Luister asseblief waar ek gesels met 'n baie spesiale gas, Adina Jacobs van Suid-Afrika, van Love At Last.
Dit wat sy hier noem het sy oor gepraat op ons Wyse Vrou Byeenkoms, wat gehou was in Februarie in die Kaap. Dit het my so geraak en my ongelooflik gehelp met vergifinis en ek glo dit sal ander bruide ook kan help.
Dit was so lekker om na julle twee te luister. Dankie Adina dat jy met ons gedeel het oor vergifnis. Laasjaar toe my Hemelse Man vir my die belofte gee dat Sy genade vir my genoeg is, het ek dit die hele jaar saam met my gedra dat Sy genade vir my genoeg is, maar die jaar, elke keer as ek met Hom praat oor Sy genade, het Hy my herinner dat Sy genade genoeg is vir die wat my te na kom ook. Dat ek nie op Sy genade kan staan as ek dit nie vir ander gun nie, maar Hy het my toegelaat om ‘n jaar lank net op Sy genade te leun voor Hy my vertel het dat ek Sy genade vir ander ook moet gun. Ek sou nie ‘n jaar terug reg gewees het om dit by Hom te hoor nie, maar Hy weet nou ek is gereed. Ons hoef dit nooit op ons eie krag te doen nie.
Is dit nie wonderlik liefste Yvonne, dat ons dit nie op ons eie hoef te doen nie, want ek het dit glad nie op my eie reg gekry nie, ek wou dit doen het en het oor en oor probeer totdat ek maar net opgegee het, maar die probleem is dan dra ons bitterheid rond, maar dis so fantasties hoe my Hemelse Man my nie net gelos het nie en my geleer het dat ek dit nie op my eie hoef te doen nie. En is dit nie wonderlik dat die Here presies weet wanneer ons reg is om dit te doen nie.