Sy Opsies Is Baie Meer

♕Belofte van vandag: "My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes." Jesaja 55:8-9

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Hierdie is 'n lofverslag en 'n getuienis in een. Net om ons te wys dat Sy gedagtes nie ons gedagtes is nie. Ons Hemelse Man kan soveel meer doen as wat ons ooit kan dink.

My vriendin, Janine, het haar voet seergemaak en toe sy dokter toe gaan en die dokter die nodige x-strale en so aan neem, toe sien hulle dat sy haar ligmente geskeur het. Die chirug sê toe vir haar dat sy moet gaan vir 'n operasie, maar dat hulle teaterlys vol is en verwys haar na iemand anders toe.

Toe ek en sy gesels en sy my laat weet dat sy vir 'n operasie moet gaan, toe sê ek: "Wel, of die Here gaan 'n wonderwerk laat gebeur, of Hy gaan die hersteltyd na die operasie vir goed gebruik."

Ek vat haar toe na haar afspraak toe die dag en terwyl ons daar sit maak ons planne vir die tyd wat sy gaan af wees na die operasie.

Toe dit tyd is om die dokter te sien, vra sy dat ek saam met haar moet ingaan en na die dokter na haar voet gekyk het en die verslae gelees het sê hy: "Wel, ek dink nie ons moet so vinnig inspring en net opereer nie. Kom ons gee die voet kans om gesond te word, want ek dink hy gaan mooi op sy eie gesond raak sonder dat ons drasties raak."

Wow, my mond het amper op die grond gehang en net daar in die dokter se spreekkamer, sê my Hemelse Man vir my: "Sien jy? Ek het nooit net twee opsies tot my beskikking nie. My opsies is baie meer as wat jy ooit kan droom of dink."

Is dit nie wonderlik nie? My vriendin hoef nie vir die groot operasie te gaan nie, maar die Here het ook nie gekies om haar onmiddelik te genees nie. Hy het Sy planne en al wat ons moet doen is net rustig raak en op Hom alleen vertrou.

My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. Jesaja 55:8-9

Soveel keer gee ons die Here opsies om van te kies, wanneer Hy eintlik soveel meer vir ons beplan as wat ons kan droom of dink.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!