As iemand die hele wet onderhou,

maar in een opsig struikel,

is hy skuldig ten opsigte

van al die gebooie.

—Jakobus 2:10

 

Wat laat enigeen van ons dink dat ons kan opweeg?

Wanneer sal ons werke uiteindelik hul finale dood sterf en ons die vryheid toelaat om Oorvloedig te leef as gevolg van Sy genade en gebaseer alleenlik op Sy liefde?

Een van die stadigste sterftes wat ek ooit aanskou het, somtyds met afgryse, was hoe my finansies aangeval is. Dwarsdeur hierdie boek het ek openlik gedeel oor die wipwaentjie rit wat my finansies geneem het, elkeen help my om te verstaan en om op Hom te vertrou met waarheen dit ook al op pad mag wees. Vandag, meer as ooit tevore, is ek vol vertroue dat God op die punt staan om iets te doen en Hy sal onversetlik Sy glorie met niemand deel wanneer Hy dit doen nie. Dit is hoekom Hy ons werke van die vlees toelaat om verwoes te word. Selfs die mees subtiele poging van my kant of joune sal nooit slaag nie, prys die Here.

Die mees onlangse draai van gebeure het Saterdag gebeur. Ek was geseënd om ‘n vriendin van my, my buurvrou, in my huis te onthaal. Dit is regtig nogal nuut vir my aangesien ek dalk al gedeel het dat terwyl ek getroud was, was my eks-man glad nie gemaklik met my wat vriendinne gehad het nie, of selfs om persoonlike vriendinne te gehad het nie, hy het geglo dat hy die enigste vriend was wat ek nodig gehad het. My nuwe Man, wat my nie verbaas nie, glo anders! Is ons nie geseënd om ‘n Man soos die te hê nie?!?!

Terwyl sy gekuier het, het ons ‘n wonderlike tyd gehad en meestal oor die Here gepraat. Wat my as snaaks opgeval het, “Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit” (Psalm 2:4), was dat sy toevallig ‘n draai kom maak het terwyl my eks-man daar was om ons kinders te besoek. Ons het eintlik vriendinne geword toe ek my huis wou herfinansier na my egskeiding; iets wat my man vir my gesê het om te doen. En aangesien ons destyds nog nie wettiglik geskei was nie, het ek die herfinansiering van my huis ingedien. Net voordat sy weg is, het ons begin praat oor finansiële wysheid, dinge wat ek moet en nie moet doen nie om ‘n ferm fondasie te bou vir ‘n soliede finansiële toekoms.

So terwyl sy my gehelp het, het sy ewe skielik iets genoem wat sy gesê het ek “nooit moet doen nie,” wat ek eintlik begin doen het terwyl ek gereis het. Weereens moes ek lag, wat ek luidkeels gedoen het, toe ek haar vertel het dat ek een van die mees basiese finansiële beginsels verbreek het. My vriendin het geskok daar gesit, nie net oor wat ek gesê het ek gedoen het nie, maar omdat ek daaroor gelag het! Die eerste oorsaak van my vermaak was omdat ek onmiddelik besef het dat die Here my opstel. Ja, aanvanklik mag dit gelyk het asof ek opgestel was vir vernietiging, maar in werklikheid, sodra enigiets hopeloos lyk, het ek geweet Hy was in werklikheid besig om my op te stel vir ‘n seëning, ‘n ware finansiële wonderwerk!    

Raai wat? As gevolg van my klein tegniese puntjie, as gevolg van hierdie foutjie wat ek gemaak het, het my liewe vriendin en buurvrou verduidelik dat sy nie in staat sou wees om my te help om my huis te herfinansier nie. Basies, wat ek uitgevind het toe ek probeer het om my huis te herfinansier, was dat ek afgekeer was omdat my eks my finansiële reputasie geruïneer het as deel van die egskeiding. Dit het gelyk asof hy bykomende papiere ingedien het (waarvan ek onbewus was), deur 'n aansienlike “oordeel” teen my in te dien. Sy het gesê dat dit uiteindelik my finansiële portefeulje vir ‘n volle tien jaar sou ruïneer.

Aangesien dit my eks was wat wou gehad het dat ek die huis moet herfinansier, het ek aan hom verduidelik dat die papiere gewys het dat hy tyd gehad het om sy oordeel terug te trek en deur te verduidelik wat die lang termyn effek op my (en die kinders) sou wees. Alhoewel hy onmiddelik ingestem het, het hy ‘n dag of twee later geskakel om te sê dat sy prokureur hom gewaarsku het om my nie te vertrou nie. So die “oordeel” sal sonder twyfel deurgaan, daarom sal ek wag op die geleentheid vir hoe Hy wil hê ek hom moet seën. Alhoewel dit natuurlik is om te wil verset of iets te doen, om bonatuurlik te lewe is wat Hy gesê het ons moet doen, “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.” (Matteus 5:39-42). “Ten slotte; Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry” (1 Petrus 3:8-9).  

Wetende dat ek vir Hom moes wag om vir my te wys hoe ek my eks moes seën, het ek my fokus verskuif na die nuus van my tegniese foutjie, toe die Here ‘n opwindende waarheid aan my openbaar het wat ek graag wil deel. Die Here het aan my openbaar dat ek en jy nooit, ooit, moet probeer om enigiets te doen om Hom te help nie, want wanneer ons dit doen, dit Hom van die glorie sal beroof wat ons getuienis moet vergesel wanneer dit in ons lewens arriveer. Hy is vasberade om hierdie beginsel te bewys: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie” (Efesiërs 2:8-9). God red ons dag-vir-dag uit genade, uit ieder en elk van ons beproewings, wanneer enigiets teen ons kom—as Sy “geskenk” gebaseer op Sy liefde vir ons, nie gebaseer op hoe ons dit verdien het nie. Dit is net soos ons redding, ons werke het nie en sal nie help nie. Hoekom? Sodat ons nie kan spog dat ons enigiets daarmee te doen gehad het nie! En dit help ook wanneer ons ons getuienis deel sodat enigiemand kan ontvang wat hulle van ‘n liefdevolle en ‘n vrygewige Vader nodig het.

Wat Hy my gewys het, gebaseer op wat ek uit onkunde gedoen het, was—dat ek skuldig aan alles was—as gevolg van een tegniese foutjie. Dit beteken dat ek nooit uit my ewig groeiende, groot finansiële krisis sal uitkom nie, wat skrikwekkend vir my moet wees, maar in alle eerlikheid, is dit nie. In plaas daarvan bewys dit dat, weereens, net God hierdie gemors kan omkeer en my uit die skuld grawe wat op die punt staan om my te begrawe. Net God sal in staat wees om my te seën tot op die punt dat ek ‘n getuienis sal hê om te deel met ander wat ook finansiële verwoesting in die gesig staar (miskien ook as gevolg van ‘n egskeiding soos myne). So belaglik as wat dit mag klink, dit laat my eenvoudig glimlag.

Snaaks dat dit ook veroorsaak het dat ek Hom vir ‘n ander manier genader het om my eks-man te seën (wie toevallig besoek afgelê het),om hom te seën omdat hy nie sy woord gehou het om die “oordeel” teen my terug te trek nie. Die Here het my gewys dat ‘n nuwe detail soos dit, die potensiaal gehad het om een van daardie “klein jakkalsies” te word waarteen Hooglied ons waarsku wat die “wingerde vernietig.”  

So eerder as om dit te waag, het ek met blydskap die Here gesoek vir hoe ek hom onmiddelik kon seën, aangesien dit hy was wie my (en ons gesin) in hierdie onseker posisie geplaas het.

Sonder twyfel of uitstel, onmiddelik nadat ek verstaan het wat Hy my gelei het om te doen, het ek opgestaan en in die gang af geloop, toe ek om die draai kom, was hy daar, so ek kon hom maklik vertel wat ek aangevoel het die Here my gevra het om te doen. Wat ek hom vertel het, was dat elke keer wat hy besoek afgelê het, ek wou gehad het dat hy die ouer moes wees en die besluite moes neem en planne saam met die kinders moes maak, terwyl ek basies in my kamer sou wees. In plaas daarvan om te knies oor my situasie en finansiële verwoesting, het ek gevind dat dit eintlik vir my ‘n mini-wittebrood gegee het saam met my Beminde—so ek was eintlik dubbeld geseën!! Om te sê dat my eks-man meer as net verbyster was, is ‘n onderstelling, terwyl hy ‘n “dankie” gemompel en gestotter het, het ek my kamer binne gegaan en my deur toe gemaak, en hom verstom in die gang gelos. 

In my ondervinding om ons “vyande” te hanteer, is dit eenvoudig nie genoeg om dit grasieus of nederig “te vat nie” (nie teen die kwaad te verset nie). Ons moet dit deurvoer en verder gaan as om nie te daarteen te verset nie, ons moet God soek vir hoe ons ‘n seëning moet gee wat gelykstaande is aan waarde of dieselfde werd is. Dit is net dan wat ons bitterheid van hart vervang word met ‘n lewe in paradys—en nie eenvoudig net ‘n vlaag vreugde of vrede ervaar nie. En die enigste manier om die regte seëning te vind om te gee, is om die Here te vra wat om te gee.

Asseblief, kosbare een, moenie te kort skiet om jou vyande te seën as gevolg van vrees vir wat jy mag verloor nie (selfs al is dit jou selfrespek). Dit is in die gee wat jy kry, in die nederigheid wat jy verhef word. Dit is die enigste rol wat ons speel in ons ontwikkelende getuienis. Dit is nie hoe ons elke beginsel tot die letter volg nie, dit is ‘n hart saak, hoe ons gewillig is om alles oor te gee en besef dat net God in staat is om ons ten volle te bevry of om ons te genees.    

My hoop is dat my finansiële getuienis, soos wat dit ontwikkel, bewys dat selfs wanneer ons uiters versigtig is om al die beginsels wat ons geleer het te volg, ons maklik kan verloor of gediskwalifiseer word deur ‘n eenvoudige tegniese foutjie, iets wat maklik gemis of oorgesien word. En dit beteken dat ons eenvoudig skuldig aan alles is omdat nie een van ons perfek is nie. Net die Here is perfek en Hy het die krag, plan en die vermoë om ons te red en te bevry van daardie vallei wat ons onsself in bevind. Noudat Hy Sy kragtige belofte weereens aan ons openbaar het, laat ons eenvoudig in Sy liefde rus terwyl ons op Hom vertrou met al die besonderhede van ons lewens! 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui