Is Die Here Jou Alles IN Alles

“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.” O2:4

Met vanoggend se pragtige oggend toewyding is ek net weer herinner dat die Here ons alles IN alles moet wees, want as die Here nie jou alles IN alles is nie, dan is jy nog vervreemd van jou Eerste Liefde.

Kyk wat sê die "Wiktionary" wat beteken die woord ALLES:
Al die dinge saam; die hele versameling of hoeveelheid sonder uitsondering.

Kosbare liefste bruid dit laat mens dink nê!?! Die Here moet ons alles in alle dinge, die hele versameling wees, met geen geen uitsondering van iets nie en dit sluit in ons mans, ons kinders, ons ouers, ons werke, ons finansies, ons keuses en besluite...

https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/februarie/#8Februarie

Kosbare liefste bruid sê nou dadelik weer vir die Here: U is al Wat ek wil hê, U is al wat ek nodig het, U is al waarvoor ek leef en sweef in Sy liefde en moenie toelaat dat jy deur jou omstandighede gegooi word nie, want jou omstandighede het Hom nie ontkant gevang nie so jy kan die Here met liefde vertrou, want Hy weet presies wat om met daardie omstandighede, wat jou ontkant gevang het, te maak.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Is Die Here Jou Alles IN Alles”

  1. Ja liefste Janine die Here moet ons alles in alles wees en ja self die laaste paar dae het ek net meer en weer besef dat Hy all is wat ek nodig het, Hy all is wat ek wil he en voor lewe.Met Hom as ons alles in alles kan ons so baie reg kry met Hom wat in ons is en deur ons werk.

  2. Dankie Janine, ek het altyd gewonder hoe mens die Here eerste plaas in jou lewe, bo jou kinders, man, familie ens. Tot ek my lewe verloor het, die lewe waaraan ek so desperaat probeer vasklou het!

    ‘ want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red. ‘
    Lukas 9:24
    https://my.bible.com/bible/3499/LUK.9.24

    1. Ja kosbare Adina, ek het ook gewonder en ek moet erken ek het so lank gevat om dit te verstaan, maar Hy was so geduldig met my.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui