Herstel jou Huwelik – Hoofstuk 3 vervolg…

Oormeester Die wind het gaan lĂȘ. “Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lĂȘ.” Matt. 14:32. Jou stryd sal nie vir ewig aanhou nie. Hierdie toets was nodig om Petrus sterk genoeg te maak sodat hy die “Rots” genoem kon word, waarvan Jesus gepraat het (sien Matt. 16:18). Satan (en ander wat vir hom werk) sal vir jou probeer vertel dat jy vir ewig in hierdie situasie sal bly lewe, totdat jy omdraai en wegloop, moed opgee of ophou glo in God se Woord.
Vir my het dit gevoel of my seer nooit ooit weer verby sal gaan nie, maar dit het, net soos wat elke bruid se seer verby sal gaan.

Tree op met geloof. “En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sĂȘ vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sĂȘ: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Matt. 17:20).
Hou vas aan die feit dat NIKS ONMOONTLIK VIR DIE HERE IS NIE.

Dubbel-hartigheid of Onsekerheid. Jy moet nie ‘n dubbel-hartige mens wees nie. Jou verstand moet nie in God twyfel nie.
Dit kom weer daarop neer dat niks by God onmoontlik is nie, baie van ons was self in daai baie seer en daarom het ons die vrymoedigheid om met sekerheid vir elke vrou te sĂȘ dat God weet wat Hy doen en dat Hy alles onder beheer het.

Indien jy ‘n probleem ondervind met dubbel-hartigheid, moet jy God se Woord lees en op God se Woord mediteer, want dit is die enigste waarheid!
Hierdie het my so baie gehelp, want God se Woord is vol waarhede en ek het gereeld op God se Woord gemediteer en doen nog steeds, want God se woord is kragtig, lewendig en skermper as enige tweesnyende swaard.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Herstel jou Huwelik – Hoofstuk 3 vervolg…”

  1. Ek het hierdie vir die tweede keer gelees vandag, en het regtig nodig gehad om dit te hoor. Ek moes vandag hoor dat my styd nie vir ewig sou aanhou nie, en dat hier toets nodig is om jou sterkte te maak. Moet nie moed verloor nie, God het alles onder beheer. Dankie Janine 💜

    1. Liefste Meagan, die Here het beslis alles onder beheer en jou stryd sal verseker nie vir ewig aanhou nie, fokus net op Hom.

  2. Dankie liefste Janine, ja die pyn hou nie verewig aan nie, ek weet in die middel van die storm voel dit asof dit nooit sal weggaan nie en dit is so erg dat jy dink dit is dalk beter om dood te wees. Ek onthou ek het eenkeer op die internet gesoek of “mens kan doodgaan van hartseer” so erg was dit. MAAR dit gaan verby en sodra jy jou Hemelse Man ontdek voel dit asof jy die heeltyd sweef op Sy onvoorwaardelike liefde wat alles genees.

    1. Liefste Adina en ons sou nie in daardie tyd kon dink dat dit verby gaan nie, maar omdat ons self daar was, kan ons nou vir ander vrouens vertel dat die seer wel verby gaan en dat selfs daai ongelooflike seer ‘n doel gaan hĂȘ dat as mens jou Hemelse Man ontdek voel dit werklik of mens sweef op Sy liefde.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui