Hy Sal Dit Doen Vir Sy Glorie

♕Belofte van vandag: "As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie." Jakobus 2:10

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Ons almal maak foute en is skuldig aan alles [Hoofstuk 11, Leef Die Oorvloedige Lewe]. Klein foutjies kan 'n groot impak hê. En as ons skuldig is oor iets wat ons verkeerd gedoen het agv iemand anders, moet ons weereens ons vyande seȅn en nie wag om dit te doen nie, al is ons bang ons gaan iets daaruit verloor.

Niemand van ons kan opweeg nie, ons werke sal ook tot niet gaan. Ons maak almal foute en staan skuldig voor God. Partykeer maak ons foute omdat ons onderdanig is aan iemand, of partykeer word iets aan ons gedoen. Maar ons moet ten spyte daarvan nog steeds ons vyande seȅn. Ons moet God vra hoe ons hulle kan seȅn en nie uitstel nie. Ons moet ook nie dit wat aan ons gedoen word probeer weerstaan nie. Dit is in die gee wat jy kry, in die nederigheid wat jy verhef word.

As ons 'n fout gemaak het, moet ons ook nooit iets doen om die Here te probeer help om dit reg te maak nie, Hy sal dit doen vir Sy glorie, net Hy kan elke gemors in elk geval omkeer.

Ons kan ook nie elke beginsel tot op die letter uitvoer nie want ons is skuldig aan alles, maar die Here ken ons harte en weet dat ons gewillig is om verander te word en oor te gee. En net Hy kan ons bevry en ten volle genees.

Al probeer ek hoe hart, sal ek nooit al die beginsels tot op die letter kan uitleef nie, want ek is nog steeds skuldig aan alles. Dit gaan ook nie oor werke nie maar 'n hartsaak. Hy ken ons en weet ons is gewillig om alles oor te gee, verander te word en genees te word.

Dit is moeilik om nie te weerstaan as iets teen my gedoen word nie, maar ek moet nie in die vlees optree nie en doen wat Hy vir ons gesê het om te doen, moenie die kwaad weerstaan nie.

En as ek 'n foutjie gemaak het, kan net Hy dit omdraai en die gemors oplos.

Deur nie enige kwaad te weerstaan nie en nie te dink dat werke enigstens gaan help nie, maar om alles oor te gee. Elke gemors en elke situasie wat deur my veroorsaak is omdat ek te kort skiet, asook dit wat deur ander veroorsaak is. Om ander te seȅn wat iets aan my doen en nie te wag nie, maar dadelik vir Hom te vra hoe ek hulle kan seȅn.

Liewe Bruide,
Ons moet ons vyande seȅn en nie die kwaad weerstaan nie, al kan dit wat aan ons gedoen word ons lewens verwoes, ons moet ons vyande nog steeds seȅn en ons Hemelse Man vra hoe en sonder uitstel. Ons almal maak nog steeds foute al probeer ons om al die beginsels uit te leef, maar dit gaan nie oor werke nie, maar oor ons harte.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg #LOL om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!