Dit voel te goed om waar te wees!

‭My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Ps. 121:2-3

Vir maande, en maande was ek ongelukkig gewees waar ek gebly (omstadighede). Dinge het onlangs in my lewe gebeur en ek het so uitgeroep na die Here vir hulp, en natuurlik sonder twyfel het Hy geantwoord.

Ek het blykplek gekry, PRYS DIE HERE!

Die blyplek is ten volle gemeubileer, by gesê alles is ingesluit (W&L), BONUS dit is 'n nuwe woonstel wat gebou is, so dis baie modern, God het presies geweet wanneer die regte tyd sal wees.

Ek is opgewonde vir my volgende reis saam die Here, en watse ongelooflike dinge Hy nog gaan toelaat om te gebeur in my lewe/reis. Ek is so dankbaar dat my wonderlike Hemelse Man voorsien, soos altyd!

Ek dink nie daar is genoeg woorde in hierdie wêreld wat kan beskryf hoe dankbaar ek teenoor die Here is nie. Dit voel te goed om waar te wees, daar is tog 'n liggie aan die einde van elke donker tonnel. Moenie moed verloor nie, loof die Here.

Weereens het die Here my gewys dat Hy in staat is om alles te doen, as ons net op Hom vertrou!

‭Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Spreuke 3:5

‭Die Here het gehoor toe ek huilend by Hom pleit. Hy aanvaar my gebed. Ps. 6:10

Jy sien, niks is vir God onmoontlik nie. Lukas 1:37

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Dit voel te goed om waar te wees!”

  1. Ek is so opgewonde saam met jou kosbare Mila, dis presies net Wie die Here is!
    Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel J45:2-23
    Dis presies wat die Here vir jou gedoen het, Hy het hoogtes gelykgemaak, wow!!!

  2. Dankie baie vir die pragtige lof verslag liefste Mila. Dit is wonderlik hou die Here vir jou die regte blyplek gegee het op die regte tyd. ‭‭HABAKUK‬ ‭2:3‬ ‭AFR83‬‬
    [3] Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

    https://bible.com/bible/6/hab.2.3.AFR83

  3. Liefste Mila,
    Baie dankie vir hierdie pragtige getuienis!
    By God is niks onmoontlik nie!
    Ons weet nie altyd hoekom ons is waar ons is en hoekom dinge met ons gebeur wat gebeur nie en dit kan ons soms oorweldig.
    Maar Hy het ‘n plan en sal àltyd vir ons deurkom!
    Ons moet net aanhou glo in Hom en sy beloftes in ons harte bewaar!
    So ongelooflik daankbaar vir jou.

  4. Dankie Mila dat jy gedeel het! Dit is wonderlik hoe Hy vir ons deurkom op Sy bepaalde tyd, al wat ons moet doen is om stil te wees en te wag vir Sy plan om te ontvou.

    “Ja, my planne is nie julle planne nie, en julle paaie is nie my paaie nie,” is die uitspraak van die Here.
    Jesaja 55:8 AFR20
    https://my.bible.com/af/bible/3499/ISA.55.8.AFR20

    “ Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my paaie hoër as julle paaie, en my planne as julle planne.
    Jesaja 55:9 AFR20
    https://my.bible.com/af/bible/3499/ISA.55.9.AFR20

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui