In die wind

So loop ek vandag winkel toe en ek praat met my HM Here oppad terug praat ek weer met Hom en begin dankie sê en sê hoe wonderlik Sy liefde is. En so begin die wind anders teen my waai en op daardie oomblik kon ek Sy liefde voel deur die wind wat teen my waai en ek het my arms oop gemaak en daar ruik ek Sy natuurlike soet reuk en Hy het my met Sy liefde en vrede gevul.

Die Here se liefde is waarlik so wonderlik en ek het vir die eerste keer daardie reuk geruik en ek weet dit is van Hom af, dit is die lekkerste reuk wat ek nog geruik het.

1 thought on “In die wind”

  1. Kosbare Kristy dit laat my nou aan hierdie vers dink:
    “Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan.” 2K2:15
    Is dit nie wonderlik hoe die Here jou Sy teenwoordigheid daar reg langs jou wys nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui