1 ||2 ||3 | 4 ||5 | 6 | 7

8 |  9  |10 ||11 |12 |13

14  |15 | 16 |17 |18 |19

20 |21 |22 | 23 | 24 |25

26  |27 |28 |29 | 30 |31

1 Desember

“Ek slaan my oĂ« op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?” (Ps. 121:1).

Beminde, waar soek jy om hulp? Draai jy nog steeds na ‘n vriendin om te help? As jou oĂ« enige ander plek as op kyk, mis jy die hulp wat jou werklik kan verander. Die Psalmdigter sĂȘ dat hy net sal opkyk, want sy redding kom van die Here, wat die hemel en aarde gemaak het. Waar anders sou ware hulp vandaan gekom het as hy dit nie van die Here sy God gekry het nie?

Beminde, waar gaan jou hulp vandag vandaan kom? Sal dit kom van ‘n vriendin na wie toe jy gegaan het vir aanmoediging? Sal dit kom van familie wat jou sal help met jou finansies? Sal dit die persoon by die werk wees, wie alles gehoor wat gebeur het en wat swaar op jou hart is? Beminde, lig jou oĂ« op na die berge—van daar alleen sal jou hulp kom!


🎈1 Desember

“Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?” (Ps. 121:1).

Geliefde kind, waar soek jy hulp? Soek jy nog 'n vriendin om te help? As jou oĂ« ĂȘrens anders as opkyk, mis jy die hulp wat jou werklik kan red. Hierdie Psalmdigter sĂȘ dat hy net sal opkyk omdat sy hulp van God alleen kom, die Een wat hemel en aarde gemaak het. Waar anders sou ware hulp vandaan kom as nie van Hom nie?

Geliefde kind, waar gaan jou hulp vandag vandaan kom? Wie belowe om altyd daar te wees vir jou? Geliefde kind, slaan jou oĂ« op na die berge — van daar alleen is Hy wat op pad is om te help!

2 Desember

“My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het” (Ps. 121:2). 

Beminde, jou God is die God van die hele heelal! Die Skepper van hemel en aarde!  Is daar enigiets te groot vir Hom om te doen? Nee! Moenie langer in onkunde lewe nie. Jou hulp sal van die Here kom, wat die hemel en die aarde gemaak het! Vir ons om te smag vir hulp van enigiemand anders is dwaas!

Beminde, knies jy wanneer jy nie jou vriendin per telefoon kan bereik nie? Of wanneer jy nie ‘n antwoord op ‘n epos kry wat jy ‘n paar dae terug gestuur het nie? O, Beminde, al jou hulp is in die Here! En sodra jou hart op hierdie hoop gevestig is, sal jou lewe nie meer dieselfde wees nie! Nie meer sal jou dae op die wipwaentjie van jou emosies gelewe word nie, want ons God is die Rots! Hy sal jou uit die slymerige modder red en jou op ‘n rots laat staan en weer op vaste grond laat loop. En Hy sal ‘n nuwe lied in jou mond lĂȘ, ja, ‘n loflied vir ons God. Baie, baie sal dit sien en die Here aanbid—halleluja!


🎈2 Desember

“My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.” (Ps. 121:2). 

Geliefde kind, jou God is die God van die hele heelal! Die Skepper van hemel en aarde! Is daar iets te groot vir Hom om te doen? Niks nie! Jou hulp sal altyd van die Here kom, wat die hemel en die aarde gemaak het! Vir ons om te soek of te smag na hulp van iemand anders is dwaasheid!

Geliefde kind, raak jy paniekerig wanneer jy nie jou vriendin per telefoon kan bereik nie? O, geliefde kind, al jou hulp is in die Here! En as jou hart eers op hierdie hoop gevestig is, dan sal jou lewe nie meer dieselfde wees nie! Jou dae sal nie meer op die wipwaentjie van jou emosies geleef word nie, want jou God is die Rots!

3 Desember

“Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie” (Ps. 121:3). 

Beminde, die Here sal daar wees vir jou. Hy sal nie toelaat dat jy struikel wanneer jou vertroue in Hom is nie. Wanneer jy diĂ© sien wat aan jou regter- en linkerkant val, sal dit jou nie oorkom wanneer jou hoop in Hom is nie. Dit is ons hoop—dat Hy ons in die skadu van Sy vleuels sal hou wanneer ons Sy naam aanroep!

Beminde, as die Here stil is, is dit nie omdat Hy onbewus is of slaap nie. Dit is God se manier om toe te laat dat dinge ‘n klimaks bereik sodat boosheid vernietig kan word. Ons, wie Sy kinders en die skape van Sy weiveld is, moet naby aan Hom bly wanneer daar onrus is en ons  moet dan wag totdat Hy die boosheid wat ons omring, vernietig. En terwyl ons wag, is ons verheug en ons rus. Ons is soos klein kinders wat soveel geloof het dat hulle binne kan speel sonder ‘n bekommernis in die wĂȘreld, terwyl die storm buite woed. Dit is geloof in aksie  Dit is die uitkoms van die hart wat veilig op Hom vertrou!


🎈3 Desember

“Hy laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie” (Ps. 121:3). 

Geliefde kind, die Here belowe om daar te wees vir jou - om nooit Sy oë van jou af te neem nie, nie vir 'n sekonde nie - nie eers om te slaap nie! Hy belowe Hy sal nooit toelaat dat jou voet gly wanneer jou vertroue in Hom is nie.

Geliefde kind, as jy diegene sien wat regs en links van jou val, belowe Hy ook dat so iets nie met jou sal gebeur as jou hoop op Hom is nie. Dit is ons hoop – dat Hy ons onder die skadu van Sy vleuels sal hou wanneer ons Sy Naam uitroep!

4 Desember

“Werklik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie” (Ps. 121:4).

Beminde, Hy wat jou beskerm, sluimer of slaap nie. Hy is daar om voorbidding te maak vir jou omdat Hy ‘n man van droefheid was wat smart geken het. Hy sal oor jou uitgaan en inkom waak. Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie. 

Beminde, omdat jy die naam van die Here aangeroep het, omdat jy Hom met jou hele hart, siel, gedagtes en jou krag gesoek het, sal Hy jou antwoord en jou siel uit die put van verwoesting en wanhoop verlos. Rus in Hom; wag geduldig vir Hom. Beminde, ek weet ek sou moedeloos geword het as ek nie waarlik geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie. Beminde, wag vir die Here, wees sterk en wees dapper—ja, wag vir die Here!!


🎈4 Desember

“Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie” (Ps. 121:4).

Geliefde kind, die Een wat oor Israel waak, rus of slaap nooit nie. Hy is wawyd wakker en waak oor jou. Hy belowe om jou uit- en ingaan te bewaak. Hy het selfs Sy engele gestuur om jou te omsingel, om jou in hul arms te dra, sodat jy nie eers jou voet teen 'n klip stamp nie.

Geliefde kind, jy het die Naam van die Here aangeroep omdat jy Hom liefhet met jou hele hart, jou siel, jou verstand en jou krag. Rus in Hom; wag geduldig vir Hom. Geliefde kind, ek weet dat ek gebroke van hart sou gewees het as ek nie werklik geglo het dat ek die goedheid van die Here in die land van die lewendes sou sien nie. O, geliefde kind, wag op die Here, wees sterk, en laat jou hart moed skep — ja, wag op die Here!!

5 Desember

“Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.” (Ps. 121:5).

Beminde, die Here sal jou beskerm. Hy is jou Herder; daarom, sal Hy jou lei en omring met ‘n skild van beskerming. Hoekom vrees jy?  Jy is deur die Here se guns omring. Hy is verheug oor jou! Jy word by Sy naam geroep!  SĂȘ vir Hom dat Hy goed is. SĂȘ vir Hom dat Hy vol goedertierenheid is, dan sal jy begin om die goedheid en goedertierenheid van die Here te ervaar!

Beminde, die Here is die skaduwee wat jou aan jou regterkant beskerm. Hy is die stem wat jy agter jou hoor sĂȘ, “Hier is die pad, loop hierlangs” wanneer jy na regs of links draai. So waarom gaan julle voort om te vrees, julle kleingelowiges? Onthou, wanneer jy ‘n tekort aan geloof het, verander dit die geestelike toestande wat wonderwerke aantrek. Vrees staan geloof teen. So vandag, bou jouself op in jou geloof. Onthou en oordink alles wat hy gedoen het.  Skryf dit neer en lees dit elke dag. Beminde, die Here is goed en waardig om geloof te word—halleluja!!


🎈5 Desember

“Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand” (Ps. 121:5).

Geliefde kind, die Here is ook jou Beskermer. Hy is jou Herder om jou te lei en jou met beskerming te omring en jou te skadu van alles wat sleg is. Moet nooit bang wees nie. Jy is omring deur die Here se guns. Hy verlustig Hom in jou! Jy word op Sy Naam geroep! SĂȘ vir Hom dat Hy goed en vol liefde en vriendelikheid is sodat jy al die goedheid wat die Here vir jou het, sal ervaar.

Geliefde kind, die Here is die skaduwee wat jou beskerm en die stem wat jy agter jou hoor sĂȘ: “Dit is die pad. Loop hierdie kant toe” elke keer as jy na regs of na links draai. Onthou om op alles wat Hy gedoen het te mediteer en op te sĂȘ. Maak aantekeninge en lees elke dag jou steeds groeiende lys. Geliefde kind, die Here is goed!!

6 Desember

“Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie” (Ps. 121:6).

Beminde, die son sal jou nie gedurende die dag steek nie, snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. Lig en donkerte is dieselfde vir God. Waarheen kan jy gaan vanaf die Gees van God? Of waar kan jy moontlik van Sy teenwoordigheid wegkruip? Die nag is so helder soos die dag vir die Here;  daarom, moet nie bang wees wanneer die donkerte jou omring nie. Die Here het jou kop in die dag van oorlog bedek.

Beminde, toe jy die Here aangeroep het met ‘n harde stem, het Hy jou gehoor. Stort jou hart uit vir die Here.  Vertel vir Hom dat Hy alleenlik jou toevlug, vesting en jou bevryder is. Want in Sy getrouheid sal jy gou sing van vreugde oor Sy redding. So hoekom wag? Begin om Hom nou te loof vir Sy getrouheid, vir Sy goedheid en sĂȘ nou vir Hom hoeveel jy Hom liefhet—dat Hy alles is wat jy wil hĂȘ en alles is wat jy nodig het.


🎈6 Desember

“Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.” (Ps. 121:6).

Geliefde kind, die helder lig van die son en die dowwe lig van die maan sal jou nooit skade doen nie. Lig en duisternis is vir God dieselfde. Waarheen kan jy gaan? Waar kan jy moontlik wegkruip vir Sy teenwoordigheid? Die nag is helder soos dag vir die Here, daarom hoef jy nooit bang te wees as die donkerte jou omring nie.

Geliefde kind, wanneer jy ook al na die Here aanroep, hoor Hy jou. Stort al jou gedagtes uit voor die Here. SĂȘ vir Hom dat Hy alleen alles is wat jy wil hĂȘ en alles wat jy nodig het. Dag of nag, Hy is alles vir jou!

 7 Desember  

“Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.” (Ps. 121:7).

Beminde, die Here belowe om jou teen alle gevare te beskerm; daarom moet ons nie vrees nie. Alhoewel dit lyk asof alles teen jou is, alhoewel dit lyk asof slegte dinge jou omring, as jy hierdie belofte kan begryp en omhels, sal jy die vrede voel wat alle verstand te bowe gaan.

Beminde, ons moet hierdie belofte oordink en spreek totdat dit diep in ons siele weggesteek is. Die Here het belowe om my en jou te beskerm teen alle gevaar en dat Hy ons lewe sal beskerm! Met hierdie belofte in ons harte bewaar, sal ons nie meer deur vrees en twyfel geteister word nie. Ons sal nie meer oorweldig word wanneer alles teen ons kom nie. Ons sal nie meer twyfel in Sy ander beloftes van ons herstel en om ons geliefde se hart terug te draai na ons toe nie. Gedurende die dag, oordink hierdie belofte. God is nie ‘n God dat Hy kan lieg nie. Halleluja!


🎈7 Desember

“Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm” (Ps. 121:7).

Geliefde kind, die Here belowe om jou van alle kwaad te beskerm, sodat jy nooit hoef te vrees nie. Selfs wanneer dit voel asof alles en almal teen jou is, belowe Hy jou, as Sy kind, die vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Geliefde kind, mediteer en spreek elkeen van Sy beloftes totdat elkeen diep in ons siel weggesteek is. Die Here het belowe om jou te beskerm, en met hierdie kosbare belofte kan jy beide vrees en twyfel vaarwel sĂȘ. Oordink hierdie belofte deur die dag. As God kan Hy nie lieg nie en elke belofte sĂȘ Hy sal Hy doen!

8 Desember

“Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.” (Ps. 121:7). 

Beminde, die Here sal jou beskerm ieder en elke keer wat jy kwesbaar voel, want Hy is jou agterhoede. Waar jy ookal gaan, Hy is daar!  Dit is ‘n ongelooflike belofte en prentjie van Sy liefde en beskerming vir ons, die skape van Sy weivelde! Tog, selfs met hierdie belofte, is ons bekommerd. Alhoewel ons dit gelees het en dit in ons gedagtes geglo het, twyfel ons dat Hy daar sal wees of dat dit wat teen ons kom, te sterk sal wees vir Hom. 

Beminde, ons moenie twyfel nie. Want om te twyfel is soos iemand wat vorentoe en agtertoe rondgegooi word, soos die branders van die see, gedryf en rondgegooi deur die wind. Of soos iemand wat daar op die strand staan waar die branders breek—op die rand van die sand staan, wil inloop, maar te bang is om regtig op God te vertrou om diep genoeg in die water in te loop om die onrus van die brekende golwe te vermy. Beminde, ons moet op God vertrou en Hom op Sy Woord neem. Dit is deur geloof dat ons glo en alle beloftes vervul word. Sonder geloof is dit onmoontlik om Hom te behaag, omdat ons moet glo dat Hy almal wat Hom ywerig nastreef beloon.


🎈8 Desember

“Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd” (Ps. 121:7). 

Geliefde kind, die Here bewaar jou elke keer as jy kwesbaar voel. Hy sĂȘ Hy is jou agterhoede. Ons is die skape van Sy weiveld! Tog, selfs met hierdie belofte, is jy bekommerd?

Geliefde kind, ons moet nooit twyfel nie want twyfel is soos om onder golwe te staan ​​wat ons heen en weer gooi. Staan jy op die rand van die sand en wil jy in die water trap? Is jy te bang om God regtig genoeg te vertrou om dieper in die water te gaan as gevolg van jou vrees? Geliefde kind, sonder geloof is dit onmoontlik om ons Vader te behaag. Ons moet glo dat Hy diegene van ons beloon wat voortdurend na Hom uitreik en Sy liefde omhels.

9 Desember

“Ek was bly toe hulle vir my gesĂȘ het: Laat ons na die huis van die Here gaan” (Ps. 122:1).

Beminde, woon jy in die teenwoordigheid van God? Verlang en hunker jy na tyd saam met Hom? Gaan jy Sy teenwoordigheid binne deur die poorte oop te maak met dankbaarheid en lof? Dit is hoe jy die teenwoordigheid van God binnegaan. Dit is wat die poorte oopmaak sodat jy voor die groot Koning kan staan. Of is jy te bang om in te gaan? Glo jy dat God kwaad is vir jou?

Beminde, die Here is ‘n God van vergifnis. Hierdie wonderlike eienskap het by Hom ontstaan. Hy is vergifnis. Hoe kan ons vergeet hoe Hy Sy enigste Seun gestuur het, wie Hy lief gehad het, om te ly en te sterf vir my en jou terwyl ons nog sondaars was? Hoekom kies ons om die vyand te glo wanneer hy ons gedagtes vul met die leun dat ons onwaardig is om die Here se genade en barmhartigheid te ontvang? Die waarheid is dat niemand van ons enigiets verdien nie, maar God in Sy genade en goedertierenheid is lief vir ons! Hy hunker na ons geselskap! As jy Hom gegrief het, kom tot inkeer en aanvaar Sy vergifnis. Moenie toelaat dat enigiets jou weghou van God af nie.


🎈9 Desember

“Ek was bly toe hulle vir my gesĂȘ het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” (Ps. 122:1).

Geliefde kind, leef jy in die teenwoordigheid van God? Verlang jy en raak jy opgewonde om tyd saam met Hom deur te bring? Of is jy bang om Hom te nader en die leuen te glo dat die Here vir jou kwaad is?

Geliefde kind, die Here is die God van vergifnis. Hierdie wonderlike eienskap het by Hom begin. Hy is vergifnis. Hoe kan ons vergeet hoe Hy sy enigste Seun, vir wie Hy liefgehad het, gestuur het om vir jou en my te ly en te sterf terwyl ons nog sondaars was? So hoekom glo jy die vyand as hy jou gedagtes vul met die leuen dat jy onwaardig is om die Here se genade en barmhartigheid te ontvang? Niemand van ons verdien iets nie, maar God het ons lief! Gaan na Hom, bekeer jou en aanvaar Sy vergifnis. Moet nooit dat enigiets jou van Hom weerhou nie.

10 Desember

“Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers” (Ps. 123:1).

Beminde, kyk op, want julle verlossing van al die pyn en verwerping is naby. Kyk op en sien dat die Here goed is en Sy goedertierenheid is ewigdurend aan almal wat Hom vrees. Beminde, het Hy ‘n nuwe lied in jou mond gesit, ‘n loflied aan ons God? Sing dit dan! Sing dit aan diĂ© wat moet weet dat die Here goed is en dat Sy liefde teenoor hulle ewigdurend is! 

Beminde, die Here sit in die hemel en tree as voorbider vir ons op, so waarom laat ons somtyds toe dat vrees ons van ons vreugde beroof? Dit is die taktiek van die vyand om die lof wat aan ons God behoort te steel en ons te vul met twyfel. Maar terwyl daar nog asem in my is, sal ek die naam van die Here ons God verhef. Sy lof sal voortdurend op my lippe wees. Ek sal vir die wĂȘreld vertel wat Hy vir my siel gedoen het. Wat het Hy vir jou gedoen,  liefste beminde van die Here? Verklaar dit vandag.  Halleluja!! 


🎈10 Desember

“Na U kyk ek op, U wat in die hemel woon.” (Ps. 123:1).

Geliefde kind, kyk op en sien dat die Here goed is, en Sy liefde, Sy goedertierenheid is vir ewig vir almal wat naby Hom is. Geliefde kind, het Hy 'n nuwe lied in jou mond gelĂȘ, 'n loflied tot ons God? Sing dit dan omdat die Here goed is en omdat Sy liefde vir die verlorenes vir ewig is!

Geliefde kind, die Here sit in die hemele as 'n Ambassadeur vir ons, so hoekom laat vrees jou van jou vreugde beroof? Dit is die skema van die vyand om lof te steel wat aan ons God behoort, om ons met twyfel te vul. SĂȘ saam met my, Sy lof sal voortdurend op my lippe wees, en ek sal die wĂȘreld vertel wat Hy vir my gedoen het!!

11 Desember 

“Tot U, Here, rig ek my” (Ps. 25:1).

Beminde, kom ons lig ons siele op na die Here ons God. Toe verwyte my hart binnegekom het, tot op die punt wat ek siek was, was dit Hy wat my langs stille waters gelei het. Dit was Hy wat my laat rus het in groen weivelde. Dit was die Here wat my siel verfris het. Is jou siel en gees mismoedig, liewe Beminde? Lig jou siel op na die Here toe: laat dit in Hom rus.

Beminde, ek sou waarlik wanhopig gewees het en opgegee het, as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie. Daarom, Beminde, wag vir die Here, wees sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel, wat hemel en aarde gemaak het. Hy wat jou beskerm sluimer nie en Hy slaap nie. Hy sal jou beskerm waar jy ook al gaan, nou en vir altyd!  Halleluja!!


🎈11 Desember

“Ek rig my tot U, Here.” (Ps. 25:1).

Geliefde kind, gee alles vir Hom. Wanneer jy dit doen, sal Hy jou in die soet groen weivelde laat lĂȘ terwyl Hy jou siel herstel. Laat rus jou bekommernisse by Hom.

Geliefde kind, ek sou waarlik opgegee het as ek nie geglo het dat ek eendag die goedheid van die Here in die land van die lewendes sou sien nie. Daarom, geliefde kind, wag asseblief op die Here, wees sterk, en laat jou hart moed skep. Hy wat jou beskerm sluimer nie en Hy slaap nie. Hy sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

12 Desember

“My God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie” (Ps. 25:2). 

Beminde, hoe dikwels het die vrees om beskaamd te staan my probeer verteer. Maar die Here het ons oor en oor in Sy kosbare Psalms belowe dat ons nie beskaamd sal staan wanneer ons hoop in Hom is nie, dat ons nie teleurgesteld sal wees wanneer ons in stilte vir God alleen gewag het nie—want Beminde, ons hoop is in Hom!

Beminde, al sou ‘n menigte of ‘n leĂ«r teen jou stelling inneem, kan jy nogsteeds hoop hĂȘ in God. Kruip weg in die skadu van Sy vleuels en sing lofliedere aan die Heilige Een. Want Hy het jou geween gesien—Hy het elke traan in ‘n bottel gehou. Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip stamp nie. Want Hy het jou met Sy regterhand vasgehou. Rus in Hom, Beminde, want wat Hy belowe het, is Hy in staat om te doen. Dankie, liefste Jesus.


🎈12 Desember

“My God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie” (Ps. 25:2). 

Geliefde kind, hoe dikwels vrees ons dat ons in die skande gebring sal word. Tog het die Here ons oor en oor in die boek Psalms belowe dat ons nie verneder sal word nie omdat ons hoop op Hom is!

Geliefde kind, selfs wanneer 'n leĂ«r jou omring, hoop op God. Skuil onder die skaduwee van sy vleuels en sing tot eer van Hom. Hy het jou geween gesien—Hy het elkeen van jou trane in 'n bottel gebĂȘre. Hy het Sy engele gegee om oor jou te waak. Hy hou jou op met Sy regterhand. Rus in Hom, Geliefde kind, want wat Hy belowe het, is Hy in staat om vir jou te doen.

13 Desember 

“Niemand, wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie; DiĂ© wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande” (Ps. 25:3).

Beminde, dit is Sy belofte dat niemand—dit beteken dat nie een, dit beteken ek en jy—sal beskaam word nie. Nie as ons vir Hom wag nie. Maar, o, Beminde, hoe dikwels het ons God vooruitgegaan en probeer om dinge te maak gebeur wanneer ons moeg is vir wag?Hoeveel keer moet ons geboorte gee aan ‘n Ismael (probeer om Sy belofte self te vervul) wat dan gou ons Isak, ons belofte, spot? Dit is ons Ismaels wat ons skande veroorsaak, maar nie wanneer ons vir Hom wag om ons belofte te bring nie!

Beminde, wanneer jy angstig word, sĂȘ vir jou siel, “Wag in stilte vir God alleenlik, want van Hom is my verlossing.” Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here. Vertel Hom van Sy getrouheid. Vertel Hom van Sy goedheid. Herinner jouself aan alles wat Hy in die verlede vir jou gedoen het en prys Hom daarvoor, hoe Hy jou lewe heeltemal verander het en jou weer hoop gegee het. Met hierdie soort lof, sal jou siel tot bedaring kom en voorkom dat jy deur die vyand versoek word om die Here vooruit te hardloop. Beminde, rus in Hom.


🎈13 Desember

“Ja, niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie; maar hulle wat sonder rede ontrou is, sal beskaamd staan” (Ps. 25:3).

Geliefde kind, Sy belofte verklaar dat niemand – dit beteken nie een nie, nie jy en nie ek nie – beskaam sal wees nie. Moenie voor God uitkom deur dinge te probeer laat gebeur nie; moenie 'n Ismael baar deur God se belofte te probeer vervul nie. Wanneer ons dit doen, sal dit ons Isak, ons belofte, bespot. Dit is ons Ismaels wat ons skade veroorsaak, maar nooit wanneer ons wag dat Hy ons belofte bring nie!

Geliefde kind, wanneer jy angstig raak, sĂȘ vir jouself: “Wag stil vir God alleen. Net in Hom is my Verlosser.” Verhef jou stem en loof die Here. Vertel Hom hoe getrou Hy is. Vertel Hom hoe goed Hy is. Geliefde kind, rus in Hom.

14 Desember

“HERE, maak my u weĂ« bekend; leer my u paaie" (Ps. 25:4).

Beminde, laat die Here jou onderwyser wees; laat Hy jou leer hoe jy moet loop. Dit is die stem wat jy agter jou hoor sĂȘ, “Hier is die pad, loop hierlangs” wanneer jy die regte koers verlaat. Hy sal oor jou uitgaan en inkom waak, van nou af en vir altyd, as jou hoop in Hom is.

Beminde, oordink Sy Woord. Dink daaraan wanneer jy in die aand gaan lĂȘ. Onthou dit terwyl jy deur jou dag gaan. Want jy sal ‘n weelderige boom wees wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie---en Hy belowe dat jy voorspoedig sal wees in alles wat jy aanpak. Dit is vir diĂ© wat hulle gedagtes op Hom en Sy Woord hou. Vul vandag jou gedagtes met Sy Woord. Peusel gedurende die dag aan Sy Woord. Smul vanaand daaraan voordat jy gaan slaap en jy sal ‘n soete nagrus hĂȘ wanneer jy jou kop op jou kussing neerlĂȘ. Rus en wag vir Hom.


🎈14 Desember

“Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie” (Ps. 25:4).

Geliefde kind, laat dit die Here wees Wie jy volg, wat jou wys watter pad om te loop. Luister na Sy stem wat agter jou sĂȘ, "Hier is die pad, loop hierlangs," terwyl jy links of regs draai. Hy sal die regte pad aanwys en jou bewaar as jy van nou af inkom of uitgaan tot in ewigheid, want jou hoop is op Hom.

Geliefde kind, peins oor Sy Woord. Doen dit as jy saans gaan lĂȘ. Onthou Sy Woord wanneer jy wakker word en deur jou dag. Wanneer jy dit doen, is jou boom stewig geplant by waterstrome, en jou blare sal altyd groen wees – en in alles wat jy doen, belowe Hy dat jy voorspoedig sal wees. Peusel aan Sy beloftes deur die dag en smul vanaand daaraan voor jy gaan slaap, sodat jou slaap soet sal wees as jy jou kop op jou kussing lĂȘ. Rus en wag vir Hom.

15 Desember

“Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag” (Ps. 25:5).

Ek het U woord in my hart gebĂȘre. Leer my u voorskrifte. Leer my om die betekenis van u bevele te verstaan. Help my om U gebooie the onderhou sodat ek nie teen U sondig nie. Hoe kan enigeen van ons, haarself rein hou? Deur ooreenkomstig met die Woord van die Here te lewe.

Beminde, kan jy sĂȘ dat jou teistering ‘n goeie ding was, omdat jy nou die weĂ« van die Here onderhou? Beminde, dit was deur die Here se getrouheid dat jy geteister was sodat jy die Here se goedheid en goedertierenheid kon leer ken. Soos almal van ons, het jy jou lewe geleef op ‘n manier wat die Here nie behaag het nie, maar omdat ons seuns en dogters is, het Hy ons gedissiplineer sodat ons nie so sou bly nie. Die donker dieptes is nie die plek waar ons sal bly nie, maar gou, o so gou, sal ons van die bergtop se piek af sing met ‘n oorwinnings kreet!! Halleluja!


🎈15 Desember

“Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting” (Ps. 25:5).

Geliefde kind, dit was in die Here se getrouheid dat jy ontsteld was sodat jy op Sy Woord sou voed. Hierdie dal van doodskaduwee is nie die plek waar Hy wil hĂȘ jy moet bly nie. Hy sal jou red terwyl jy wag, hoop en op Hom vertrou.

Geliefde kind, rus op die pad van Sy waarheid. Voed uit die rykdom van Sy Woord. Hy alleen sal daar wees vir jou terwyl jy aanhou wag, hoop en Hom ten volle vertrou.

16 Desember

“Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het” (Ps. 25:6).

Beminde, kom ons soek Hom vir Sy liefde teenoor ons en vir Sy ewigdurende trou wat ons soos ‘n skild omring. Laat ons nooit Sy sagmoedigheid teenoor ons vergeet nie, maar in plaas daarvan onthou dit, oordink dit en repeteer dit voortdurend in jou gedagtes. Dit is wat sal maak dat ons Sy aangesig bly soek. “O Here, U aangesig sal ek soek!”

Beminde, wie is die Here anders as ons God? Dit is Hy wat ons vyande sal vertrap. Hy is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. O smaak en sien dat die Here goed is, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid vir die wat Hom vrees. Lig jou hande op en seĂ«n die Here!


🎈16 Desember

“Dink aan u barmhartigheid en u troue liefde, HERE, want dit is van altyd af daar” (Ps. 25:6).

Geliefde kind, vergeet nooit Sy liefde en vriendelikheid, wat jou soos 'n skild omring nie. Moet nooit Sy goedhartigheid teenoor jou vergeet nie, en onthou elke keer wat Hy geduldig was. Mediteer hieroor, en oordink dit voortdurend in jou gedagtes.

Geliefde kind, wie is die Here anders as ons God? Dit is Hy wat ons vyande sal vertrap. Hy is ons hulp in tye van benoudheid. Baie is die moeilikhede van die regverdiges, maar dit is sodat die Here ons uit hulle almal kan verlos. O, smaak en sien dat die Here goed is. Sy ontferming is vir ewig vir die wat naby Hom is!

17 Desember

“Tot nou toe het ek net met my ore van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oĂ« gesien” (Job 42:5).  

Beminde, hoe geseĂ«nd is diĂ© wat rein van hart is, want hulle sal God sien. O, om sonder blaam te wees soos God se dienaar Job, wat verklaar het “Prys die naam van die Here.” toe hulle hom vertel het dat alles van hom af weggeneem is! Dit is die rein hart wat God sal sien!

Beminde, dit is deur Sy Woord wat ons ons geloof bou om soos God se dienaar Job te wees, “die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.” Beminde, spandeer elke dag tyd om Sy kosbare beloftes hardop te lees. Laat jou ore hoor van die goedheid van die Here sodat dit diep in jou hart sal sink. Verwyder alle wortels van bitterheid wat uiteindelik daardie Woord sal wurg—vergewe sodat God jou sal vergewe. Laat ons almal Sy aangesig soek, nie Sy hand nie, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Halleluja!!


🎈17 Desember

“Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sĂȘ, maar nou het ek U self gesien” (Job 42:5).

Geliefde kind, hoe geseënd is ons as ons rein van hart is, want ons sal God sien. O, stel jou voor dat jy so onberispelik is soos God se dienaar Job, wat geskreeu het: "Geloofd sy die Naam van die Here!" toe alles en almal van hom weggeneem is! Dit is die rein van hart wat God sal sien!

Geliefde kind, onthou, "ons geloof kom deur gehoor en gehoor deur die Woord van God." Geliefde kind, spandeer elke dag genoeg tyd om Sy kosbare beloftes te lees sodat dit diep in jou hart sal insink. Vra God om alle wortels van bitterheid te verwyder wat Sy Woord verstik—vergewe sodat God jou sal vergewe. Laat ons almal na Sy aangesig kyk en nie Sy hand begeer nie, sodat alles anders vir ons bygevoeg sal word. Vier Fees!!

18 Desember

“Maar wat vreugde vind in die wet van die Here en sy wet dag en nag mymerend prewel” (Ps. 1:2).

Beminde, waar is jou vreugde? Is dit in kos, inkopies, vermaak? Waaraan dink jy en wat oordink jy gedurende die dag? Is dit oor jou probleme? Spandeer jy tyd deur jou te bekommer? Of dagdroom jy oor wat jou weerbarstige geliefde doen? Beminde, vir jou om voorspoedig te wees in alles wat jy doen, moet jou hart en gedagtes op die Here en Sy Woord gevestig wees. En dit sal net gebeur wanneer Sy Woord jou vreugde word en jy elke dag ‘n porsie eet. 

Beminde, moenie jou tyd en energie mors op dinge wat sal veroorsaak dat jy behoeftig en wanhopig word nie. BelĂȘ eerder in jou toekoms. BelĂȘ in jou herstel. God sĂȘ benut elke geskikte geleentheid, want ons lewe in slegte tye.  Sodra vandag gespandeer is, kan jy dit nie terugkry nie. En hoe meer jy die Woord van die Here drink, hoe dorser sal jy daarvoor word! Dit is Sy Woord wat jou sal verander, genees, lei, troos en van al jou ellende sal uitlewer.


🎈18 Desember

“Maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink” (Ps. 1:2).

Geliefde kind, waar is jou vreugde? Is jou plesier daarin om pret te hĂȘ, te eet, inkopies te doen en te vermaak? Waaroor dink jy en mediteer jy deur die dag? Is dit gefokus op jou probleme? Spandeer jy tyd om bekommerd te wees?

Geliefde kind, dagdroom oor en vestig jou verstand en hart op die Here en Sy Woord. Maak Sy Woord jou vreugde, en verteer elke dag 'n groot porsie. Sy Woord sal jou transformeer, jou genees, jou lei, jou vertroos en jou verlos van al jou benoudhede. Verlustig jou in Hom.

19 Desember

“Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy  voorspoedig” (Ps. 1:3). 

Beminde, waar is jy geplant?  Waar word jou wortels uitgestrek? Is jy by die lewende waters van Sy Woord en Sy liefde geplant? Waar is jou waterbron? Is dit die suiwer water van Sy Woord? Was die water van Sy Woord jou daagliks? Of drink jy van die besoedelde waters van die wĂȘreld deur televisie, flieks en leesstof wat nie gepas is vir Sy kinders nie? 

Beminde, as jy die vrugte van ‘n herstelde huwelik wil hĂȘ, as jy wil uithou tot aan die einde van jou beproewing sodat jy nie verwelk nie, dan sal jy die Here en Sy Woord moet soek met jou hele hart, siel, gedagtes en krag. Jy kan nie die resies op hierdie nou pad hardloop deur die rommel kos van hierdie wĂȘreld te verorber nie, jou gedagtes bloot te stel aan die nuus en daaglikse gebeurtenisse van ‘n siek, sterwende wĂȘreld en verwag om te lewe nie. Vandag en dwarsdeur hierdie week, smul aan Sy Woord en bly in jou gebedshoek en praat met Hom. Dan, watookal jy doen, jy sal voorspoedig wees.


🎈19 Desember

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat Hy aanpak” (Ps. 1:3). 

Geliefde kind, waar is jy geplant? Is jy stewig geplant deur die lewende water van Sy Woord en Sy liefde? Waar kry jy jou waterbron? Is dit die suiwer water van Sy Woord? Was die water van Sy Woord jou daagliks? Moenie van die besoedelde waters van die wĂȘreld drink op jou toestelle wat nie geskik is vir Sy kinders nie.

Geliefde kind, maak seker jy drink nie uit die besoedelde waters van die wĂȘreld op jou toestelle wat nie geskik is vir Sy kinders nie. Jy kan nie die wedloop langs hierdie smal pad hardloop deur te voed op die gemorskos van hierdie wĂȘreld, jou verstand bloot te stel aan wat die siek en sterwende wĂȘreld voed, en verwag om gelukkig te lewe nie. Smul vandag en deur hierdie week aan Sy Woord sodat jy voorspoedig sal wees in wat jy ook al doen!

20 Desember

“Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang” (Ps. 1:6).

Beminde, die Here ken die pad waarop jy moet loop. Erken jy Hom sodat Hy jou op jou paaie kan lei?  Of maak jy op jou eie insigte staat, volg jy jou eie pad, die pad na verwoesting? Die pad wat na verwoesting lei is wyd; selfs diĂ© wat herstel soek het op ‘n nuwe en wye pad getrap wat nie regtig tot herstel lei nie, maar nĂȘrens heen gaan nie. 

Beminde, die pad na herstel is om God en Sy Woord te soek, om Hom jou minnaar en jou vriend te maak. Dit is deur Sy Woord in groot hoeveelhede te verorber wat Sy voorskrifte vir die lewe (nie net vir herstel nie), dit wat nou in jou gedagtes en hart is, sal vervang en hernu. Die wye pad wat te veel soek vir herstel, is om te glo dat daar ‘n kortpad is—daar is nie.  Dit is nie in die glo of die proklamasie van toekomstige herstel nie—dit is in die transformasie van die hart deur gehoorsaamheid aan Sy Woord. Soek die Here vanoggend en vra Hom om aan jou te openbaar op watter pad jy moet reis en, indien nodig, verander van koers deur die beginsel van Sy aangesig te soek.


🎈20 Desember

“Ja, die Here dra sorg vir die pad van regverdiges, maar die pad van goddeloses loop dood” (Ps. 1:6).

Geliefde kind, die Here waak oor jou pad. Erken jy Hom en vra jy dat Hy jou paaie kan lei? Of steun jy op jou eie insig, gaan jy jou eie weg, die weg van die goddeloses en vernietiging?

Geliefde kind, die pad wat na vernietiging lei is wyd en lei nĂȘrens heen nie. Soek elke oggend die Here en vra Hom om vir jou te wys watter pad jy moet loop en, indien nodig, koers te verander deur Sy aangesig te soek.

21 Desember

“Ek het U baie lief, Here, my sterkte” (Ps. 18:2).

Beminde, waar kom jou hulp en krag vandaan? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het! Hy sal jou bewaar in al jou doen en late. Dit is Sy belofte aan jou. Wanneer jy Sy Woord oordink, in alles wat jy doen—nie net in sommige dinge wat jy doen nie, maar in alles wat jy doen—sal jy voorspoedig wees.

Beminde moenie in die mensdom vertrou nie. Nie in jou vriendin nie, in jou gebeds vennoot, in my, of enige iemand anders nie. Moenie laat hierdie jou krag wees nie. Want jy sal soos ‘n bos in die woestynland wees. Jy sal nie sien wanneer voorspoed en seĂ«ninge na ander toe gaan nie, wanneer jou vriendin of gebeds vennoot geseĂ«n word nie. Maar jy sal in ‘n klipperige woesteny in die wildernis lewe. So, in plaas daarvan, liefste Beminde, vertrou op die Here. SĂȘ, “My vertroue is die Here, wie die hemel en aarde gemaak het!” Dan sal jy soos ‘n boom wees. Jy sal  nie vrees wanneer die hitte teen jou kom nie. Nog minder sal jy ophou om die vreedsame vrugte van geregtigheid te produseer!


🎈21 Desember

“Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte” (Ps. 18:2).

Geliefde kind, waar kom jou krag vandaan? SĂȘ vir Hom: “My hulp kom van U, Here, wat hemel en aarde gemaak het! U sal my bewaar by al my uit- en ingaan.” Moenie op die mensdom vertrou nie. Nie in jou vriend nie, nie in iemand anders behalwe Hom nie. Moenie toelaat dat iemand jou krag is nie. Maak staat op wat jy kan doen. Gee dit vir Hom.

Geliefde kind, as dit nie Sy krag is nie, is dit wanneer jy 'n bos in die woestynland word, en nooit voorspoed en seĂ«ninge sien kom nie. Moenie in 'n woesteny in die wildernis woon nie. SĂȘ: "My vertroue is U, Here, U wat hemel en aarde gemaak het!" Dan sal jy soos 'n boom nie vrees as die hitte kom nie en jy sal altyd die vredevolle vrugte van geregtigheid voortbring!

22 Desember 

“Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting” (Ps. 18:3).

Beminde, wie is jou rots, jou skuilplek en jou redder? Moenie op die mens vertrou nie, in ‘n vriendin, in ‘n prokureur of selfs ‘n pastoor nie; vertrou op die Here wat jou uit al jou nood verlos! Hy sal jou uit die slymerige modder trek, jou voete op ‘n rots plaas en jou voetstappe ferm maak. Hy sal ‘n nuwe lied in jou mond plaas, ‘n loflied aan ons God! Baie sal sien wat Hy gedoen het en hulle sal verander word in ‘n God liefhebber en aanbidder!  

Beminde, dit is waaroor ons beproewings gaan: om die getrouheid van ons Here te leer ken, om die goedertierenheid van ons Here te leer ken, om die goedheid van ons Here te leer ken. Dit is te midde van hierdie vurige beproewings wat ons verander, wanneer die onsuiwerhede verwyder word van ons lewens.

O, smaak en sien dat die Here goed is; Sy trou is vir alle generasies. Maak Hom jou skild, jou redding en jou vesting, vandag en op elke gebied van jou lewe. Loof die Here!!


🎈22 Desember

“Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting” (Ps. 18:3).

Geliefde kind, wie is jou Rots, jou Vesting en jou Verlosser? Net Hy kan jou uit die modderige klei optrek en jou voete op 'n Rots sit, jou voetstappe stewig maak, hoog bo jou vyande.

Geliefde kind, as Sy kind sal Hy 'n nuwe lied in jou mond lĂȘ, 'n loflied tot ons God! Baie sal sien wat Hy gedoen het, en hulle sal aangetrokke wees om van jou Vader te weet en een van Syne te word. Maak Hom jou Skuiling, jou Beskerming, in elke area van jou lewe. Prys jou Vader in die Hemel!!

23 Desember 

“Ek het tot die Here geroep, Hy wat lofwaardig is, want Hy red my van my vyande” (Ps. 18:4NLV).

Beminde, hoekom moet jy op sterflike mense vertrou wat gou sal verwelk? Daar is ‘n God wat sy oĂ« oral op die aarde het sodat Hy diĂ© kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie. Moenie kwaad word, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Die skelms sal uitgeroei word, maar diĂ© wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land. Sing halleluja!! 


🎈23 Desember

“Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos” (Ps. 18:4NLV).

Geliefde kind, Hy is waardig om geprys te word. Roep Hom aan terwyl Hy naby is. Hy is naby jou nou en wanneer jy gebroke van hart is. Dit is Hy wat jou sal verlos van jou vyande, van almal wat vir jou te magtig is. Wees lief vir Hom; roep na Hom.

Geliefde kind, waarom vertrou op iemand wat nie soos ons God is nie, wat op die aarde rondloop op soek na diegene wat Hy sterk kan ondersteun? Hy soek diegene wie se hart heeltemal Syne is. Rus in die Here; wag geduldig vir Hom. Moenie bekommerd wees nie, want diegene wat voorspoedig is—laat vaar woede en bekommernis—dit lei net tot verkeerd doen. Maar julle wat op die Here wag, sal niks kortkom nie!!

24 Desember

“In my nood roep ek na die Here, ja ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my” (Ps. 18:7).  

Beminde, die Here se oor is nie so dof dat Hy nie kan hoor nie; roep na Hom in jou nood—roep na Hom. Dan moet jy wag. O, die wag. Dit is dikwels die verfyning. Dit sal of jou angstigheid bou, of jou vertroue en geloof bou. Die beslissende faktor is wat jy doen gedurende jou wag. 

Beminde, spandeer jou tyd in Sy teenwoordigheid en die tyd sal verby vlieg. Maar spandeer jou tyd deur te kyk na jou omstandighede, te praat oor jou omstandighede en jy sal gou ophou wag en sake in jou eie hande neem.

Beminde, rus in die Here en Sy teenwoordigheid; gaan Sy teenwoordigheid binne deur die hekke van geregtigheid oop te maak. Hulle word oopgemaak wanneer jy die Here loof! Begin om Hom te bedank vir alles wat Hy gedoen het elke keer wat jy bid. Moenie buite die hekke staan en jou versoeke vir Hom skreeu nie. Bedank Hom eerder, loof Hom dan en gaan Sy tempel binne. Wag dan daar en sien die redding van die Here. Halleluja!!


🎈24 Desember

“Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom” (Ps. 18:7). 

Geliefde kind, die Here se oor is so naby soos 'n fluistering weg wanneer sy kind in nood na Hom uithuil of uitroep. Dan, terwyl jy wag, spandeer jou tyd in die stilte van Sy teenwoordigheid, en die tyd sal verby vlieg. Hoekom jou tyd spandeer om na jou situasie te kyk of oor jou probleme te praat? Dit kan net lei tot wanhoop en 'n gemors maak van dinge.

Geliefde kind, rus in die Here en in Sy teenwoordigheid. Maak die poorte van Sy paradys oop deur Hom te dank vir alles, alles wat Hy gedoen het elke keer as jy Sy naam genoem het. Moenie buite Sy poorte staan ​​en huil of smeek vir wat jy wil hĂȘ nie. Dank Hom eenvoudig, wees lief vir Hom en gaan in Sy teenwoordigheid in. Rus dan en leef daar in die volledige paradys!!

25 Desember

“Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig” (Ps. 18:17).

Beminde, die Here sien jou nood en Hy sal getrou wees om Sy engele te stuur om jou te red. Hy sal jou van bo af laat roep en jou in Sy liefdevolle arms toevou. Hy sal jou uit die geweldige waters trek, waters wat te moeilik is vir jou.  

Beminde, die Here is naby aan die wat Hom vrees, die wat Sy naam aanroep.  Sommige spog oor ander dinge, maar ons sal oor die naam van die Here spog. Hy is ons banier en ‘n skild vir almal wat hulle toevlug in Hom neem.

Beminde, wie is die Here anders as ons God? En dit is Hy wat jou sal red.  Ek sou moedeloos geword het as ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie. Maar Beminde, Hy is getrou. Vertrou op Hom en Hy sal dit doen. Loof die Here!!


🎈25 Desember

“Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek” (Ps. 18:17).

Geliefde kind, jou Vader sien jou nood raak, en Hy sal van hoog bo af uitreik en jou in Sy liefdevolle arms toevou. Hy sal jou uit die woeste waters trek, waters wat vir jou te moeilik is.

Geliefde kind, wie is in staat om jou te red behalwe die Een wat jou geskep het en jou liefhet? Jy sal wanhopig raak as jy vergeet dat jy die goedheid van die Here in die land van die lewendes sal sien. Geliefde kind, Hy is getrou. Vertrou op Hom, en Hy sal dit doen!!

26 Desember

“Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my” (Ps. 18:18).

Beminde, die Here is getrou. Hy sal jou van die sterk vyand red, van diĂ© wat jou haat, diĂ© wat te magtig is vir jou. God is ‘n skuiling vir ons. O, vergroot die Here saam met my en laat ons Sy naam vir ewig verhef!!

Beminde, hoekom is jy neergewerp? Is die Here se oor so dof dat Hy nie kan hoor nie? Is Sy arm so kort dat Hy nie kan red nie? SĂȘ dan vir jou siel, “Rus in die Here. Wag geduldig op Hom.” Die Here is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. Sy naam is die Here van die leĂ«rskare, die magtige vegter. Dit is Hy wat al die kwaad sal vertrap.

Beminde, staan en sien die redding van die Here. Jy hoef nie hierdie stryd te veg nie. Staan en sien die goedheid en die getrouheid van die Here. Het jy ‘n slegte verslag ontvang? Dan lĂȘ dit by die voete van die Here en laat Hy dit hanteer. Ons is die skape van Sy wievelde. Hy sal jou laat rus in groen weivelde en bring na waters waar daar vrede is.  Waarom kwel wanneer ons ‘n advokaat het wat voortdurend voorbidding vir ons doen? Kom ons loof die Here!! Halleluja!!


🎈26 Desember

“Hy het my gered van my vyand wat sterk was, van haters toe hulle vir my te magtig was” (Ps. 18:18).

Geliefde kind, onthou dat die Here getrou is. Hy sal jou verlos van die sterkste en magtigste vyande. Baie mag jou haat omdat jy Syne is. God is jou veilige plek.

Geliefde kind, staan ​​eenkant en sien die redding van die Here. Jy sal nie hierdie stryd hoef te veg nie. Staan op en sien die goedheid van die Here aan. Julle is die skape van Sy weiveld, daarom laat Hy julle in groen weivelde gaan lĂȘ en lei julle na stil waters toe, sodat julle kan rus terwyl Hy met julle vyande handel.

27 Desember 

“Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar” (Ps. 25:10).

Beminde, al die paaie waarop die Here ons lei is gemerk met goedertierenheid en waarheid. Breed is die pad na verwoesting en baie is dié wat op daardie pad reis. O, dit lyk goed aan die begin, maar dit is die pad van hartseer en moeilikheid. Die nou pad is moeilik om te vind, maar deur hierdie vallei van donker dieptes, sal jy nie bang wees nie, want die Here sal by jou wees, en Hy sal jou lei. Sy stok en Sy staf sal jou beskerm en ondersteun.

Beminde, watter pad het jy gekies om vandag te neem? Het jy die pad gekies wat goed lyk? Het jy op jou eie begrip staat gemaak? In plaas daarvan, in al jou weë, vandag en elke dag, erken die Here en Hy sal jou die pad aanwys. Moenie regs of links kyk nie. Hou jou oë op die Here en gou sal alles verdof.  Jy sal na Hom kyk en straal en nie teleurgesteld word in jou verwagting nie! Halleluja!


🎈27 Desember

“Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel met diĂ© wat sy verbond en verordeninge bewaar” (Ps. 25:10).

Geliefde kind, die Here lei jou met onfeilbare liefde en die getrouheid wat jy jou ooit kan voorstel. Tog moet jy nooit vergeet dat die weg van vernietiging wyd is, en jy sal soveel sien wat daardie pad bewandel wat lyk asof hulle geseën is, maar net aan die begin. Al te gou word die makliker pad niks anders as hartseer en moeilikheid nie. In plaas daarvan is die smal paadjie moeilik om te vind en kan dit ook ontstellend wees terwyl jy deur die vallei van die doodskaduwee reis.

Geliefde kind, watter pad sal jy kies om vandag en mÎre te loop? Het jy 'n pad gekies wat goed lyk terwyl jy op jou eie begrip steun? Moenie na regs of links kyk nie. Hou jou oë op die Here gerig, en soos jy dit doen, sal jou gesig straal, nooit beskaamd nie!!

28 Desember 

“As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies” (Ps. 25:12).

Beminde, vrees die Here, julle Sy heiliges! Verhef die Here: laat die lof van die Here voortdurend op jou tong wees. Dit is die vrees vir die Here, om met jou hele hart Sy pad en nie ons pad te wil hĂȘ nie. Want Sy pad is nie ons pad nie; Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie. Want Sy gedagtes is te hoog, so hoog as wat die hemel bo ons is.   

Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal—nie sommige nie, maar almal! Daarom, moet jy nie jou eie oplossing kies nie. Moenie probeer om op jou eie begrip van die probleem, staat te maak nie. Is daar enigiets te moeilik vir die Here? Dan waarom vrees jy? Waarom krimp jy ineen vir die woede van die verdrukker?

Beminde, al die paaie van die Here word gevul met goedertierenheid en waarheid. Vertrou op Hom; wag geduldig vir Hom. Want niemand wat al ooit op die Here vertrou het, het beskaamd gestaan nie. Kom wees verheug oor die goedheid van die Here. Amen!


🎈28 Desember

“Wanneer iemand die Here wil dien, dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe” (Ps. 25:12).

Geliefde kind, baie is die moeilikhede van die regverdiges, maar die Here belowe dat Hy ons uit hulle almal sal verlos—nie sommige nie, maar almal! Moenie jou eie oplossing kies of neig om die probleem te probeer verstaan ​​nie. Is daar iets te moeilik vir die Here?

Geliefde kind, al die paaie van die Here is gevul met goedertierenheid en waarheid. Vertrou op Hom; wag geduldig vir Hom. Niemand wat ooit op die Here vertrou het, is in skaamte gelaat nie. Hoekom nie nou feesvier nie?

29 Desember

“Sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon” (Ps. 25:13). 

Beminde, die Here belowe dat jou siel in voorspoed sal bly. Dit is die erfenis van die dienaars van die Here. En hierdie erfenis kan jy vir jou kinders los! Hy belowe dat jou nageslag die land sal bly bewoon, voorspoed sal geniet. Hulle sal bekend staan onder die nasies. Hy sal vir hulle voorspoed en vrede stuur. 

Beminde, hoe ons wĂȘreld vir ons gelieg het deur te sĂȘ dat ons ons lewens vir onsself moet leef, in selfsugtigheid. Ons dink net aan wat ons deurgaan en verwaarloos om die erfenis te sien wat ons vir ons kinders los. Is ons nalatenskap dit van ‘n touopgooier of een wat voortdurend vrees? In plaas daarvan, moet ons ‘n erfenis los om magtig in die Here te wees, om in oorwinning te leef.  

Beminde, wat sal jou nalatenskap wees? Hoe sal jy onthou word? Watter groot dade het jy vir die Here jou Skepper gedoen? Die erfenis wat jy los begin vandag—watter pad sal jy kies? Waar sal jy jou kinders lei en jou kinders se kinders? Beminde, waar jy gaan, sal jou kinders volg. Vandag, loop op die pad van die Here. Laat Hy jou Here en Koning wees. Soek Hom met jou hele hart. Word ‘n God liefhebber en ‘n God soeker. Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God en alles wat jy al ooit wou gehad het of oor gedroom het, sal vir jou gegee word, as dit gedoen word in teĂ«spoed, sal jy en jou kinders dubbel vergoeding kry vir al jou moeite. Nou loof die Here saam met my!! Halleluja!!


🎈29 Desember

“Sy lewe verloop voorspoedig en sy nageslag sal die land besit” (Ps. 25:13). 

Geliefde kind, die Here belowe dat jy in voorspoed sal bly. Dit is die erfdeel van die kinders van die Vader—voorspoed wat aan en aan sal voortduur vir jou kinders en jou kinders se kinders! Hy belowe dat die geslagte wat jou volg die beloofde land sal beĂ«rwe en onder die nasies bekend sal staan ​​as diegene wat voorspoed en vrede geniet.

Geliefde kind, hoe die wĂȘreld vir ons gelieg het oor ons lewens vir onsself. Om selfsugtig te wees en nie te oorweeg wat ons vir die volgende generasie gaan nalaat nie, is 'n seker weg na ellende. Geliefde kind, hoe sal jy onthou word? Soek Hom met jou hele hart. Word 'n God-liefhebber en 'n God-soeker. Soek eers Sy koninkryk en Sy geregtigheid sodat alles wat jy nog ooit wou of gedroom het aan jou en jou kinders gegee sal word—dubbele betaling vir jou moeite!!

30 Desember

“Die HERE het sy oĂ« oral op die aarde sodat Hy diĂ© kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (2 Kron. 16:9).

Beminde, dit is so ‘n diepgaande vers met die beginsel wat kan veroorsaak dat ons harte vir ewig en heeltemal Syne sal wees. Daagliks, en selfs oomblik-vir-oomblik, het die Here Sy oĂ« voortdurend oral op die aarde, Hy kyk voortdurend, vir daardie hart wat heeltemal vir Hom is. 

Dit, my Beminde, is sulke goeie en fantastiese nuus vir die gelowige. Want nooit is ons alleen of onvoldoende nie, maar ons het die sterk ondersteuning van die Here ons God! Ontsagwekkend en ongelooflik en heeltemal waar. Beminde, rus hierin en doen niks anders as om jou hart vir Hom alleen te hou nie. Nie vir Sy hand nie, maar vir Sy hart.

Niks wat jy vandag doen sal ‘n meer diepgaande verandering in jou lewe hĂȘ as om seker te maak dat jou hart nie verdeeld is nie, maar dat dit heeltemal en totaal die Here sin is. Want Hy het belowe dat wanneer dit is, Hy jou sterk sal uitsoek, onfeilbaar, jou uitsoek om jou te help en te ondersteun.


🎈30 Desember

“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou” (2 Kron. 16:9).

Geliefde kind, dit is so 'n opregte belofte om vir ewig en volkome Syne te bly. Hy sĂȘ Hy soek voortdurend die hele planeet, net op soek na elke hart wat heeltemal Syne is en Syne alleen.

Dit, my Geliefde kind, is ongelooflike goeie en fantastiese nuus vir jou wat Syne is. Dit beteken jy is nooit alleen nie maar het die sterk ondersteuning van die Here! Wonderlik en ongelooflik, en heeltemal waar. Geliefde kind, rus hierin en doen niks anders as om jou hart vir Hom alleen te hou nie. Maak seker dat jou hart nie verdeeld is nie maar heeltemal en totaal Syne is!

31 Desember

“Die Here neem diĂ© wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend” (Ps. 25:14).

Beminde, al die geheime van hierdie eindelose heelal is vir Sy gesalfdes bewaar, vir dié wat die Here vrees en lief is vir die Here. Hy sal jou in Sy vertroue neem en vir jou Sy planne wys. Die regverdige sal nie geskud word nie. Hy sal jou vir enigiets en alles voorberei wat op die punt staan om teen jou te kom. Jy sal nie vrees nie.

Beminde, maak die Here alles vir jou, want in Hom is daar geen behoefte, geen behoefte aan enige goeie ding nie. Die seëninge van die Here is vir ewig en sal op jou uigestort word al loof jy Hom nou met trane. Want jou oog het nog nie gesien en jou oor nog nie gehoor van die wonderlike seëninge wat Hy vir jou in jou toekoms het nie, vir dié wat op Hom wag. En gedurende die wag, moenie kwel nie, maar loof Hom vir Sy goedheid.

Beminde, kies vandag wie jy sal dien.  As God vir jou is, wie kan teen jou wees?  Die Here sal jou met Sy goederentierenheid omring en in die skadu van Sy vleuels sal jy vreugdevol vir die Here sing.

Kom, maak die Here saam met my groot!  Kom ons verhef Sy naam saam. Halleluja!!


🎈31 Desember

“Die Here se voorneme is duidelik vir diĂ© wat Hom dien. Aan hulle maak Hy sy verbond bekend” (Ps. 25:14).

Geliefde kind, al die geheime van hierdie groot heelal is gereserveer vir jou, vir Sy kinders. Hy wys jou liefdevol Sy planne sodat jy nie sal wankel nie. Hy belowe om jou voor te berei vir enigiets en alles wat teen jou gaan kom, sodat jy nooit hoef te vrees nie.

Geliefde kind, maak die Here alles vir jou, want in Hom is daar geen gebrek, geen gebrek aan enige goeie ding nie. Die seëninge van die Here is vir ewig en sal oor jou uitgestort word al is daar nie 'n wolk in sig nie. Niemand het die wonderlike seëninge wat Hy vir jou in jou toekoms, vir Sy kinders wat op Hom wag, gesien of gehoor nie.

Geliefde kind, kies vandag wie jy sal dien, wie jy sal liefhĂȘ. Wanneer God vir jou is, wie kan dan teen jou kom? Die Here omring jou met Sy goedertierenheid, en in die skadu van Sy vleuels sal jy tot eer van die Here sing. Laat ons saam Sy Naam uitroep!!