HY IS MY RUS IN DIE STORM

Vandag wil ek ons wonderlike Here al die lof en eer gee, want ten spyte van die storm wat om my woed (oor ek ander blyplek moet kry en dit glad nie so vlot verloop soos wat ek gedink het dit sal nie en boonop word ek skielik uit my gemaksone gevat), is die Here my rus in die storm. Laas week het ek 'n lofprysing op Encouraging Women geplaas van dat ek nooit ooit gedink het dat ek vir die Here dankie sal sĂȘ dat die elektrisiteit af is nie, maar ek het, want ek weet toe ek so moeg gevoel het, was dit juis in daardie tyd wat ons wonderlike Here my in Hom laat rus het (asook afgesny van alle tegnologie).

Ek is so ongelooflik dankbaar dat ek die voorreg het om Hom as my Hemelse Man te leer ken het, want nou hoef ek niks meer alleen in die gesig te staar nie.

Jare gelede, in my ergste seer het ons wonderlike Here vir my hierdie pragtige belofte gegee (en ek moet erken ek het nie mooi verstaan hoe die Here ooit my Hemelse Man kan wees nie, maar vandag leef ek dankbaar dat Hy my Hemelse Man is en Hy my rus is in die storm en met die wete dat als ok gaan wees, want Hy is die Een wat die storm kan stil maak. Ek deel die hele belofte want dis vir my so mooi, dat ek nie een stukkie kan uitlaat nie:

"Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hĂȘ om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; Here van die leĂ«rskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.vWant soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die Here jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sĂȘ jou God. Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sĂȘ die Here, jou Verlosser. Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sĂȘ die Here, jou Ontfermer. Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lĂȘ jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere; en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes. En al jou kinders sal deur die Here geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees. Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie. As hulle ook die aanval begin — dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val. J54:4-15

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “HY IS MY RUS IN DIE STORM”

  1. Dankie vir hierdie deel. Mag hierdie belofte ook so elkeen van ons rig stig en bemoedig.

    In tye waar ek so kleingelowig voel en bekommerd oor my kinders – hierdie het vir my net weer soveel vrede kom gee. Om my kinders op te dra aan die Here en Hom te vertrou met hulle lewens.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui