VAN SEER TOT GETUIENIS

Gister terwyl ek met ‘n vriendin van my praat oor haar hart wat seer is as gevolg van owerspel in haar verhouding, het ek vir haar gesê dat God eendag haar seer sal verander in hulp vir iemand anders, net soos wat Hy met my gedoen het. En nee daai tyd toe ek net deur die seer gegaan het, het ek nie gedink dit is moontlik nie, maar vandag is my seerkry ‘n getuienis.

GOD SAL OOK JOU SEER OMSIT IN ‘N GETUIENIS OM IEMAND ANDERS EENDAG TE HELP.

PSALMS 126:5-6 AFR83
Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.

Op die regte tyd sal jy die oes met gejuig inbring.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “VAN SEER TOT GETUIENIS”

  1. Ja dit is waar Janine, terwyl jy deur die seer gaan kan jy nie dink hoekom nie, waarom jy? Maar vandag kan ek en jy uit ons seer ander help, want daar is hoop, daar is genesing, en wie beter om dit vir ander te gee as iemand wat selfs deur die pyn is, aan Hom vasgegryp het en vandag ons getuieninsse kan deel om ander te help! Ons weet nooit wie deur ons getuieninsse aangeraak gaan word nie, antwoorde kry uit ons getuienisse of hoop kry uit ons getuienisse nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui