit is 'n reis wat ek vir niks sal opgee nie en my reis is nog nie klaar nie, so ek sien uit na die getuienisse wat my Liefling Here daaruit gaan bring.

Ons elkeen se reis is uniek en dit wat ons kosbare Liefling Here in ons lewens toelaat is vir 'n groter doel en vir Sy glorie. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om nie ontmoedig te word deur 'n ander een se reis nie, plaas net al jou fokus op ons Liefling Here en geniet jou reis saam met die Here. 

"Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit." R8:28(DB)

2 thoughts on “Elkeen Se Reis Is Uniek”

  1. Dankie Janine, ons elkeen se reis is uniek sodat ons elkeen ‘n unieke getuienis kan he. Ek kan ook vandag se ek het my Geliefde Here, Hy is al wat ek het, al wat ek nodig het om te oorleef en sonder Hom is ek niks.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui