…omdat ek vir die manskappe bang was

en na hulle versoek geluister het

—1 Sameul 15:24

 

Is daar enigeen van ons wat nie oortuig was deur wat ander mense vir ons gesê het nie? Ek twyfel of enigeen van ons so goed gegrond en naby genoeg aan die Here is dat wat vir ons of oor ons gesê word, absoluut geen effek het op hoe ons voel of wat ons uiteindelik doen as ‘n resultaat van ander mense se opinies nie.

Jy mag dalk ‘n moeder of ‘n vader, baas of man, of selfs ‘n eksbaas of eksman hê wie se woorde jou gedagtes aanhoudend bombardeer en onrus aan jou siel verskaf. Vir een of ander onbekende rede omhels ons outomaties kwetsende woorde en verkies om hulle te glo—selfs as die persoon later terugkom om terug te trek wat hulle gesê het. Mense sê dikwels snydende woorde wanneer hulle seergemaak of gefrustreerd is. Ongelukkig, omdat ons glo dat hulle bedoel wat hulle gesê het, verkies ons om vas te hou aan wat onvermydelik swaar op ons druk en ons vreugde steel. Wat is die geneesmiddel? 

Wonde wat Gesweer Het

Jare gelede was ek in die middel van so ‘n verskriklike geestelike stryd wat diep binne my huwelik gevestig was. My man (destyds) het gesukkel (soos nog altyd) met selfwaarde. Wanneer enigiemand wat jy ken of liefhet met hierdie probleem sukkel om nie waardig te voel nie, word dit dikwels deur daardie persoon reggestel deur jou (en ander mense) skaamteloos af te kraak om beter oor hulself te voel.

Wat gelyk het soos die soveelste keer, het my man my vir amper ‘n uur laat sit en my veroordeel omdat ek nie die boek gevolg het waaruit ek onderrig gegee het nie, ‘n Wyse Vrou, en wat die groep vroue wie ek geleer het sou dink as hulle my regtig geken het. Dit was na daardie soveelste keer dat ek uiteindelik wat hy gesê het na die Here toe geneem het en Hom gevra het of dit waar was. Ek het nooit die geldigheid daarvan bevraagteken nie en eenvoudig aangeneem dat my man reg was. Wow, was ek verkeerd. Wat ek gehoor het was heeltemal anders en dit het letterlik my lewe verander. Dit het gehelp om die woorde stil te maak wat normaalweg oor en oor in my eie kop sou gespeel het en my laat twyfel het of ek regtig aan ander vrouens moet bediening gee.

Jy weet, my Liefling, dat wanneer ons die waarheid hoor, maak dit altyd die leuens stil. Dit is hoekom ons, wat ook al ons hoor (veral‘n slegte verslag oor onsself) na die Here toe moet neem en met Hom daaroor praat—moenie wag totdat dit onmeetbare skade aangerig het nie, maar dadelik, onmiddellik. Die waarheid is, ons weet dit is gewortel in die vyand wat dit sy missie gemaak het om te steel, dood te maak en ons te vernietig—om ons sodoende waardeloos en onwaardig te laat voel in sy stuurhuis, reg? So hy gebruik diegene wat hy alreeds gewond en gevange geneem het en laat hulle onvriendelike en snydende woorde uitspoeg wat hy hulle aanhoudend voer, en dan luister ons—en verkies om die leuens as die waarheid te glo “Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is beteken dit vryspraak en lewe.” (Romeine 6:16).    

So hoekom hou ons aan om in hierdie web van verwoesting te speel wanneer ons Beminde hunker om ons genadig te wees? Aangesien amper alles wat gesê word wat ons seermaak, eintlik gewortel is in die diep seerkry van die ander persoon.

Wat die Here daardie dag gedoen het was so kosbaar, iets wat ek nooit vergeet het nie. Hy het my een-vir-een gevra of ek ‘n hoofstuk gevolg het, Hy het begin by die laaste hoofstuk van die Wyse Vrou werkboek. Hy het my gevra of ek gevolg het wat dit gesê het aangaande die onderrig van my eie kinders. Ek moes verleë antwoord, “Ja.” Volgende was of ek die Here vertrou het met my vrugbaarheid, toe Hy my herinner het dat ek die risiko geloop het om dood te gaan, twee keer, deur nie die dokters te volg nie (wat sou gespring het om ‘n histerektomie te doen toe ek besig was om te bloei). Ek het weereens “Ja” geantwoord. Een-vir-een het Hy voortgegaan en my oor elke hoofstuk uitgevra, totdat Hy my gevra het of Hy my Eerste Liefde is (Hoofstuk 2). Natuurlik was ek verheug om te sê, “O Ja!!” Toe het Hy geëindig deur te vra “Waar is jou lewe (en huis) gebou Michele?” ek moes antwoord, “Op Jou en Jou alleen! My Rots.”

Liewe bruid, vanaf die oomblik wat ek die waarheid gehoor het, was al daardie aaklige veroordelende woorde dadelik in my kop stil gemaak. Ja, die beskuldigings het eintlik aangehou, maar net vir ‘n kort tydjie, ek glo dit is omdat dit my nie meer geraak of ontstel het nie. Om die waarheid te sê, in plaas daarvan om sleg of skaam oor myself te voel, toe hy my laat sit het, het ek net medelye vir hom gevoel. Hoe aaklig vir enigiemand wat die behoefte voel om iemand anders af te kraak omdat hulle sleg oor hulleself voel.

Deur terug te kyk, is dit glad nie verbasend nie, want teen daardie tyd was ons naby aan die einde van ons huwelik en natuurlik het ek nie geweet dat hy diep in owerspel betrokke was nie. So as ‘n pastoor, is ek seker dat die vyand hom gebombardeer het met alle soorte veroordeling en skaamte—hom verskeur het. Ongelukkig, soos wat dit is dwarsdeur die kerk, was hy nooit geleer om hierdie “negatiewe’ emosies na die Here toe te vat en Hom vir die waarheid te vra nie. Het hy dit gedoen, sou hy miskien skuldig gevoel het oor sy sonde en terselfdertyd Sy ontsaglike liefde, gevoel het. Dit, glo ek, kan enigeen van ons uit die diepste sondes kry en ons wonde genees, Sy liefde.

Epidemie

Liewe bruid, ek weet dat ek nie die enigste een is wat met daardie negatiewe stemme saamleef nie. Net hierdie afgelope week het ek die voorreg gehad om ‘n paar uur saam met een van my geliefde WV groepslede te spandeer, wie ook een van ons kerkleiers is (en wie onder my gewerk het). Sy het vir my gesê dat terwyl ek nog by die kerk gewerk het, het die vyand haar gedagtes gebombardeer deur vir haar te sê as ek net geweet het hoe sy eintlik was, sou ek ons senior pastoor vertel het en aanbeveel het dat hy haar vra om haar posisie af te staan. Wow, dit lyk asof dit die een taktiek is wat die vyand baie graag gebruik—seker omdat dit so goed werk!!

Toe, kort hierna, het ek dieselfde soort epos van twee ander kerkleiers gekry—hulle het gesê as ek regtig geweet het hoe hulle was, sou ek nie met hulle assosieer nie. En elke keer was ek verstom. Toe, kort daarna, het Hy my gewys dat dit nie net vrouens hier was nie, maar dat dit wêreldwyd dieselfde is. Binne ‘n paar minute nadat ek in Afrika geland het, terwyl ons uit die lughawe gery het, het een van my langste en liefste vriendinne (en wie ‘n RMI leier is wat saam Erin werk), na my toe gedraai, ‘n diep sug gegee en al haar moed bymekaar geskraap om te bieg, “hoe sy regtig was.” Ek het geluister en geweet dat die belydenis vir jare teruggehou was. Toe sy klaar gepraat het, was al wat ek gedoen het om oor leun en vir haar ‘n drukkie te gee en haar te vertel dat ek met dieselfde dinge gesukkel het. 

Liefste bruid, die waarheid is, ons almal sukkel met dieselfde dinge; is dit nie wat die Bybel sê nie? “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Korintiërs 10:13).

Dan, om die aanslag van snydende woorde te voorkom wat so algemeen geraak het, moet ons ook hierdie vers in gedagte hou—wat my regtig gehelp het om te onderskei of ek iets moet ignoreer of dit ter harte neem. “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig” (Filippense 4:8)

Dit beteken, net AS dit wat gesê word: lofwaardig, reg, rein, mooi en waar is (wat beteken ons moet altyd onthou om na Hom toe te gaan om te hoor of dit die waarheid is), en dit moet ook iets wees waarvoor jy God wil prys. En as dit nie al hierdie dinge is nie, moet dan nie laat dit jou hart binnedring nie, omdat wat ook al gesê word nie van Hom af is nie. 

Gebruik elke venynige woord ten goede, om jou die geleentheid te gee om dieper tye saam met Hom te spandeer. Onthou eenvoudig en maak dit ‘n gewoonte om ieder en elke vraag wat jy oor enigiets het, maak nie saak wat dit is nie, na die Here toe te neem. Vra Hom om jou te laat weet wat Hy daarvan dink. Sit dan stil en luister, en voel deurweek in Sy liefde, wat jy kan omkeer en op almal rondom jou uitstort.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui