LL Week 25 “Klein Leuens”

Hierdie week het Hy dit goed gevind om ons weeklikse boodskappe totaal na ‘n nuwe onderwerp te verander, iets waaraan ek vir verskeie dae oor nagedink het. Eintlik, is dit ‘n nuwe openbaring waaroor ek nagedink het, wat ek nie seker is of my gedagtes dit al geabsorbeer het nie. Dit is die onderwerp van leuns en wat ons eintlik “verkies om te glo”. 

Leuens wat aan ons vertel is, is iets waaraan ek voortdurend gedink het vanaf laat Maart (toe ek persoonlik en ons as ministerie onder aanval gekom het). Tog is dit hierdie nuwe openbaring wat my laat smag het om die impak van hierdie nuwe waarheid ten volle te verstaan om in staat te wees om dit met almal van julle kosbare lidmate te deel, Sy bruide.

Hopelik, sal Hy my help om dit goed genoeg te kan verduidelik sodat jy in staat sal wees om in jou hart daaroor na te dink—en deur dit te doen sal jy nie net die waarheid aangryp nie maar ook omhels.

Die waarheid is, daar is leuens wat orals vertel word, en hulle word meer en meer verregaande. Wat vir my verbasend is, is dat leuens amper verwag word, amper ‘n “gegewe” en op sekere maniere selfs geduld en aangemoedig word. Dit gebeur ook in die lewens van “Christene” omdat sommige rasionaliseer en lieg vir hulleself dat iets die waarheid is, wanneer die feit is, die FEIT is dat dit ‘n leuen is.   

Jy mag dit dalk in jou eie lewe ervaar het. Jou AM “aardse man” mag vir jou gelieg het, en op dieselfde tyd vir homself gelieg het, deur te sê dat hy nooit lief vir jou was nie en later, selfs erken dat dit ‘n leuen is en hy het dit geweet toe hy dit gesê het. Ek kan jou nie vertel hoeveel HHG “Herstelde Huweliks Getuienisse,” die einste ding sê nie.

Jy mag dalk ook leuens ervaar het wat oor jou vertel is. Baie deel hoe hulle AM en AV “ander vrou” hof toe gegaan het en hulle leuens word geglo sodat ‘n egskeiding of toesig beslissing kan deurgaan. Het jy dit al ooit ervaar? En maak nie saak hoe jy probeer om ander te oortuig dat dit ‘n leuen was nie—mense verkies om iets te glo wat so aaklig vals is, dit is so verkeerd, en laat jou verstom. 

Dit is een rede hoekom die Here ons gewys het om te lewe wanneer hy in 1 Petrus 2:21-23 sê “Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely het en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg . . .toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.” dit sê ook uit sy mond het daar nooit ‘n leuen gekom nie.” En Jesaja 53:7— “Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. 

Die wat Hom vervolg het, het geweet dat Hy op hierdie manier sou reageer. Wetend dat Hy nie sou baklei nie, Hy sou nie probeer om Homself te verdedig nie of die rekord regstel nie. In plaas daarvan, het hy verkies om God te vertrou dat Hy ‘n plan het, ‘n doel en dank GOD Hy het, anders waar sou ons almal wees? En dit is hoekom ek altyd kies om God se plan te vertrou deur sy voorbeeld te volg. Alhoewel ek graag die rekord sal wil regstel, tensy iemand vra op ‘n manier wat ek weet dat hulle eerlik vra en die waarheid nastreef (Mat. 7:7), maak ek nie my mond oop in enige verdediging nie.       

So wonderlik as wat hierdie gedagte is, dit is nie die openbaring wat ek probeer om te absorbeer nie. Dit is die grondwerk of fondasie en iets wat ek dink ons almal moet nadink omdat HIERDIE beginsel, om nie ons monde oop te maak in verdediging nie, is iets so vreemd, dit is selfs absurd onder gelowiges. So kom ons stop en Sela op hierdie gedagte om dit toe te laat om regtig in ons harte en murg te absorbeer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!