Lewensles Week 45

"Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. Ons het niks verdien nie, maar God het dit verniet vir ons kom gee. Ek sê weer: Jesus, vir wie God so lief is, het kom sorg dat dit alles gebeur." E1:6(DB)

“Ek Verdien Dit Nie” Deel 2

Onthou jy nog Deel 1, dat dit 'n leuen van die vyand is dat hy ons wil laat glo dat ons dit nie verdien om langs ons kosbare Here te beweeg nie?

Met die lees van hierdie lewensles het ek geleer dat die Here wil hê dat ons ryklik deurdrenk in Sy liefde moet lewe. Dat dit voel of jy alles het wanneer jy in ons kosbare Here se liefde lewe. Dat die Here sonder twyfel glo dat ons alles verdien. Dat ons dit met liefde kan aanvaar en nie hoef te voel of dink dat ons dit nie verdien nie. Wow, dis net Wie ons Here is! Hy wil vir ons die beste hê!

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w45/

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

So die volgende keer wat jy voel, “ek verdien nie…” iets—enigiets—dink weer. Wat Hy my dikwels geleer het om te doen, is om my te verbeel oor ’n ander bruid wat ek ken en myself dan te vra, “Wil ek hê hierdie bruid moet dink hulle verdien nie om genees te word, of finansieël geseën te word, of verlos te word van watter krisis hulle ook al deurgaan nie?” Natuurlik, nie! Nie ek of jy sal dit ooit vir enige van Sy bruide wil hê nie. So, as ons as mense so dink, hoe voel ons Hemelse Man? Ook Hartseer.

Kosbare liefste bruid deel asseblief hieronder in die kommentaar beloftes uit die Woord oor die Here wat ons wil seën.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “Lewensles Week 45”

  1. Sjoe! die vyand het my al baie gevang met die “jy verdien dit nie.” Maar gelukkig dien ek ‘n groot goeie God wat my altyd reg help, ek is ook so dankbaar vir hierdie lewensles wat jy hierbo gedeel het, omdat dit my net herinner dat dit die vyand is wat lieg. 😊

    My belofte:

    ‭‭NUMERI‬ ‭6:25‭-‬26‬ ‭AFR83‬‬
    [25] die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; [26] die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!

    https://bible.com/bible/6/num.6.25.AFR83

  2. Dis so pragtige belofte kosbare Mila. Die vyand het my ook al baie so gevang en ja hy is beslis ‘n groot leuenaar! En dis nie die punt of ons dit verdien of nie:
    “Sonder twyfel glo Hy dat ons die beste van alles verdien—ons moet alles aanvaar wat Hy vir ons wil gee en dit is nie die punt om te verdien of nie te verdien wat dit ookal is nie. Om bloot alles te aanvaar wat Hy vir ons begeer, om nie meer op ons maag rond te kruip nie, gebroke te voel, afgesluit, verwerp te voel—dit is eenvoudig nie Sy bruid nie.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui