VIND DIE OORVLOEDIGE LEWE – DIE LIEFDE VAN MY LEWE

Uittreksels uit Vind die Oorvloedige Lewe - Hoofstuk 3.

Die Here wys vir my dat getroud of nie, ELKE vrou moet smag en hunker na Hom.  Dit is die boodskap wat ek aanhoudend deel met my dogters en die jong vrouens aan wie ek in my kerk bediening gee.  Ek hoop om die saad te plant en die begeerte aan te wakker om nou hierdie baie spesiale en lewenslange intimiteit met die Here te verkry sodat hulle nie hul oë en harte na hulle mans sal draai nie (om hulle behoeftes en begeertes te vervul), maar om elke “geheim van hulle harte” met die Here te deel, nie net nou nie, maar vir altyd.

Wanneer hulle getrou aan die Here is en aanhou om net agter Hom aan te hardloop, sal hulle straal met die glans van ‘n nuwe bruid solank as wat hul getroud is! En solank as wat hulle die Here agternasit, en nie hulle mans nie, sal hulle mans hulle agternasit (maar hulle nooit verbysteek nie) omdat hulle harte gevestig sal wees op Jesus! En as hulle hul harte na hulle mans toe draai, sal hulle mans verseker hul harte wegdraai om ander dinge na te jaag (die wêreld, ‘n AV, stokperdjies, buite vriendskappe of werk).  

Dit is my boodskap aan alle vrouens, jonk en oud, en die boodskap wat ek die res van my lewe sal deel met almal wat sal luister!  My God sal in al julle behoeftes voorsien!  En een van ons grootste behoeftes as ‘n vrou is om intimiteit te hê met iemand wie ons onselfsugtig sal liefhê en daardie persoon is Jesus, ons Hemelse Man.

Ek glo ook as ons kosbare Beminde weet dat Hy ons harte het, Hy met genoeë sal begin om die harte van ons mans terug te draai na ons toe en hulle sal warm op ons spoor wees!  Ek het dit in my eie lewe gesien gebeur, asook in die lewens van die dames in ons kerk wat hierdie kragtige konsep begin verstaan en uitleef!

Liefste kosbare bruid, die Here wil vir elkeen van ons daai oorvloedige lewe gee. Kry by Hom jou vrede, vreugde en liefde wat alle verstand te bowe gaan.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “VIND DIE OORVLOEDIGE LEWE – DIE LIEFDE VAN MY LEWE”

  1. beste Janine,

    bedankt voor het delen van dit hoofdstuk. Het is een geweldig hoofdstuk. Nadat ik hier bij de Ministrie kwam en ontdekte dat de leegte die ik altijd voelde en het ongelukkige gevoel kwam van het feit dat ik HEM miste in mijn leven was ik zo gelukkig. Blij dat ik eindelijk had gevonden wat echt de leegte kon vullen. Jezus, mijn Hemelse Man💞 is alles voor mij, zonder Hem kan en wil ik niet meer leven🥳.

    Liewe Janine,

    Dankie vir die deel van hierdie hoofstuk. Dit is ‘n wonderlike hoofstuk. Nadat ek hier by die Ministerie gekom het en ontdek het dat die leegheid wat ek altyd gevoel het en die ongelukkige gevoel gekom het uit die mis HOM in my lewe, was ek so gelukkig. Bly ek het uiteindelik gevind wat werklik die leemte kon vul. Jesus, my Hemelse Man 💞 is alles vir my, sonder Hom kan en wil ek nie meer lewe nie🥳.

    1. Jy dit so pragtig gestel kosbare Kristine, ja die ongelukkige gevoel is oor die gemis van Hom, want ons daai vrede en vreugde kan gee wat ons nodig het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui