Wat my Geliefde van my dink

Uittreksel uit Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 8 ”Na Wie Luister Jy?”

"Wat my vreedsaam gehou het toe daardie woorde na my geslinger was (en baie ander wat my suster se afsluiting vooruit gegaan het), was om te weet hoe my Here en Man oor my voel. So wanneer enige en alle groot situasies soos hierdie opkom, gaan ek na die tyd onmiddelik na Hom toe (soos wat ek gedoen het die eerste keer wat sy geskakel het) of selfs reg in die middel van die aanval, dan vind ek vrede. Die Here het my geleer om Hom te vra wat HY van my dink of hoe Hy oor my voel, wat ek gedoen het nadat sy neergesit het.

As jy nie op die plek is waar jy God kan hoor nie, hoor hoe die Here met jou praat nie, gaan dan na die Bybel toe en lees wat Hy van jou dink. Hou aan om te lees totdat jy die vrede vind wat alle verstand te bowe gaan. En terwyl jy soek, wees seker om Hom te vra, “is dit wat jy van my dink?” God sal die waarheid praat, maar dit sal jou besluit wees na wie jy sal luister!

Liewe vriendin, waarmee jy ookal sukkel (jou tekort aan diskresie, jou mond, jou emosies, of enige ander area waarmee jy te doen het), jou Bruidegom wil jou daarmee help. Hy wil nooit hê jy dat moet sukkel deur jou laste te dra wat jy opgetel het nie of beswaring wat iemand op jou afgelaai het nie. Instede, gee dit vir Hom om vir jou te dra. Dit sal jou arms wyd oop los om Hom te omhels met die waardering en liefde wat Hy verdien en hunker om van jou te ontvang!"

Ek het  uit die les van ”Na Wie Luister Jy?” geleer maak nie saak wat iemand vir my sê nie. Dit maak nie saak wat hulle van my dink nie. Wat my Geliefde HM van my dink is belangrik. En om alles vir my Geliefde Hemelse Man te gee wanneer iemand iets sê en om alles vir Ek wil net in die arms van my Geliefde Hemelse Man wees.

Ek deel 'n paar beloftes:

‭‭“Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes. JES 55:9 NLV‬‬

‭‭En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. FIL 4:7 NLV‬‬

‭‭Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. Mag die Here met julle almal wees. 2 TES 3:16 NLV‬‬

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Wat my Geliefde van my dink”

  1. Liewe Kristy, wat ons deur die loop van ons lewe van ander gehoor het, opinies of selfs beledigings, kan diep wonde los en so groot impak he op hoe ons oor onsself voel. Maar ons moet leer om te luister wat ons Hemelse Man van ons se, wat Hy van ons dink. Niemand anders se opinie maak eintlik regtig saak nie en dikwels word beledigings na ons geslinger uit ‘n seer hart.

    Vat alles wat na jou toe geslinger is na Hom toe en vra Hom of dit waar is of nie. As dit is, dan werk saam met Hom daaraan, as dit nie waar is nie, los dit daar en vergeet daarvan.

    ‘Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed. My skelet was nie vir U verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, toe ek kunstig geweef is in die dieptes van die aarde. U oë het my vormloosheid gesien. En in u •boekrol is hulle almal opgeteken – dae wat beplan is, toe nie een daar was nie. En vir my, hoe kosbaar is u gedagtes, o God – hoe oorweldigend is die volle getal daarvan! ‘

    Psalms 139:14-17
    https://my.bible.com/bible/3499/PSA.139.14-17

  2. Liewe Kristy, baie dankie vir hierdie lofverslag, ek voel sommer baie beter nadat ek dit gelees het. Dit is, dit maak nie saak wat mense doen of dink nie al wat saak maak is die Here en die liefde wat Hy vir my het. Ek is so dankbaar teenoor die Here vir al sy liefde en geduld teenoor my, en ek is so dankbaar dat Hy my laste vir my dra, ek is so dankbaar dat ek nie my seer alleen hoef te dra nie, ek kan dit net vir Hom gee. Ek het hierdie week, veral vandag besef dat ek my vrede net van die Here af kan kry, niks en niemand anderste nie! Ek sukkel met my emosies die week, en hierdie lof en kursus het my baie help, baie dankie!

  3. Ja kosbare Kristy, dit maak rêrig nie saak wat ander van ons dink of sê nie. Al wat saak maak is wat ons geliefde Hemelse Man van ons sê of dink.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui