Ons verloor hoop maar die VADER GEE HOOP!!!

Laat ek begin met God verdien al die lof en eer!!!

Ek het weer in ‘n baie baie lang tyd my tiende begin gee en natuurlik was ek bekommerd hoe als net gaan uitwerk. En boonop het my kar moeilikheid begin gee. My seun het my gehelp om die part te gaan koop wat nodig was (sy meisie se oom help my om my kar reg te maak). Die verkeerde part was gekoop, maar om te probeer dat die part pas het die man aan die part gesny, maar dit het ek eers later uitgevind. So het my seun huistoe gekom en gesê dat dit die verkeerde part was (bygesê vir my was dit ‘n duur part). Ek het gesê dat hy dit moet gaan probeer omruil waarop hy gesê dat die oom gesê het dat hulle nie die part sal omruil nie (omdat hy mos nou ook geweet het dat daar aan die part gesny was), maar ek het volgehou dat hy nog steeds moes gaan probeer die volgende dag. Die maandag voor hy ry, het ek gesê dat ons eers moet bid voor hy gaan en ek het op die Bybelvers (MATTEUS 18:19-20 AFR83; Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”) gestaan en ook so gebid en net voor ek klaar gebid het, het ek gevra: Guns Vader, ek vra vir Guns. My seun het gery en by die motorplek het die bestuurder gevra of die part al gebruik was en my seun het die waarheid vertel dat dit nie gepas het nie, omdat dit die verkeerde part was en daarom het die man wat gehelp het aan die part gesny. Die bestuurder is agtertoe met die part en toe hy terugkom met die part, het my seun gesê hy het sommer moedeloos gevoel want hy het gedink dat die part nie omgeruil gaan word nie. Die bestuurder het toe vir hom gesê dat hy nie die geld sou kon teruggee nie, maar dat hy wel vir hom die regte part sou gee, oja en ek het nog kleingeld ook teruggekry, want die regte part het minder gekos.

Waar in hierdie lewe was dit moontlik!!! Wel ons GROOT WONDERLIKE VOORSIENENDE VADER het dit moontlik gemaak!!!

En dan wil ek sommer in Engels uitroep: WHAT A MIGHTY GOD WE SERVE!!!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Ons verloor hoop maar die VADER GEE HOOP!!!”

  1. Wat ‘n wonderlike getuienis Janine van Sy getrouheid en dit laat my dink aan hierdie twee verse waaraan ons elke dag kan vashou:

    “want niks is onmoontlik vir God nie.” LUKAS 1:37

    “Julle geloof was nie sterk genoeg nie,” was Jesus se antwoord. “Dít verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie. ” MATTEUS 17:20

    En dit moes ‘n fantastiese getuienis gewees het vir jou seun oor HM se goedheid en guns op ons lewens \o/\o/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui