OGGEND TOEWYDING – 25 MEI

Mei

Vanoggend se toewyding laat my dink aan toe my seun 'n groot operasie ondergaan het (hy het 'n beroerte voor geboorte gehad) en omdat dit so groot was, het sy senuwees onder sy voete baie erg gevoelig geraak. 'n Ligte aanraking was vir hom baie seer en sy fisioterapeut het gesĂȘ hy moet juis aanhou kaalvoet loop, want dis juis wanneer die pyn sal weg gaan.

En dis so gepas by vandag se toewyding: "Tog, as ons daarop kan druk eerder as om weg te skram van die pyn, sal ons die einste hartklop van ons Here voel wat “lyding en pyn geken het.” En is dit nie juis wat ons so baie keer doen omdat dit soveel makliker voel nie, ons skram weg van die pyn af. En ek self het jare terug my pyn met wĂȘreldse dinge probeer verdoof en daai verdowing vir 'n paar minute of ure, maak eintlik net die seer rouer. Die Here is die enigste Een wat ons seer kan genees en daarom is dit so belangrik om 'n intieme verhouding met die Here te hĂȘ, Hom as ons Eerste Liefde. Net Sy liefde kan ons genesing en vrede gee, waarna ons so smag. Hy het dit vir my gegee en wil dit vir elke een gee.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “OGGEND TOEWYDING – 25 MEI”

  1. Janine, ek wil vir jou dankie sĂȘ want die boodskap is so vir my vandag. Dit is tog so maklik om te vergeet dat ons Hemelse Vader in beheer is. Wanneer dinge so rof raak wil ons so graag onsself onttrek van alles. Maar om eerder net daardeur te gaan en te besef dat Vader in beheer is, sal dinge tog soveel makliker maak. Die pyn maak ons ook tog wyser en help ons met ons groei proses. Jy het my so geseĂ«n met jou boodskap.

    1. Dankie liefste Esther vir jou boodskap. Ja baie keer wil ons, ons ontrek, maar dis juis wanneer ons moet deurdruk, want dit help ons juis met ons groei proses en daarna volg ‘n getuienis, wat ander weer nodig het.

  2. Dankie liefste Janine, dit is deur ons pyn en beproewinge wat Hy ons nader aan Hom trek en ons leer en verander. Al is dit soms hoe moeilik, Hy is daar by ons om ons toe te vou in Sy liefde en ons te dra deur die vallei.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui