Uit my Finansiële Krisis

Aangehaal uit Kursus 1, DAG 19 Hoofstuk 15 “Vensters van die Hemel Oopmaak”

Is jy in `n finansiële krisis?

Volg jy die beginsels vir finansële sekuriteit wat in God is? Die Skrifte onderrig ons dat ons moet tiendes gee om “met baie gevul te word” en “oorvloei” (Spr. 3:9–10). Ons word ook aangemoedig om te “saai” as ons wil maai. (Gal. 6:7, 2 Kor. 9:6). Saai jy en gee jy getrou jou tiende? Neem die tyd en lees hierdie Skrifte oor en oor, bid dan dat God jou sal wys hoe Hy jou wil verander in hoe jy op Hom vertrou terwyl hy Sy opdrag aan alle gelowiges vervul en dit is deur ‘n gedeelte aan Hom terug te gee.

Sal jy God of mammon (geld) dien?

Te veel van ons skram weg van die lering om te gee as gevolg van die mishandeling en hulle wil nie “geldsoekers” genoem word nie, maar dit elimineer nie die waarheid van die boodskap nie. Soek self vir die waarheid. Toets God om te sien of Hy getrou is aan Sy belofte. Gee eerste aan God, bring jou tiende na die skatkamer (waar jy geestelike gevoed word), en kyk of jou lewe verander en dat jy in alle areas van jou lewe geseën word.

God is die een wat vir ons bediening en familie voorsien. Ons saai in die lewens van hulle wie se harte gebroke is en gee aanhoudende ondersteuning deur ons bediening, maar dit is God wat vermeerder. Ons kyk na niemand om in ons behoeftes te voorsien nie, maar slegs na God.

~~~~~~~~

Luister asseblief hoe ek 'n paar goed deel hoe die Here voorsien het en ek noem net 'n paar, want as ek alles moet noem, gaan julle die hele dag na my luister.

“Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie’” M3:10

En ek kan getuig, jy kan die Here vertrou, Hy is betroubaar!!!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Uit my Finansiële Krisis”

  1. Hello Janine ek stem 100% met jou saam. In my eie lewe kan ek daagkiks die seeninge sien van my betroubaarheid om my tiende te betaal.

    1. Ja kosbare Denise, die Here se voorsiening is net WOW en al wat ons moet doen is om ons wonderlike Here te vertrou, en dit behoort in elk geval alles aan die Here.

  2. Vandat ek my tiende betaal – het my lewe verander en ek kan regtig sien dat ek geseën word in so baie areas van my lewe. Die Here is so wonderlik! ❤️

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Mila, dis presies hoe ek ook voel en die Here is werklik baie wonderlik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui