Ons Ware Geneesheer

♕Belofte van vandag: “Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee . . ." Esegiël 36:26

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

In hierdie hoofstuk [Van Binne Na Buite] het ek geleer, daar is net een plek waar jy ware genesing vir jou wonde, jou seer, depressie of angstigheid kan kry, en dit is by die Groot Geneesheer. Of dit wonde uit jou kinderdae of huwelik is, net Hy kan dit waarlik genees en hoe vinniger ons elke wond na Hom toe vat, hoe vinniger kan ons genesing kry.

Ons moet al ons seerkry, verwerping of net als wat pla na die Here toe vat en met Hom daaroor praat. Ons moet dit nooit na ander mense toe vat nie, nie ons mans, vriende, ouers of selfs sielkundiges nie. Hy sal ons die waarheid wys oor elke situasie en ook wysheid gee oor wat om te doen in die situasie, oplossings gee en leiding.

By Hom, en as ons alles dadelik na Hom toe vat, kan ons dadelik genesing kry en hoef dit nie te los, of te onderdruk, of te probeer toesmeer dat dit sweer nie.

Geen hoeveelheid liefde, aanvaarding of terapie van mense kan ware en onmiddelike genesing bring nie.

Ons moenie ons harte en pyn met ander deel nie, ons gaan net meer pyn en lyding ervaar en ons beserings vererger. Hy begeer om ons genadig te wees, te help, te genees en te troos.

Wanneer ons tyd saam met Hom spandeer en alles vir Hom gee, sal ons genesing begin. Wat ook al Hy dan vir ons wys en doen moet ons in ons harte wegsteek en oordink en nie met ander deel nie sodat ons tyd kan he om te genees.

Ek was baie jare gelede by 'n sielkundige, na my ma se dood, en dit het nie gehelp nie, die pille het nie gehelp nie en ek het dit weggegooi en selfs toe het ek geweet dit is nie waar ek genesing gaan kry nie. En nou, ook uit hierdie les, weet ek dat daar net EEN Ware Geneesheer is wat alle wonde kan genees en dadelik. Ek moet net alles na Hom toe vat, al my wonde uit my kinderjare en ook die meer onlangse wonde. En al het baie wonde lank gesweer is dit nie te moeilik vir Hom om te genees nie. En al die nuwe wonde moet ek dadelik na Hom toe vat sodat Hy dit dadelik kan genees, nie dit probeer toesmeer of wegsteek nie.

Ek moet elke seerkry, elke wond dadelik na Hom toe vat, die nuwes en ook die wonde uit my verlede wat Hy na my gedagtes toe bring. En dan moet ek Hom toelaat om dit dadelik te genees.

Liewe Bruide,
Vat elke seer, nuwes of oues wat al jare sweer, na Hom toe. Gee dit vir Hom en laat Hy jou ware en onmiddelike genesing gee! Geen mens; jou ouers, man, vriendin of sielkundiges kan jou die genesing, wysheid of die leiding gee wat jy nodig het nie. Ander mense mag dalk net nog sout in jou wonde vryf deur beledigings of verkeerde raad.

Hy is ons Groot Geneesheer en kan en sal al ons wonde genees!

"Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee . . ." Esegiël 36:26

“Hulle pogings om my volk se wonde te genees, is oppervlakkig. Hulle sê: ‘Vrede, vrede,’ terwyl daar geen vrede is nie.” Jeremia 8:11

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg #LOL om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!