Niks Vang Die Here Onkant Nie

Dis net ons wonderlike Here wat vir ons vriende kan gee wat ons nader aan die Here bring en nie verder nie.

Op 'n stadium het ek net moedeloos gevoel omdat ek die week moet trek en toe ek die sleutels gaan kry het, het ek gesien dat daar nie eens 'n plek vir die wasmasjien is nie. Ek het my vriendin (wat die vriendin was wat ek van die Here af gebid het en op daardie stadium nie eens geweet het van 'n evennoot nie, so dit was beslis van die Here af - “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry.” M7:7) en vir haar gesê ek weet nie of dit die regte plek is om te gaan bly nie en haar woorde aan my was: NIKS HET DIE HERE ONKANT GEVANG NIE, al het ons dalk die verkeerde plek gekies, al voel ek, ek het dalk verkeerd gehoor, die Here het alles ons beheer, wat 'n wonderlike versekering!

En sy het my herinner dat ek gesê het dat ek selfs my huwelik weer kan verloor, solank ek net nie die Here verloor nie en niks het verander nie, ek voel presies nog so, solank ek net die Here het, so hierdie reis durf ek aan saam met die Here.

Net so het niks in jou lewe die Here onkant gevang nie, nie jou foute nie, nie jou man se foute nie, niks nie, so laat dit vir jou hoop gee, want daar is hoop in die Here.

En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! R15:13

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Niks Vang Die Here Onkant Nie”

  1. Liefste Janine, baie dankie vir die woorde! Dit het net weer bevestig dat God nie kyk na wat ons doen nie, maar na ons geloof. Ek het vanoggend gevoel dat ek net alles die teenoorgestelde doen van wat Hy van my vra en hier herinner jy my dat niks maar niks Hom onkant vang nie, solank Hy net al is wat ons wil hê!

    1. Ja kosbare Betty, solank Hy net al is wat ons wil hê en dis so wonderlik hoe Hy ons elkeen se persoonlikhede ken en Hy ons vorm, Hy die Pottebakker en ons die klei.

  2. Liefste Janine dit is soos die boodskap wat ek nodig het met als wat aan gaan niks het die Here ontkant gevang nie. Hy is nog steets in beheer en in werking in ons lewe

    1. Ja kosbare Kristy, niks maar niks vang die Here onkant nie, ja die situasie vang ons dalk onkant, maar baie beslis nie die Here, Hy is nog steeds in beheer.

  3. Dear Janine,

    thank you for sharing this encouragement. Right now I too have several situations in my life that I don’t even know how to think about or what to pray about for it. Fortunately, I can be reminded that He knows everything and is indeed in control. Even if I make a mistake or take the wrong path, He already knows I would and has already prepared the day to bring me back to Him through the testimony I will have. I really needed a moment to know that He already knows everything that is going on in my life.
    ~~~~~~~~~~~~~~~~
    Liewe Janine,

    dankie dat jy hierdie aanmoediging deel. Op die oomblik het ek ook verskeie situasies in my lewe waaroor ek nie eers weet hoe om te dink of waaroor om daarvoor te bid nie. Gelukkig kan ek daaraan herinner word dat Hy alles weet en inderdaad in beheer is. Selfs al maak ek ‘n fout of neem die verkeerde pad, Hy weet reeds ek sou en het reeds die dag voorberei om my terug te bring na Hom toe deur die getuienis wat ek sal hê. Ek het regtig ‘n oomblik nodig gehad om te weet dat Hy reeds alles weet wat in my lewe aangaan.

    1. Ja wat ‘n wonderlike versekering kosbare Kristien, dat dit Here alles weet.
      Vandag was ek weereens daaraan herinner deur hierdie belofte:
      Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe. S16:9
      ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
      Ja wat ‘n wonderlike versekering kosbare Kristien, dat dit Here alles weet.
      Vandag was ek weereens met ons deur hierdie belofte:
      The mind of man plans his way, But the LORD directs his steps. P16:9 https://biblehub.com/nasb/proverbs/16-9.htm

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui