MY BEMINDE KIND – 23 JUNIE

Geliefde kind geniet hierdie oggendtoewyding, ek self geniet dit so baie, want met elke oggendtoewyding is daar so mooi boodskap.

“Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely” (Hebreërs 13:15).

Geliefde kind van God, hoor jou Geliefde jou net pleit, smeek en roep om Sy hulp? Glo jy waarlik en getrou in die beloftes wat Hy aan jou gegee het en Sy krag om dit te vervul soos Hy beloof het? Is dit waar jou gedagtes rus?

Begin dan om Hom te loof! Die wat in die woestyn rondgedwaal het, het gemurmureer en gekla; omdat hulle Hom nie vertrou het nie en dit daartoe gelei het dat God vir hulle meer toetse en beproewings gebring het sodat Hy seker sou wees dat hulle gereed was vir die Beloofde Land. Dit het beteken om nog baie jare rond te dwaal. Uiteindelik het dit oordeel tot gevolg gehad, aangesien Hy gesweer het dat die ouer geslag nie Sy rus sou ingaan nie. Dit is nou die tyd om Hom te loof, want ons weet Hy is waardig en getrou! Gee Hom nou jou lofoffer, vandag en vir altyd.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui