Om My Te Vorm en Verander

♕Belofte van vandag: "Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort." Psalms 37: 1-3

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Ons almal moes al negatiewe dinge, beledigings of kritiek oor onsself aanhoor. Dit was dalk 'n onderwyser, ouer, eggenoot of 'n boelie by die skool. Maar hierdie les [Daardie Stemme] leer ons om elke negatiewe ding wat vir ons gesê word, na ons Hemelse Man toe te vat sodat Hy vir ons die waarheid kan wys.

Beledigings en kritiek kom dikwels van iemand wat self stukkend en seer is en hulle word juis agv daarvan deur die vyand gebruik om ander aan te val en af te kraak. Hul voel ook beter oor hulself om ander af te kraak.

Daar kan partykeer dinge gesê word wat die waarheid is, maar as die Here dit bevestig as waar, is dit 'n geleentheid om Hom te vra om ons te help en te verander op daardie gebied.

In my eie huwelik het ek deur amper dieselfde gegaan as die skrywer en is beledig en afgekraak nadat hy gevange geneem is deur die vyand in owerspel.

Dit is alles dinge wat vir lank in my kop rondgemaal het en my so minderwaardig en sleg laat voel het.

Maar hierdie les het my oeë oopgemaak sodat ek kon sien hoe die dinge wat gesê was uit 'n hart gekom het wat gevange geneem is deur die vyand, vestrengel en verstrik deur owerspel en wie nie die liefde van die Here ervaar het en nie sy waarde en identiteit in die Here gekry het nie.

Ja baie van die goed was waar en was bevestig toe ek die Hoe God Jou Huwelik Kan Herstel gelees het. Maar dit het my die geleentheid gegee om Hom te vra om my te help om te verander. Om my op die pottebakker se wiel te sit en my te vorm en verander. Maar Hy het ook vir my gewys baie goed wat gese was, was nie waar nie.

Die les het my oeë oopgemaak om na mense wat ons afkraak, beledig en slegsê te kyk as mense wat self seer het, self sukkel met dinge wat hul teister en wat agv hul gebrokenheid deur die vyand gevange geneem is om sy vuil werk te doen.

Ek het geleer om alles wat gesê is, of gesê word na my Hemelse Man toe te vat sodat Hy my kan wys of dit waar is of nie. En as dit waar is, dit as 'n geleentheid te sien om dit vir Hom te gee sodat Hy my op daardie gebied kan verander.

Liewe Bruide,

Gee elke slegte ding wat vir jou gesê word vir jou Hemelse Man, vra Hom om vir jou die waarheid te wys. Besef ook dat elke ding wat gesê word uit 'n stukkende en seer hart kom wat gevange geneem is deur die vyand om sy vuil werk te doen.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg #LOL om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!