VIND DIE OORVLOEDIGE LEWE – HOOFSTUK 8

Uittreksels uit Vind die Oorvloedige Lewe

Hoofstuk 8 ”Na Wie Luister Jy?"

Ek het voorheen gevoel ek is dit aan my probleem of vyand “verskuldig” om oor die probleem na te dink en darem bietjie daardeur te ly voordat ek dit laat gaan het! Watse nonsens. Nou, omdat ek Sy bruid is, hou ek alle probleme so ver weg van my hart en emosies af as wat ek in staat is om te doen soos die Here my help. Wanneer beledigings of aanvalle na my geslinger word, verwyder ek myself emosioneel en kruip agter my Beminde en Sy Liefde weg. So as jy huidiglik ‘n emosionele aanval ervaar, hou op om te luister (en ook om dit oor en oor in jou kop te herhaal) na wat hy of sy sê en skakel in by wat die Here vir jou sê.

As jy nie op die plek is waar jy God kan hoor nie, hoor hoe die Here met jou praat nie, gaan dan na die Bybel toe en lees wat Hy van jou dink. Hou aan om te lees totdat jy die vrede vind wat alle verstand te bowe gaan. En terwyl jy soek, wees seker om Hom te vra, “is dit wat jy van my dink?” God sal die waarheid praat, maar dit sal jou besluit wees na wie jy sal luister!

Ek het altyd gesukkel om dinge nie te oordink nie en my oordinkery oor elke liewe probleem of bekommernis, was die vyand se manier om my te laat ly en dit was beslis ly, want dit was so ongelooflik uitputtend. Vandag weet ek die enigste genesing teenoor beledigings of aanvalle is beslis om agter my Beminde en Sy liefde weg te kruip, "Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser." P91:4 En hier kan ek getuig dat dit werklik so genesend is om aan te hou die Bybel te lees, totdat ‘n mense vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan, want “die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” H4:12

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui