Voel Jou Kruis Te Swaar

Toe ek die les uit "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 7 gelees het, het ek geleer dat as ons kruis te swaar voel om te dra, dan is daar laste wat ons self daar gesit het, wow dit was so groot openbaring vir my, lees dit weer, LASTE WAT ONS SELF DAAR GESIT HET! Ek verstaan nou hoekom my kruis soms te swaar gevoel het om te dra en ek moet erken, ja dit was laste wat ek self daar gesit het in plaas van om dit alles net vir my Hemelse Man te gee.

Dit was vir my ongelooflik pynlik toe my aardse man en toe later my seun my jare gelede verwerp het en met hierdie les het ek geleer dat dit nie so hoef te wees nie en dat ons vir die Here moet sê dat Hy al is wat ons wil hê en al wat ons nodig het totdat ons dit in ons hart voel. En ek kan getuig dat die oomblik wat ons dit in ons hart voel, dan kan ons omstandighede ons nie sommer van stryk bring nie en dis lewensveranderend om op die Here verlief te raak.

Kosbare bruid voel jou kruis te swaar om te dra, maak seker dat jy nie self laste daarop gesit het nie!

Lees asseblief hierdie gedeelte wat oorvertaal is uit die Engelse boek:

"Restore Your Relationships" - Hoofstuk 7:

“MY WONDERLIKE BERADER”

Dit kan baie pynlik wees om deur jou man of seun of dogter verwerp te word, maar dit hoef nie te wees nie. Begin net om vir die Here te sê dat Hy al is wat jy wil hê en al wat jy nodig het totdat dit die manier is wat jy in jou hart voel. Ek belowe dat jy binnekort geen pyn meer sal voel nie, maar in plaas daarvan sal jou hart bars van vreugde oor jou nuutgevonde Liefde! As jy meer wil leer oor hierdie soort intimiteit met die Here, lees seker die twee Oorvloedige Lewe-boeke wat op ons webwerf beskikbaar is.

Verlig jou kruis geweldig deur enige “werke van die vlees” af te neem. Die vlees sal jou uitput en jou afbreek. Los al die probleme waarmee jy te kampe het, jaag die Here na en laat God jou verhouding herstel. Gebruik hierdie tyd om met 'n passie verlief te raak op die Here! As jou kruis te swaar voel om te dra, is daar laste op jou kruis wat jy daar gesit het. Hy lieg nie en Hy het belowe dat Hy ons nie meer sal gee as wat ons kan verdra nie! “Neem my juk op julle en leer van My; want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siel. Want my juk is sag , en my las is lig ” (Matt. 11:29–30).

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Voel Jou Kruis Te Swaar”

  1. Janine, baie dankie vir hierdie boodskap vanoggend. Net gister aand toe vra ek vir ons Hemelse Vader hierdie vraag, en hier is my antwoord! Prys die Here!  Hierdie is my vers vir vandag wat ek saam my neem: “Neem my juk op julle en leer van My; want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siel. Want my juk is sag , en my las is lig ” (Matt. 11:29–30).

  2. Dankie liefste Janine ja hier waar ek voel ek is so diep in die rooisee maar ek weet die Here sal my uit die rooisee haal want ek het als vir hom gegee en Hy is my Geliefde Hemelste Man en my raadgewer en als wat ek nodig het.

    1. Kosbare Kristy, ek glo met my hele hart dat ons dierbare Here vir jou gaan deur kom! Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog ‘n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie. J64:4 https://www.bible.com/af/bible/6/ISA.64.4.AFR83
      Luister asb na hierdie beloftes geneem uit die krisishoekie – https://uiteindelikhoop.com/krisis-hoekie/
      https://uiteindelikhoop.com/wp-content/uploads/2020/01/Beloftes-om-te-kalmeer-in-n-krisis.mp3

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui