VIND DIE OORVLOEDIGE LEWE – HOOFSTUK 7

Uittreksels uit Vind die Oorvloedige Lewe

Hoofstuk 7 ”Hunker na Wie?”

Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees, en wil Hy hom oor julle ontferm: Die HERE is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou —Jesaja 30:18

Ons vrouens, selfs al is ons volwasse en nie meer kinders nie, glo in sprokies-verhaal romanse. Ons lees die stories as klein dogtertjies en later as jong vrouens in romantiese verhale. Ons kyk na paartjies wat voorgee in flieks en op televisie en sing saam met liedjies oor liefde. Maar hierdie soort romanse bestaan nie, niks meer as die stories van Sneeuwitjie of Aspoestertjie bestaan nie.
God het elke vrou ontwerp om te smag na die soort liefde waaroor ons lees as klein dogtertjies—maar dit kan NOOIT met menslike liefde bevredig word nie. Die soort liefde wat ons nodig het kan net bevredig word met Sy liefde, die agape en onvoorwaardelike liefde wat Hy aan ons bewys het by Golgota. Niks anders sal ons bevredig nie, nog minder ons harte laat sweef.

Nadat ek hierdie les gedoen het, het dit my laat terug dink dat ek altyd gesê het dat ek in sprokiesverhale glo, maar vandag besef ek hoe verkeerd dit was. Ek het my aardse man in matriek ontmoet en dit was na hom wat ek gesmag en gehunker het, want ek wou ‘n sprokiesverhaal hê, in plaas van na die Here na smag en hunker. Vandag hunker ek na my Hemelse Man en dis net Sy liefde wat my die werklike vervulling kon gee, dis net Hy wat my met die vrede en vreugde kon vervul wat alle verstand te bowe gaan. Die skrywer noem dat net soos wat mans nie ons behoeftes as vrouens kan bevredig nie, so ook kan ons as vrouens nooit ‘n man se behoeftes bevredig nie, net die Here kan dit doen en ek glo met my hele hart dat as man en vrou die Here eerste plaas en na Hom kyk om ons behoeftes te bevredig, dit ‘n resep is vir ‘n huwelik wat op die Rots gebou is.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui