‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5 VERVOLG…

Draai jou man se rigting, alleenlik deur gebed, na God toe. Jy moet verstaan dat jy nie verantwoordelik is vir wat jou man doen of nie doen nie; hy is teenoor God aanspreeklik vir sy aksies. “Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.” Jak.1:14.
Ek weet ek wou self my AM oortuig om na God toe te draai, maar glo my, my woorde het dit net erger gemaak. Bid vir jou man en raak stil en vertrou op die Here. Ek het geleer dat ons nie eens hoef te smeek nie, ons moet net die Here te vertrou.

Jy moet op die regte manier veg. Doen wat God sĂȘ - dit sal werk! Moenie probeer om jouself te verdedig nie. “Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad vir kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteenteel, antwoord met ‘n seĂ«nwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seĂ«n van God kan verkry.” 1Pet. 3:8-9.
Dit is ‘n geestelike stryd. “Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel?” Matt 26:53. Ons Hemelse Vader sal die engele opdrag gee om namens ons te veg in die “hemele” waar die “regte stryd” besig is om te woed. “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wĂȘreld, teen elke bose gees in die lug.” Efe. 6:12. Bid Psalm 91 oor jou familie.
Dis so belangrik om te doen wat God sĂȘ ons moet doen, ek is self skuldig dat ek nie geluister het nie en die gevolge gedra het en daarom wil ek ander vrouens waarsku om te luister, want dit wat God vir ons sĂȘ om te doen, werk werklik. God weet wat Hy doen, Hy het alles onder beheer en ons kan alles in die Here se hande los.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui