Ek Het Nie Geweet Wat Om Te Doen Nie

Toe ek weer die bladsy op Uiteindelik Hoop - Hunker jy na daardie “vrede” van God wat ALLE verstand te bowe gaan, gelees het, het dit my laat dink aan toe my aardse man my gelos het vir 'n ander vrou en ek rerig nie geweet het wat om te doen nie. Ek was desperaat, kwaad, depressief, alles ineen. Ek het gedink al wat ek nodig het om beter te voel was dat my aardse man terugkom, maar dit was nie eintlik wat ek nodig gehad het nie, ek het die Here nodig gehad en vandag het ek Hom en ja Hy is die Een wat die koers van my lewe verander en ek wil hê elke stukkende verlate vrou moet die Een vind wat alles kan verander, wat jou huwelik wil en kan red en nog voor dit, vir jou die vrede gee wat alles verstand te bowe gaan!

Lees asseblief die volgende gedeelte aangehaal uit Uiteindelik Hoop:

Meeste van julle op wie gekul is of verlate is, gaan alleen deur hierdie krisis en is bang, en weet nie wat om te doen nie. Wat jy regtig nodig het is Iemand wat weet wat die toekoms inhou en die koers van jou lewe kan verander—en Wie jou NOOIT sal los of versaak nie—NOOIT, NOOIT!

EN Hy sal jou nie net verander EN troos nie, Hy kan eintlik die hart van jou eggenoot draai of jou ouer kinders of enigiemand anders wat betrokke is. Hy belowe om jou te troos wanneer daar niemand om jou is nie, niemand wat verstaan, en Hy sal jou neem en jou onder sy vlerke laat skuil. Hy sal jou vul met die liefde wat jy net kan droom bestaan, wat (met tyd) is wat jy sal gebruik om vir jou eggenoot lief te wees. Hy kan ook jou gebroke liggaam genees en jou finansies seën. God is in staat om die onmoontlike in ALLES te doen, solank ons hom ons harte gee en Hom eenvoudig vra om hulp.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Ek Het Nie Geweet Wat Om Te Doen Nie”

  1. Ja liefste Janine Hy help ons met als en sal ons vul met die liefde en seeninge wat van Hom alleen af kom. so lank wat ons ons harte vir hom gee en als vir hom gee.

  2. Dis so waar liefste Janine! In die tye wanneer ons so hopeloos voel moet ons besef dat nèt Hy daar is vir jou, niemand anders nie. Hy wag geduldig vir òns om net alles oor te gee aan Hom! Dis òns wat in ons eie pad staan van die seëninge wat Hy so graag vernièt vir ons wil gee! Al wat ons moet doen is om net ons harte op Hom alleen te rug en Hom net te vrà om ons te help om daardeur te kom want ons kàn dit nie uit ons eie uit doen nie! Glo my, ek het alleen probeer en het gefaal!

    1. Ja kosbare Betty, as ek terugkyk op my eie lewe, was ek die een wat in my eie pad gestaan het. Ek het ook gefaal om dit alleen te probeer, maar eks so dankbaar dat ons kosbare Here nooit ooit opgee met ons nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui