WAAR IS JOU GELOOF

Junie

Ons kan so maklik ons hoop plaas in wat iemand vir ons gesĂȘ het. Ek onthou toe ek jonger was, was ek mal oor profetiese woord, maar deesdae wil ek eerder self by die Here hoor want my hoop en geloof is in Hom. En ja ek besef dis so maklik as iemand mens bemoedig om mens se hoop in hulle woorde te sit, maar ons hoop en geloof moet in God wees en niemand anders nie. Ja ek glo ook die Here stuur mense om ons te kom bemoedig maar die Here moet die heel eerste en ook die heel laaste sĂȘ in ons lewens hĂȘ.

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! R1513

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “WAAR IS JOU GELOOF”

  1. Dankie Janine, ja dit is snaaks hoe ons altyd iets van iemand wil hoor, profetiese woord. Amper soos om na ‘n palmleser toe te gaan of ons sterre vir die dag te lees, dit is so verkeerd en so werelds, want net ons Geliefde het die antwoorde wat ons nodig het. En ja partykeer bedoel mense goed met hul raad, maar hulle het nie die antwoorde wat ons regtig nodig het nie. Net die Here alleen weet wat Hy vir ons beplan en wat gaan gebeur, so net Hy kan ons die regte leiding en raad gee.

  2. Ek stem saam liefste Adina, net die Here het al die antwoorde wat ons nodig het, daar is so baie dinge in my lewe wat ek weet anders sou wees as ek net eers by die Here gaan hoor het, maar ek glo die Here sal dit ook ten goed gebruik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui