Ons Kan Niks Doen Om die Wag Korter Te Maak Nie

♕Belofte van vandag: "...maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie." Jesaja 40:31

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Wanneer ons in God se wagkamer is, is daar niks wat ons kan doen om die wag korter te maak nie, dit waarvoor jy wag het eenvoudig 'n bepaalde tyd.

Ek sit ook nou in God se wagkamer, en wag en wag. En soos die skrywer noem, dit kan ook 'n tyd wees waar dit voel asof ons HM (Hemelse Man) ons nie antwoord nie. Ja daar is bemoedigende woorde, verse wat jy in die Bybel lees wat jou aanmoedig om aan te gaan, maar nie antwoorde nie😊

Maar alles wat ek doen, werk, goeie dade, slaap, oefen, lees, help net om ons besig te hou, dit gaan nie die wag korter maak nie. Ons HM het doodeenvoudig 'n bepaalde tyd waarop jy jou wonderwerk gaan kry, jou beloftes volbring gaan word.

Daar is ook' n rede hoekom ons wag, soos Jesaja 40:31 sê:

"maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."

Ons moet net bly glo, bly vertrou dat HM se beloftes volbring sal word, op Sy bepaalde tyd.

Daar is ook baie areas waar ek wag vir 'n deurbraak of wonderwerk. Beloftes om vervul te word, maar ek kan niks doen om my wag korter te maak nie.

Die vergelyking wat die skrywer gebruik het die wag ook vir my beter verduidelik. As jy in 'n dokter se spreekkamer sit, kan jy deur die tydskrifte blaai, lees of wat ook al, maar dit gaan nie help om die dokter vinniger te sien nie, maar jy weet jy sal hom sien. Jy bly sit en wag, todat jou naam geroep word. Maar jy kan ook moed opgee en uitloop, maar waar gaan dit jou bring?

Om te wag en te vertrou jou naam gaan op die bepaalde tyd geroep word, gaan jy jou groot seëninge en wonderwerke kry.

Ek gaan hierdie beginsel toepas deur elke dag net te omhels en in Sy teenwoordigheid en liefde te bly. Om nuwe krag van HM te kry om voort te gaan om die goeie wedloop te hardloop. En te vertrou dat Sy bepaalde tyd gaan kom, maak nie saak wat ek gedurende die wagtyd doen om dit vinniger te laat probeer kom nie.

Liewe Bruide,

Wanneer jy wag, en wag, en wag vir jou belofte, hou vas aan Sy beloftes, jou deurbraak sal kom op Sy bepaalde tyd. Maar terwyl jy wag, hou vas aan Hom, bly naby Hom, bly in Sy liefde en geniet die wag saam met Hom.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees

Armoede Mentaliteit is as e-boek en sagteband in ons boekwinkel beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!