LL Week 27 “Misleidende Skuld”

Verlede week het ek met julle ‘n ongelooflike Openbaring Aangaande Leuns gedeel en hoe AS jy oor hulle nadink, dit sal dien om jou vreugde te steel en jou ook weerhou om ‘n goeie verteenwoordiger as Sy bruid te wees. En as Sy bruid, moet ons anders wees omdat as ons enige leuen lewendig hou sal ons gou skuldig voel oor iets wat eenvoudig nie waar is nie, wat hierdie week se boodskap is.

Soos wat ek gesê het in Week 26 “Openbaring Aangaande Leuens” ek het aangehou om vir die Here te vra of iets waar was, en die beginsel in Psalm 139:23-24 gebruik— “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!”

So ver terug as wat ek kan onthou, wanneer iemand my van ‘n fout vertel het wat ek het of myself op enige wyse selfkorrigeer, neem ek eers aan dat dit die waarheid is. In plaas daarvan om dit af te skud, en te dink dat dit moontlik waar KAN wees, ek wou nog altyd ‘n beter persoon wees, vir Hom, en toe ek baie jonk was, om beter vir my ouers te wees. Dankbaar wetende dat Hy met my praat en omdat Hy my gehelp het om egte gesprekke met Hom te hê, so nou, is dit so eenvoudig as Hom te VRA of iets waar is.

Jy het ook dieselfde vermoë, liewe bruid, so maak dit die mees belangrikste gewoonte van jou lewe. Vra Hom oor alles—spesiaal wanneer jy dinge hoor. Hy weet alles en tensy dit nie jou besigheid is nie of iets waaroor Hy eerder nie wil hê jy moet behep wees mee nie, Hy sal jou duidelikheid gee en help om die waarheid te ken. En natuurlik, ons almal weet dat die waarheid ons sal vry maak—vry van so baie dinge.

Nou, terug na die waarheid toe wanneer ons gesê word van ‘n fout of reg was. As watookal gesê was waar IS, selfs ‘n klein gedeelte daarvan—dan wys Hy my eenvoudig om te verander, sonder enige vorm van skuld hoegenaamd. In plaas daarvan, is wat Hy deel altyd gevul is met vrede, opgewondenheid, en hoop.

*So as jy ooit iets anders voel, nie vreedsaam of opgewonde of hoopvol wanneer jy Hom iets vra nie, dan is dit nie van Hom af nie, oukei?

Ongelukkig, hierdie keer, het ek ‘n menigte eposse gehad wat my gevra het of wat hulle gehoor het waar is—dikwels haal hulle nie aan watter deel van die lang lys van leuens hulle na toe verwys nie. So dikwels vind ek dat ek toelaat dat een of meer van die leuens binnedring, soos om ‘n lastige vlieg of muskiet in my brein in toe te laat wat rond zoem en my aandag aftrek.

Alhoewel ek heeltemal onseker is van hoe dit gebeur het, het ek begin om ‘n misleidende skuld gevoel te hê. Misleidend omdat alle wat gesê was gebaseer was op ‘n foutiewe geloof wat vol gate was en heeltemal opgemaak was. En weer, is skuld nooit van God af nie. (Om jou te help om dit te verstaan, lees asseblief Lewenslesse Week 4-6 “Skuldigbevinding,” “Toesmeer” en “Aanklaer”).

Wat ook so verontrustend is, is dat ek geen idee gehad het dat ek hierdie misleidende skuld op myself geneem het nie. Gou het dit gevoel asof ek ‘n swaar drukkende las gedra het—om nie te noem dat deur dit te eis of in besit te neem van die vals skuld beteken dit dat die skuldige party sal nooit skuld of berou voel of die oortuiging toegelaat word wat hulleself nodig het om reg met God te kom nie. (Weer, om jou te help om dit te verstaan, lees asseblief Lewenslesse Week 4-6 “Skuldigbevinding,” “Toesmeer” en “Aanklaer”).

Volgende week sal ek met jou deel hoe ek vrygestel was van misleidende skuld wat my uitgemergel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!