Sit Neer Jou Selfoon

Ek moet erken, ons het die baie slegte gewoonte gehad om nie almal dieselfde tyd te eet nie en vandat ek saam met my ouers ingetrek het, eet ons aan tafel en niemand mag op 'n foon besig wees nie en ek kan getuig dat dit so groot verskil gemaak het, want die tyd wat ons nou hande vat en bid en die tyd wat ons so saam spandeer is ongelooflik kosbaar.

Ek sal nooit vergeet toe my aardse man my jare gelede gelos het en ek so obsessie ontwikkel het om hom kort kort te bel, dit was ongelooflik uitputtend, want dit het hom net kwaad gemaak en ek het gesukkel om op te hou. Toe kom whatsapp uit en toe word dit 'n obsessie om te kyk of hy "online" is, weereens ongelooflik uitputtend. Ek het vasgevang geraak in daardie ongelooflike slegte obsessie, wat later toe 'n verslawing geraak het, maar ons dierbare Here se genade is so groot en Hy het my nie net so gelos nie. So kosbare bruid as jy dit nou dalk doen, stop dit onmiddelik, soek eerder jou vrede in God se woord.

Kosbare geliefde bruid met hierdie pragtige oggendtoewyding wil ek almal net herinner dat ons selfone nie ons bron van krag en insig kan wees nie. Ons kannie onsself op die gemorskos van hierdie wêreld voed nie. Hoeveel tyd mors ons net nie op 'n foon nie, in plaas van om daardie tyd in die Woord van God te spandeer...

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie. K3:2

En terwyl ons nou gesels oor selfone lees asseblief: Kursus 2, Dag 1 Verseker Jou Sukses 1: “Telefone, SMS en Stempos”

Desember

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Sit Neer Jou Selfoon”

  1. Dankie Janine, om aan tafel te eet is baie kosbaar en iets wat vir aandete die reel is in my huis, ek en die kinders eet aan tafel. En selfone kan so maklik ‘n opsessie word, voor ek op my reis begin het, het ek presies die selfde gedoen en dit laat my nou dink aan die les: https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/fda/h9/, Hoofstuk 9 “Spioenasie en Agtervolging”

    1. Ons het dit ook nou ‘n reël gemaak kosbare Adina en dis nou my lekkerste tyd om vir ons gesin te bid. En dankie dat jy die les met ons deel.

  2. Ja liefste Janine ons besef nie hou fone en goed ons lewe in n negative manier beinvloed het. ek kan ook nie wag om n eetkamer te kan he waar ons om tafel kan sit soos wat ons geleer was toe ons klein was.

    1. Ja kosbare Kristy en as ons net die woord van God orals saam ons dra, soos ons, ons fone saamdra. Ek glo dat jou Hemelse Man vir jou ook ‘n tafel gaan gee waar julle so saam kan sit en eet kosbare Kristy.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui